Afleggingsooreenkoms vir Lily-mynwerkers

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Foto: http://www.vantagegoldfields.com/

Die vakbond Solidariteit het Woensdag ná ʼn week se onderhandeling ʼn ooreenkoms met die sakereddingspraktisyn bereik oor die inhoud van die afleggingspakkette wat Lily-mynwerkers wat daarvoor aansoek doen, gaan ontvang.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, behels die ooreenkoms dat werkers tot einde Mei salarisbetaling sal ontvang en dat hul salarisse vir April en Mei so gou as moontlik, maar nie later nie as 30 Junie 2016, betaal sal word. Werkers wat tydens die mynongeluk op 5 Februarie vanjaar ondergronds vasgekeer was, sal teen 30 Julie 2016 ʼn welwillendheidsbetaling van R50 000 elk ontvang.

Bedrywighede by die Lily-myn is heeltemal opgeskort sedert ʼn gedeelte van die myn in Februarie ineengestort het. Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda was bo die grond in ʼn skeepshouer wat tydens die ineenstorting onder grond en puin beland het. Reddingspanne kon tot op hede nog nie daarin slaag om by die skeepshouer uit te kom nie.

Die Lily-myn se sakereddingpraktisyn het werkers vroeër vandeesmaand in kennis gestel dat hulle kan begin om aansoek te doen vir vrywillige skeidingspakkette weens operasionele redes en ʼn gebrek aan befondsing.

Volgens Du Plessis is R32 miljoen nodig om die werkers se uitstaande vergoeding vanaf Februarie 2016 tot einde Mei 2016 te betaal. “Hoewel die ooreenkoms korttermyn verligting kan bring vir die werkers wat daarvoor aansoek doen, kan die armoede waarin die werkers reeds gedompel is, verder vererger indien befondsing nie dringend gevind kan word om die pakkette en alle uitstaande salarisse van die werkers te betaal nie,” het Du Plessis gewaarsku.

“Die nagenoeg 180 krediteure van die beleërde mynmaatskappy het ook vanmiddag [Woensdag] ten gunste van die sakereddingspraktisyn se sakeplan gestem. Volgens die plan is nagenoeg R200 miljoen se aanvangsbefondsing nodig om die myn teen Junie 2017 weer in produksie te kry,” het Du Plessis verduidelik.

“Volgens die sakeplan sal die werkers 100% van alle uitstaande gelde ontvang en die konkurrente krediteure sal 30 sent uit die rand ontvang. Betaling behoort teen einde Mei 2017 te geskied.”

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

En almal dink dis maanskyn en rose as jy ‘n myn besit of bestuur!!

Cherokee ·

Miskien moet ek myne verkoop. (Nee, nie ‘myne’ verkoop nie maar my myn verkoop bedoel ek).

Nico ·

Dit word nou gedoen want hulle wil groot eise vermy gideon moet bietjie meer doen en ingaan in die myn se sake hoe lisensies gekry is , wie die eienaar rerig is en wat het die regering baatgevind daarby

miemie ·

ek bly in Barberton ken n paar mense wat vir Lilly myn werk hulle kry baie swaar orals is mense besig om te help om kos in te samel vir hulle dis regtig krities een gesin het n volwasse gestremde dogter wat doeke gebruik daai mense het geen inkomste nie almal probeer bydra vir haar vir doeke ook mense dis regtig rof een gesin het al hul meubels verkoop slaap op die vloer nou het die dorp insamelings gedoen dat hul elk net tenminste n matras het om op te slaap Solidariteit beteken regtig baie in die tyd vir die Lilly myn gesinne

Anoniem ·

Ja en ons regering hou hul blind hiervoor. Kry jul nie skaam..Jul eet lekker, slaap warm, ry karre van miljoene rande, bly in paleise…vat van ons Suid Afrikaners…en kom nog weg met dit vat jul vat en die wat aks doen wat van hul gevra word vat ook nog hul deel…SIES….Ons het mense wat swaarkry, hongerly…Onthou elkeen kry sy dag een of ander tyd. God slaap nie en van elke dingetjie wat ons verkeerd doen gaan ons eendag rekenskap gee….klein …..groot maak nie saak..net so gaan God die wat swaargekry het op aarde deur van ongeregtighede wat teen hul gepleeg is voor sorg….Hulle gaan leef in rykdom en hul gaan meer he as wat hul kan hanteer…..God kyk na Sy kinders…Hy het Sy eie tyd…Hoe heerlik gaan dit nie wees vir my en jou wat daar al soveel ongeregtighede teen gepleeg is nie…Dankie Heer vir daardie versekering…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.