AfriForum begin met regsaksie oor kwarantyn

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: AfriForum)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het begin met regsaksie teen die regering se regulasies wat die staat mag gee om enigeen te vervolg wat positief vir Covid-19 getoets het en weier om in kwarantyn geplaas word.

AfriForum het ’n prokureursbrief tot dié effek Dinsdag aan Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, gestuur. Dié stap kom nadat Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, aangekondig het dat die beleid van selfisolasie vir mense wat positief vir die virus toets, verwerp word. Dit beteken enigeen wat van Sondag in dié provinsie positief toets, in staatsgeïdentifiseerde kwarantynkampe aangehou en gemonitor sal word.

Nasionale regulasies bepaal tans dat niemand mag weier om in kwarantyn geplaas te word nie, maar spesifiseer nie wáár hierdie persone in kwarantyn moet bly nie.

Sihle Zikalala, die premier van KZN, het boonop gesê dat nuut gediagnoseerde Covid-19-pasiënte na staatsgekeurde isolasieterreine “geneem” sal word vir behandeling. “Niemand gaan hulself meer selfisoleer nie. Sodra ons ontdek het dat jy positief getoets het, neem ons jou na die isolasieterreine totdat jy herstel het,” het Zikalala tydens ʼn mediageleentheid gesê.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dat die optrede van die KZN-regering dit duidelik maak dat die nasionale regulasies irrasioneel is, omdat dit voorsiening maak vir maatreëls wat nie net drakonies van aard is nie, maar wat ook redelike pogings in die wiele ry om die verspreiding van die virus te voorkom.

In die brief wat AfriForum aan Dlamini-Zuma rig, word die minister versoek om binne 48 uur daarop te antwoord. In haar antwoord word sy versoek om toe te stem dat ’n voorwaarde tot die regulasies toegevoeg moet word wat bepaal dat mense wat positief toets en oor die vermoë beskik om te kan selfisoleer, toegelaat moet word sonder die bedreiging van ’n gewelddadige verwydering na ’n staatsbeheerde kwarantynkamp.

Die minister word ook versoek om ’n boodskap aan die toepaslike regeringstrukture te stuur om hulle van dié voorwaarde in te lig.

“Versuim om aan dié versoeke gehoor te gee, sal AfriForum met geen ander keuse laat nie as om verdere regsaksie in dié opsig te neem,” het Roets gesê.

Maroela Media het vroeër berig van ʼn vrou van Lephalale (Ellisras) in Limpopo wat positief getoets het vir Covid-19 en noodgedwonge in ʼn staatshospitaal in die provinsie opgeneem is. Dit nadat sy reeds twee weke lank in selfisolasie tuis aangesterk het. Sy het boonop geen simptome van die virus getoon nie. Die omstandighede in die hospitaal was glo haglik en haar familie het regstappe oorweeg. Twee dokters is glo ook teen hul wil in ʼn staatshospitaal in dié provinsie “aangehou”.

Roets sê die besluit deur die KwaZulu-Natalse regering is ʼn skending van die mees basiese vryhede en waardigheid van mense.

“Die voor die hand liggende gevolg van dié maatreël is dat mense wat simptome toon of wat besef dat hulle in aanraking met iemand wat positief getoets was, hulself eenvoudig nie aan toetsing gaan blootstel nie,” sê Roets.

Roets meen dié besluit is ook irrasioneel in die sin dat ’n enorme en heel onnodige las op beperkte staatshulpbronne geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jaco ·

afriforum moet nou NET konsentreer op gevalle waar net wit mense geraak word. dis seker baie mooi en edel om so oor almal, ook our people, besorg te wees, maar eendag is eendag dan is al afriforum se geld op sake soos diereregte en regte van our people uitgemors en dan bly NIKS oor om ons eie mense te help nie.
Die owerhede wat Afroforum gereeld as rassisties beskuldig, sien in elk geval deur Afriforum se “window dressing”

Cherokee ·

Jy ‘our people’ nou, soos sommige ander ook, in omtrent elk van jou kommentare.

katerinadiekat ·

Ja wel die regering sluit blankes heeltemal uit enige hulp, Iemand moet seker ook vir ons voorsiening maak. Ongelukkig is dit so dat die ANC die onderskeid maak tussen hulle our people en wit landsburgers. Daar is reeds n golf geskep tussen die twee groepe en ons tel beslis nie as ingesluit tussen hulle our people nie. Maar ons bestaan Ons het ook hulp nodig. So ons eie groepe soos Afriforum behoort slegs na ons om te sien. Die regering gaan definitief nie blankes help nie. Of is dit maar ok met jou dat blankes uitsterf van honger en ellende en onreg?

