AfriForum: ‘44 plaasmoorde vanjaar’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Daar is al 44 mense op plase vermoor sedert die begin van die jaar, het AfriForum Dinsdag gesê.

Ernst Roets, adjunkhoof van die burgerregte-organisasie, het gesê sedert die begin van 2015 was daar al 157 plaasaanvalle waartydens 44 mense vermoor is. “AfriForum het weereens ʼn beroep op polisieminister Nkosinathi Nhleko gedoen om plaasmoorde as ʼn voorrangmisdaad te klassifiseer.”

Die mees onlangse moord was op Petro Res (60) op ʼn wildsplaas naby Thabazimbi in Limpopo. Bruno Res (73) is tydens die aanval in die arm geskiet, terwyl sy vrou, Petro, in die kop geskiet is. Sy is op die toneel dood.

Roets het die plaasmoorde as ʼn krisis bestempel en die polisieministerie daarvan beskuldig dat hulle weier om voorrang aan die misdade te verleen.

Hy het vier redes uiteengesit waarom plaasaanvalle voorrang moet kry. “In die eerste plek, berekeninge van onafhanklike navorsingsinstansies dui daarop dat die kans dat ʼn boer vermoor word twee keer groter is as die kans van ʼn polisiebeampte. Tweedens, hierdie moorde gaan dikwels gepaard met buitensporige vlakke van brutaliteit.

“Derdens, boere het ʼn noodsaaklike rol in die samelewing, veral met betrekking tot werkskepping en voedselsekuriteit. Laastens, ons weet boere bly op afgeleë plekke, ver van bure en die naaste polisiestasie,” het hy gesê.

“Ten spyte hiervan weier die minister, die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om hierdie misdade met die nodige dringendheid te beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Dit is verskriklik hartseer om van al hierdie moorde te lees. Die regering sal niks hieraan doen nie. Ek dink hierdie moorde word doelbewus gepleeg en dat daar genoeg aanhitsing is van verskeie betrokke partye in hierdie mooi land van ons.
Daar is diegene wat absoluut bloeddorstig is, en ons land se boere word onnodig vermoor.
Moontlik maak hulle wapens bymekaar?, ons sal nie weet nie.

RSA ·

Hoekom word die wapens bymekaar gemaak Anet? Wat is die groter plan ,
agter hierdie aanvalle, en waarvoor berei hulle voor?

Donker tye is op pad vir die blankes hier in Suid Afrika, en so baie mense het al jare terug gewaarsku en nou is dit om die draai.

Tommie ·

Die boere en hulle gesinne word eers gemartel en dan vermoor. Die korrekte woord vir die dade is TERRORISME!

anet ·

Ai RSA ek dink ook so, en dit maak my baie onrustig. Waarheen vlug ons? Ons kan maar net bid dat hierdie donkerte ons gespaar sal word.

Peet Schabort ·

Om hierdie toedrag van sake in die kop van ‘n versteende boomstam in te kry is ‘n saak van onmoontlikheid.

ELSABE ·

Wat van al die aanrandings op die Boere ( mans en dames) waar gaan dit eindig??

pieter venter ·

Ek is pieter van nelspruit die wit mense moet eers weer leer om saam te staan nie net vir bierfeeste en renosters nie maar ook vir ons eie mense en ons moet gloo dat die HERE ons gan help maar deesda kan ons niks saam doen nie ons is mos te goed vir mekaar dis ons eie skuld die goed gebeer met ons dis mos net geld en eegoes wat tel deesdaa.

Lize ·

Elke aand bid ek vir die veiligheid van my ouers en my suster op die plaas, my vriend en sy dogter op sy plaas… “Here hou my geliefdes veilig asseblief. AMEN.”

Winston ·

Dis net in SA wat hierdie moorde en barbaarse aanvalle op boere, as misdaad gesien word. Dit is nie misdaad nie maar n orkestreerde aanval op wit boere en hulle eiendom. Die staat, wat veronderstel is om burgers te beskerm, maak dit af as doodgewone misdaad en skep net wetgewing om te sorg dat al die gate toe is. Net n sot sal dit glo. Ons sal iewers n sterker standpunt moet inneem en glo my, dit kom. Dit is met die grootste hartseer en wroeging dat ek elke keer n berig oor n plaasmoord moet lees. Gebed sal ons op ons voete hou, maar gaan nie die aanval stop nie.

Christo pretorius ·

Goeie dag .eerstens die wit mense moet ophou om neer kyk op mekaar en begin saamstaan.moenie n more mens wees nie .moet ook nie n gister mens wees nie.wees n vandag mens en wees verdraagsaam .nou is die tyd maak n verskil staan saam en help mekaar .dit is al hoe ons sal oorleef

Andries Jooste ·

Gaan lees Ben Freeth se book, Die wit Afrikaan. Dan praat ons weer. Dis n teroristiese strategie. Kyk na hoe veel plase is te koop deesdae . Hulle wil net boere weg dryf. Een van die redes hoekom die ANC on trek het van die intrenasionale straf hof. Nie agv Al Bashir nie. Dis net n rook skerm. Dink mense rerig as ons geagte Mr Zuma ophou Kill the farmer sing, hy het homself “bekeer”? Gggmmffff. Ek dink nie so nie.

Marelize ·

Ek is nie ‘n kenner nie , maar ek wonder of dit nie ook ‘n vorm van “genocide”is nie?
Gaan die waarheid ooit eendag uit kom – sal ons ooit ‘n “true and reconciliation”sessie oor hierdie plaasmoorde kry? Wat ek wel weet is dat daar sal moet ernstige aandag gegee word – want ek dink wit boere is ook op die endangerd spesie lys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.