AfriForum appelleer teen vlag-uitspraak

‘n Skermskoot van Ernst Roets se twiets.

AfriForum het vanoggend (Dinsdag) tydens ’n mediakonferensie in Centurion redes gegee waarom dié burgerregte-organisasie appèl aanteken teen die gelykheidshof se onlangse uitspraak dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is. Die onderskeie partye se hofstukke is ook tydens die konferensie bekend gemaak.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat AfriForum sterk ten gunste van spraakvryheid is, maar dat die organisasie terselfdertyd glo dat daadwerklike haatspraak beveg moet word. Die feit dat die ou vlag vir sommige mense aanstoot gee, is in terme van die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet nie ’n geldige rede om dit tot haatspraak te verklaar nie.

Die appèlhof het Vrydag die omstrede definisie van haatspraak ongrondwetlik verklaar deur te bevind ’n aanmerking is net haatspraak as dit skade veroorsaak én geweld aanstig. Voor Vrydag se appèlhofuitspraak het die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Pepuda) bepaal dat iets wat “kwetsend” is teenoor ’n spesifieke groep mense ook haatspraak is.

“AfriForum se standpunt was nog altyd dat haatspraak plaasvind wanneer haat teen ’n groep mense gepropageer word op grond van hulle identiteit (byvoorbeeld hul ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens) én wanneer die uitspraak in hierdie verband gekombineer word met ’n aanhitsing om daardie groep skade aan te doen. Die onlangse uitspraak van die hoogste hof van appèl in die saak van Qwelane vs. die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het hierdie standpunt bevestig. Dit is na ons mening die korrekte vertolking van die Grondwet se bepalings oor haatspraak.”

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dié organisasie verskerp sy veldtog om plaasaanvalle hok te slaan. Foto: Verskaf

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê die organisasie glo die appèlhof se uitspraak sal AfriForum se saak versterk, maar dat dit terselfdertyd nie ’n nadelige impak sal hê op ander haatspraaksake waarby AfriForum betrokke is nie, aangesien daardie sake juis oor aanhitsing gaan en nie bloot oor aanstootlikheid nie.

AfriForum voer in hofstukke aan:

  1. AfriForum gee erkenning aan die feit dat die vertoon van die 1928-vlag aan ’n deel van die bevolking aanstoot gee. Dit is ook die rede waarom AfriForum nie die vlag vertoon nie. AfriForum is verbind tot die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe.
  2. Die vertoon van die vlag kan slegs op haatspraak neerkom indien dit gekombineer word met ’n boodskap wat mense op grond van hul ras of etnisiteit teiken en die boodskap ook ’n aanhitsing bevat om daardie groep skade aan te doen. In die afwesigheid van so ’n boodskap is die aanstoot wat die vlag kan gee, nie voldoende om dit in terme van die Grondwet se bepalings tot haatspraak te verklaar nie
  3. AfriForum is van mening dat ’n verbod op die vlag die teenoorgestelde effek sal hê as wat daarmee beoog word, naamlik dat dit die vlag meer gewild maak juis omdat die onderdrukking van spraakvryheid ’n teenreaksie skep. Die publieke reaksie op die gelykheidshof se uitspraak bevestig dit reeds.
  4. Om AfriForum se verdediging van vryheid van spraak in hierdie saak te vertolk as ’n poging om die skending van mense se waardigheid tydens apartheid te regverdig, is ’n moedswillige verdraaiing van AfriForum se standpunt.

AfriForum het ook die Konstitusionele Hof se besluit om die Nelson Mandela-stigting (NMS) se aansoek om appèl oor die vlagtwietsaak uit te gooi, verwelkom. Die hof het beslis dat dit nie in belang van geregtigheid is dat die appèlsaak aangehoor word nie. Dít volg nadat die NMS by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen het dat die klag van beweerde minagting van die hof deur Ernst Roets op appèl geneem moet word. Die Suid-Gautengse hooggeregshof het die stigting se saak teen Roets in November uitgegooi.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

12 Kommentare

Hanlie ·

Ek verstaan die ANC nie. hulle kan hulle ANC vlaggie waai en swaai en en … Maar sodra ons ons vlag wil swaai is dit haarspraak.

Feite ·

Kaders word tans lekker aangehits onder die ANC en EFF vlae. Hoe dit ookal sy, die ANC/EFF se aanslag teen witmense en hulle bevoordeling, hulle taal, simbole soos die vlag, kultuur en godsdiens het dit ten doel om mense met opset aan te hou treiter (in order to break the spirit of the white man, make his life hell) en uit te lok tot n kettingreaksie van vernederende gevolge vir witmense. Dit is hoekom die howe gebruik moet word terwyl die howe nog gebruik kan word om die klein jakkalsies te verhoed om die wingerd op te vreet. Die feit is egter dat die getreiter en uitlokking nooit gaan stop nie, daarvan kan die mense maar van Virseker wees. Om die heeltyd te moet keer vir jou “wickets” kan erg uitputtend raak en nodeloos om te moet se dat hierdie aanslag die potensiaal toon van n lang en uitmergelende stryd waarmee afriforum nog lank in die tand kan raak en dalk tog eendag in die verre toekoms, baas sal kan raak!

David viljoen ·

Ek het n hemp wat die ou hemp wat soos die ou vlag lyk…. Die hemp is nie verbied nie… Ek dra dit….. Ek het n privaat museum…. Met my ou vlae daar in…..wat Kan hulle maak…

Vra net ·

As ek nou twee van die vlaggies in die groot vlag ruil, kan ek hom dan vertoon? Dis mos nie dieselfde vlag nie.

AndrewL ·

Dit het darrem een voordeel, ek mag nou sommige werkers toegang tot my huis verbied omdat hulle moontlik my vlag kan opspoor.

P ·

Ek wil net weet, Wat van ons “roods” ons was trots op ons landsvlag en ons volkslied. Vandag is dit haatspraak??? Vandag is alles so halfhartig net soos die nuwe volkslied. Ons was trotse Afrikaners en ons sal so doodgaan. Hulle kan maar skreeu wat hulle wil maar ons harte is trots Afrikaner.

Jannie van Niekerk ·

Waar kan ek ‘n klag lê teen die vertoon van die ANC se assegaai en knopkierie vlag?
Daardie vlag gee vir my aanstoot en ek beskou dit as haatspraak. Ek assossieer die ANC vlag met plaasmoorde waarvan ‘n familielid van my ‘n noodlottige slagoffer was. Ek assossieer dit ook met bomme wat voor millitêre instellings en in Wimpy Bars geplant is en waaraan mens gesterf het. Sover my kennis strek het niemand as gevolg van die ou vlag gesterf nie. Of mag net ANC, SAKP, EFF en BLF ondersteuners aanstoot neem aan sekere goed?

My Stem ·

Soos ek voorheen gesê het: ANC se vlag gee my aanstoot omdat dit my herriner aan tereur wat deur hulle gepleeg is onder juis daardie vaandel!! Nou hoe nou gemaak????

Oom Willem ·

Wat van diegene vir wie die huidige landsvlag aanstoot gee?

lanie ·

Gits dat n vlag nou soveel oproer kan veroorsaak. Dis lagwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.