Ronel ·

Klink soos konsentrasiekampe. As mense nie self gaan isoleer nie en dienkans staan om ander te infekteer, stem ek saam dat daai persoon na n kwarentyn area geneem moet word, maar so soos hulle wil??? I think not

Agge nee ·

So reg, ek sal sowaar nie my laat toets as ek nie baie siek is nie. Ek gaan eerder by my eie huis dood as om in ‘n vieslike hool met swak kos en geen behandeling van enige aard toegesluit te word. Die dames moes hulle eie koors neem en is gebel om te hoor wat hulle koors is. Hulle het waglike ongesonde kos gekry, glad nie geskik vir ‘n siek mens nie. Een dame is ‘n diabeet sy het brood en ‘n bak vol melkpoeier en suiker gekry. Hulle het ook geen medikasie ontvang nie. So wat is die doel van die oefening? Wil hulle jou toesluit tot jy vanself óf dood óf gesond is. Dit is die LUR van gesondheid van die Limpopo wat eerste op hierdie grootheidswaan trip gegaan het. Mos vir die dokters gesê hulle maak die mense in hààr provinsie siek. Tipiese boelie-taktiek.

Train ·

Stem saam. Sal my ook nie laat toets nie. NIE ‘n MANIER NIE!

Snowball ·

En wie gaan jou versorg as jy in ‘n kwarantynkamp is? Jou familie sal nie by jou kan uitkom nie. Waar was jy wasgoed en wie maak jou kos? Wie bly saam met wie? Wie deel jou ablusiegeriewe? Almal het nie dieselfde lewensstandaarde nie, en dan nog terwyl jy siek is. Ek hoop hierdie belaglikheid en die onnoselheid daaragter sterf ‘n vinnige dood. Klink eerder soos een wat ‘n breinborrel gehad het en toe glip dit by die mond uit. Om siek/ potensiële siek mense soos ‘n klomp diere in ‘n kamp in te jaag. Waar is die MRK nou?

Boortor ·

Al wat hulle veroorsaak is publieke ongehoorsaamheid. En ek is een van hulle. Ek sal my NIE in n hool van n plek laat druk nie. Dan toets ek doodeenvoudig nie. Maar hulle is te dom om te sien hulle ” kragman” houding het presies die teenoorgestelde as wat hulle wil he. En laat hulle my aanrand as ek gesond is kom ek terug en beslis nie om getoets te word nie!

charmaine ·

Laat by die LUR gaan bly dalk kom daar iets goed van……

Willem ·

Hulle moet my masr kom in hegtenis neem. Sorg net dat ek hoes en nies en daar gaan hulle

Eerlik ·

Konsentrasie kampe waar ons mense gelos gaan word om dood te gaan. Nee wat, ek word dan eerder nie getoets nie en hoop maar vir die beste.

lollapot ·

Gister was daar n video van 2 vroulike dokters wat in die nag uit hulle huise gehaal is, en na n TB hospitaal geneem is om in verpligte afsondering geplaas te word!

Isabella ·

Wat is hul REDE om ons te dwing ek VERTROU ni my lewe in hul hande ….dan kan hul met ons maak soos hul wil want ons is oorgelewer in hul genade… dat daar sekere mense is wat die reels sal nakom om hulself te isoleer en ANDER wat dit glad nie gan doen is wel so maar ek gan beslis eerder by my huis gesond word

Piet parys ·

Al die staat instansies is besig om magsbehep te raak . So word hulle ook getoets en kry hulle dan voorkeer behandel. Dit is n resep vir totale anargie in die land wanneer die publiek geen regte het meer nie .

Okmardom ·

Kla daai Zuma vrou aan vir misdaad teen die mensdom en tree voorkomend op. Verwyder haar van openbare besluite want sy gaan die bevolking groot skade aandoen. Wat my bekommerd maak is dat die regering haar besluite goedkeur.

PieterP ·

As die staat die fondse, kapasiteit en breinkrag gehad het kon hulle vir almal in isolasie ban die “bracelets” aangesit het soos vir die oorsese mense wat op parool of huisarres is. Haan buiye jou erf en die ding stuur ‘n alarm dat jy oortree. Heel eenvoudig maar nie hier by ons nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.