Afleggings volg op besoedeling van Kaapse mere

GroundUp: Steve Kretzmann

Argieffoto van Zeekoeivlei. (Foto: Verskaf deur NSRI via www.zeekoevlei.co.za)

Watersportklubs in Kaapstad glo dit is dié metro se skuld dat hulle nou ernstige finansiële verliese ly en genoop is om mense af te dank, aangesien die Stad versuim om te verhoed dat rou riool in natuurreservate vloei.

Drie van die grootste mere in Kaapstad, Rietvlei, Zandvlei en Zeekoegat, is reeds sedert Mei gesluit weens voortdurende waterbesoedeling. Dít, sê watersportklubs, het ʼn aansienlike invloed op die inkomste wat genereer word uit watersport en toerisme.

Dit lyk ook nie of daar enigsins verbetering in die gehalte van die water is nie. Watermonsters wat in Oktober deur die stad geneem is, wys dat die vlakke van E.coli (’n bakterie wat in menslike ontlasting voorkom) in die water steeds onaanvaarbaar hoog is. Die E.coli-vlakke van water wat in ʼn stormwaterpyp uit Rietvlei gevloei het, was meer as 1 000 000 per 100 ml. Die stad se eie maatstaf bepaal dat net sowat 4 000 eenhede per 100 ml reeds ʼn “onaanvaarbare risiko” vir openbare gesondheid inhou.

Rietvlei in die besonder is ʼn gewilde internasionale bestemming vir windplankryers. “Tussen 200 en 300 mense van reg oor die wêreld kom na Rietvlei om in dié sport opgelei te word,” het Brian Webber, bestuurder van die Milnerton-waterklub aan GroundUp gesê. “Met dié dat die dam reeds sedert Junie gesluit is, kanselleer toeriste hul planne of stel dit uit om te sien of die besoedeling skoongemaak word.”

Aangesien dié klub nou nie meer besoekers ontvang nie, was Webber genoodsaak om reeds vier werknemers af te dank. Ses mense wat deur die klub aangestel is om wateronkruid van die damwal te verwyder, het ook nie meer werk nie.

ʼn Gastehuiseienaar van Blouberg sê die sluiting van die mere het haar ook reeds vanjaar drie kansellasies gekos, insluitend van Olimpiese windplankryers wat in die omgewing wou kom oefen.

Sakeienaars in die omgewing sê ook die verlies aan “honderde toeriste” weens die sluit van die reservate het ook reeds tot die verlies aan sake vir restaurante en kruidenierswinkels gelei. Eienaars van sportwinkels wat toerusting vir watersport verkoop, kla ook dat hul inkomste drasties afgeneem het sedert die damme gesluit is. Een eienaar skat hy het reeds R600 000 se verliese gelei.

Julia Wood, bestuurder van biodiversiteit by die Stad Kaapstad, sê die Stad is bekommerd oor die besoedeling van natuurreservate en dat die skoonmaak van alle vleie beplan word. Burgemeesterskomiteelid Xanthea Limberg sê die rioolstortings in Rietvlei en Zeekoegat die afgelope tyd is die oorsaak van onwettige storting van produkte in mangate en ander items soos lappe wat in die rioolstelsel beland en die pompe beskadig.

Maar Katja Haslinger, bewaringsbeampte van Milnerton-waterklub, sê die Stad doen nie genoeg om die bron van besoedeling op te spoor en aandag daaraan te gee nie. “Dit is nodig dat die stad sy rioolstelsel behoorlik onderhou en skoonmaak indien daar rioolstorting plaasvind.”

Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp se webwerf verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Dit gaan oral in die land so. Al ons watetbronne is erg besoedel. Our people gee mos nie ‘n duit om nie. In ons omgewing plak die asblikgrawers al lanks die spruit. As dit reën en die walle oorstroom, spoel al daardie gemors in die spruit af Harties toe. En dit vrot! Mens kan skoonmaak en skoonmaak, maar nou ja, our people glo mos nie aan skoon nie. So, jammer vir die wat hul werk verloor, maar hulle moet maar hul eie mense aanvat. En stem maar weer vir die ANC!!!

Karpraat

Lyk of amptenare nie hulle werk doen nie of nie omgee oor die stortings nie. Daar behoort mos gereelde inspeksies gedoen word, of hoe?

Johann

Is vreemd dat die riool nou ewe skielik pad vat na water waar mense veral aan watersport deelneem…. voel amper moedswilligheid aan dit.

James Curlewis

Rhodes wou n pad van kaap tot kairo vir die britte laat realiseer.Die indruk wat geskep word is dat die Rhodes mentaliteit nog steeds teenwoordig is ,die elite in Kaapstad word na gekyk,en die buite die tuin(groen belt)is Jan rap en sy mast.Somerset wes is n sprekrekende voorbeeld,die lourensrivier se watergehalte bokant ,somerset weshoofstraat is uitstekend.Onder die brug bly bergies, kriminele,binne in die enigste rivier wat n natuur beskermde area verklaar is,Die besoedeling en e coli vlak van die brug tot by die monding is erg ,net onderkant die N2 brug selfde probleem.Die stadsraad kruip weg agter menseregte en kan… Lees meer »

Johnny

En hier laat die opskrif mens dink dat die amptenare wat verantwoordelik was vir die besoedeling, dalk afgedank is.
Was dit doelbewus, MM?