AfriForum baklei teen Eskom-prysskok

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê dié organisasie sal ʼn voorlegging by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se openbare sitting doen om Eskom se buitensporige regulatoriese rekeningklaringsaansoek (RCA) teen te staan.

Dié sitting sal op 11 Mei in Gauteng plaasvind.

Eskom wil R67 miljard van verbruikers verhaal en dit beteken dat elektrisiteitspryse met 30% of meer kan styg.

Dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake, sê dat só ’n verhoging uiters gevoelig vir verbruikers sal wees in ’n tyd waarin die ekonomie besig is om herstel te toon post-Zuma. “Eskom – trouens die hele staat – verhaal te maklik geld van belastingbetalers en verbruikers vir probleme wat hulle self geskep het. Sulke groot verhogings sal nie net in kragpryse weerspieël word nie, maar ook in verhoogde inflasie en duurder goedere en dienste,” sê Brink.

“Dit is hoekom AfriForum as burgerregtewaghond die publiek se saak voor Nersa gaan stel. Dit gaan nie help om aan te hou om geld by die publiek te vat indien munisipaliteite miljarde rande skuld en daar nog nie aandag aan ander probleme – soos Eskom se oorgroot werksmag, korrupsie, wanbestuur en vergoedingstruktuur – gegee is nie.”

Brink het die publiek aangemoedig om aan hierdie prosesse deel te neem om sodoende te poog om ’n moontlike groot Eskom-prysskok te vermy.

Die sittings het reeds vandeesweek in die Wes-Kaap begin en daar is vandag ʼn sitting in die Oos-Kaap gehou. Daar word gedurende April en Mei een sitting per provinsie gehou.

Die sittings sal soos volg plaasvind:

19 April – KwaZulu-Natal
Internasionale Konferensiesentrum, Bram Fischerweg 45, Durban

23 April – Noordwes
Matlosana-gemeenskapsentrum, h.v. Bram Fischer- en Emily Hobhousestraat, Klerksdorp

3 Mei – Noord-Kaap
Mittah Seperepere Konferensiesentrum, W. Circularweg 10, Kimberley

4 Mei – Vrystaat
Protea Hotel Bloemfontein, Nelson Mandelarylaan 202, Brandwag, Bloemfontein

7 Mei 2018 – Mpumalanga
Orion Hotel, h.v. Samora Machelrylaan en Henshallstraat, Nelspruit

9 Mei 2018 – Limpopo
Limpopo Garden Court, h.v. Thabo Mbeki- en President Paul Krugerstraat, Polokwane

11 Mei – Gauteng
Walter Sisulu-plein, h.v. Klipspruit Valley- en Unionweg, Kliptown, Pimville Sone 9, Soweto

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Peet Schabort ·

Ook maar goed uitgeslape (Eskom) deur nie ‘n internetskakel vir beswaarmaking daar te stel. Ek stem saam met dr. Brink dat ekonomiese flaters reggestel word deur bloot die verhoging van tariewe, belasting ens., tot selfs my ou verstandjie kan dit uitwerk. Probeer eerder eers die skuld van munisipaliteite in te vorder. Daar is ook nie tye by die datums?

Chris Ws ·

Ons sal maar ons gemiddelde krag rekening berdag betaal en klaar.Laat hulle dan maar die krag om afsny.Ons het ‘n koolstoof en twee gas stowe om mee aan te gaan.2 Kragopwekkers sal krag voorsien vir die wasmasjien vir ons wasgoed en tv waneer daar iets is wat ons na kan kyk.Ons sal nie van stryk af gebring word nie.Het jare gelede reeds so gelewe en ken dit en is nie bang daarvoor nie.Terwyl die wamasjien loop sny mens gras.Terwyl jy tv kyk laai jy jou selfone.Badwater maak mens met ‘n donkie warm of ‘n son water verwarmer.Laat eskom sy krag vat en voetsek.

Gerrit ·

Nou moet ons opdok vir die onbevoegde bestuur met hulle vingers in die geldlaai.??

Awie Opperman ·

Baie interessant dat die Gauteng vergadering gehou word waar dit die minste teenstand sal kry. Hoeveel skuld die mense van soweto nou weer vir eskom?

Cherokee ·

Dit is die mense wat ‘n korrupte R30m uit hul pensioenfonds (probeer)weggee aan ‘n nie-lid. …. Ek sal graag tye van die byeenkomste wil weet. Die eerste een (19 April) is ‘n paar straatblokke van waar ek woon.

humor ·

Die belastingbetaler kry nou dubbel pak. Eers die belastinggeld wat reeds betaal is deur onbevoegdheid en diefstal gepleeg en nou moet hy weer opdok om die wiele wat afgeval het weer in plek te kry.

p ·

Nie net om ons van ons eiendom af te belas nie maar ons wat hardwerkend is moet opdok vir onwettig krag verbindings in die townships. Ons moet almal wat wanbetaal se rekenings betaal. Wat meer wil die regering van ons vat. Julle kan alles vat my siel behoort aan Christus.

Joshua ·

Korrup en onbevoeg, dis die ANC en hul Guptas kriminele- dit gaan nooit ophou nie.

Theresa B ·

Ek verstaan nie hoe werk hierdie mense met ons hulpbronne en geld nie. Hulle kan nie met geld werk nie. Niemand het nooit niks en pryse/tariewe moet net styg en styg. ‘n Mens kan ook net soveel meer gee. Dit is soos Boet sê. Ons word gemelk, ons kan nie meer nie.

Theresa ·

Verregaande. Afriforum, kan jul nie ‘n plek in elke voorstad gee waar ‘n lid van jul staan en mens per handtekening ‘n reuse petisie opstel nie, asb.
Ek weet nie van een van my kennisse, vriende of familielede (wat geraak gaan word deur hierdie prysstyging) wat Soweto toe sal reis of iets daar sal bywoon nie.
So ‘n petisie behoort wettig as teenkanting te dien?

Sê net ·

Eskom het nou heeltemal die plot verloor.

Geen idee hoe om met geld te werk of hoe om ñ besigheid te hardloop nie.

Verhaal julle verliese van die wat dit veroorsaak het.

Eish ·

Weereens dankie Afriforum dat jul oor so n wye spektrum veg vir waardes, reg en geregtigheid, selfs onder felle kritiek. Stry die goeie stryd.

Wonder ·

Dankie Afriforum, ek waardeer dit opreg. Nou word ons hier in die Kaap weer beboet, omdat jou huis meer as ‘n miljoen werd is! Net om hulle salarisverhoging te dek. As jy ‘n pensioentrekker is, kry jy nie ‘n sent “afslag” op grondbelasting nie. Die word werd beteken niks vir my nie, want ek gaan nie my huis verkoop nie. Ek het my huis 30 jaar gelede gekoop en gaan dit ook nie verkoop nie. Dus beteken “werd” niks vir my nie, Nou waarom word ek belas op “werd” en gestraf deur die munisipaliteit en regering vir hulle gemors? Vir die munisipaliteit en regering is dit die werd om ons leeg te suig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.