AfriForum begin met noodhulpopleiding

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum begin vandeesweek met noodhulpopleiding as deel van die burgerregte-organisasie se gemeenskapsveiligheidstrategie.

AfriForum sal dié opleiding by al hul takke regoor die land aanbied, omdat die regering versuim om op ʼn doeltreffende wyse gemeenskappe op te lei om na hulself te kan omsien in noodsituasies.

“Die kursus is basies makkerhulpopleiding wat die gewone man op straat bemagtig met kennis oor wat om te doen as hy/sy eerste op ʼn ongeluks- of misdaadtoneel soos ʼn plaasaanval sou wees. Só kan kennis iemand anders se lewe red,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.

Volgens Cameron is die opleiding nie daar om van mense paramedici te maak nie, maar om mense te bemagtig om vir paramedici van hulp te wees indien ʼn noodsituasie dit sou vereis.

“Die eerste kursusse word hierdie week in Vryburg, Noordwes, aangebied. Ander kursusse wat ons ook by ons 125 takke gaan aanbied, sal later vandeesweek bekend gemaak word. AfriForum wil ʼn selfdoenvermoë onder gemeenskappe vestig rakende veiligheid, en noodhulp is die eerste stap,” het Cameron gesê.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-tak en word deel van die verskil. SMS jou dorp se naam na 31336. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.