Afname in beurtkrag verwag

Argieffoto

Argieffoto

Beurtkrag behoort na verwagting teen Sondagaand af te neem, het Eskom gesê.

“Ons verwag om die kragvoorsiening tussen 20:00 en 22:00 [Sondagaand] te herstel,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê.

Die damme wat die maatskappy gebruik om krag mee op te wek, is amper vol en die instandhoudingswerk is afgehandel, wat tot die verbeterings aan die kragnetwerk gelei het. “Die damme moet vol wees sodat ons so min as moontlik beurtkrag deur die week kan hê,” het hy gesê.

Etzinger het egter gesê alhoewel meeste kragonderbrekings volgens die beplande beurtkragskedules plaasgevind het, was daar tog afwykings. “Eskom en die munisipaliteite het soms van die skedule afgewyk, maar ons sal volgende week dit ondersoek.”

Eskom het Vrydag gewaarsku dat beurtkrag die naweek ingestel gaan word om sy diesel- en waterreserwes op te bou. ʼn Gedeelte van die kapasiteit wat ook gewoonlik van Cahora Bassa-kragstasie in Mosambiek ingevoer word, is ook Sondag opgeskort weens beplande instandhouding by die kragstasie.

Besoek Eskom se webwerf vir beurtkrag-skedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Ja dankie Eskom Randburg en Ferndale, was verlede naweek sonder krag, sowel as die afgelope naweek. Jy kan nie geld trek nie, jy kan nie brandstof ingooi nie, jy sukkel om voorbereide kos te koop as gevolg van lang toue mense wat wag om kos te koop. Geen verkeerslig werk nie, en soos gewoonlik dink die Taxi’s hulle kan maar net eenvoudig deur die verkeersligte ry, sonder om te stop en ander mense die geleetheid gee om te ry nie

Dit is nie ons probleem dat Eskom nie instandhouding gedoen het nie, maar nou moet ons die prys betaal vir hulle nalatigheid. Ek is baie warm onder die kraag vandag, vir die groot instansies wat nie hulle werk behoorlik doen nie, Eksom trek op julle sokkies. Miskien moet ons ook begin toi toi teen Eskom

Ons koop nie meer julle STORIES en BELOFTES VAN AFNAME IN BEURTKRAG NIE, smeer die heuning om ander mense se monde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.