AfriForum begin strafregtelike klagte oor rassisme, haatspraak indien

Ernst Roets. Foto: Facebook

Ernst Roets. Foto: Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Donderdag 12 beëdigde verklarings by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Lyttelton-kantoor inhandig.

Dié beëdigde verklarings hou verband met rassisme, haatspraak en aanhitsing van geweld op sosiale media, en word aangevul met uitgebreide verslae waarin die 12 individue se uitsprake vervat word.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die verklarings is die eerste in ’n reeks klagte wat by die SAPD aanhangig gemaak sal word, en is die resultaat van verskeie vergaderings tussen AfriForum en die afdelingshoof van die elektroniesemisdaadeenheid van die Valke.

Roets het vroeër die maand gesê AfriForum het al meer as 500 e-posse ontvang sedert die publiek versoek is om enige rassisme en haatspraak in die sosiale media te rapporteer. “Net in Desember het daar omtrent ʼn 100 e-posse ingekom met baie aanhangsels en taamlik min herhalings. Onder die aanhitsers is verteenwoordigers van politieke partye, regeringsamptenare, gemeenskapsleiers, akademici en politieke kommentators. Die eerste bundel strafregtelike klagte lê gereed op my lessenaar en sal reeds in Januarie ingedien word. Hierdie bundel gaan spesifiek oor aanhitsing om moord te pleeg en fokus uitsluitlik op mense wie se identiteit en besonderhede ons met sekerheid kon vasstel.”

AfriForum het die publiek versoek om voort te gaan om skermskote van rassistiese kommentaar of kommentaar wat haatspraak bevat na [email protected] te stuur. “Moet asseblief nie ophou om hierdie inligting te stuur nie. Hoe meer volledig ons rekords is en hoe meer inligting ons het, hoe sterker kan ons hierteen baklei,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kobus Nieman ·

Baie dankie vir julle optrede. Ek het al begin bekommerd raak of daar enige aksie sal wees, aangesien dit blyk dat dit net een gedeelte van ons bevolking is wat vervolg word.

Paulina da Silva ·

Baie dankie julle ek was ook bekommerd omdat julle niks doen nie, want ons hande is afgekap ons lees al die vreeslike goed, share dit en hoop dit kom by die regte mense uit. Daar is al vele blankes aangekla van haatspraak sien dit op al die televisie kanale maar niks oor die ander rasse sê haatspraak en die brutaliteit van blankes wat vermoor verkrag word met alles wat gepaard gaan met dit.

At ·

Net interessant dat die meeste rassisme deur politici aangeblaas word. Sommige politieke partye is blatant rassisties, terwyl ander met oogklappe loop en selektief vinger wys.

Conrad ·

MM Kan ons asb Doofstom se kommentaar te lese kry? Ons kommunikeer met mekaar en dis ons uitlaatklep- MM is al wie ons die kans gee. Moet nie ons mense blok nie, asb.Baie dankie.
En baie dankie en sterkte Afriforum- ons bid vir julle!

snoefie ·

mm is baie selektief oor kommentaar wat geplaas word. driekwart van die tyd was die kommentaar nie rassisties of rakelings haatspraak of deurspek met gekruide taal nie dan verwyder mm dit.

carla ·

Ek sekondeer, wil ook doofstom se kommentaar sien, watter reels is daar vir enige kommentaar? Baie dankie aan Afriforum, beste nuus wat ons kon kry vandag

Anoniem ·

Die indiening van die klagtes staan my nie aan nie, die deurvoer en opvolg daarvan is wat belangrik is. Van al die vorige klagtes wat al ingedien is het ons niks terugvoer of uitkoms al van gehoor nie.

Rina ·

Dit is ooral waar rassime kop uisteek. Die ongeluk ofliewer geluk dis nie by die wittes nie. Gaan kyk in die privaat hospitale. Ek was daar met n algehele heup vervanging. In nooit gehelp of enigsins bygestaan moes sien en kom klaar. En dan spog netcare oor hulle wonderlik diens wat nie daar is nie.

Fanie ·

Vriende, ek sien mense kla oor sensorskap. Onthou net, Maroela is gratis vir ons, maar dis verseker nie gratis om te produseer nie! Daarom moet ons meer begrip vir Maroela se kommentaarbeleid hê. ‘Kommintaar’ kan Maroela in duur sake beland, en dit jaag groot getalle lesers weg. Dis nie goeie maniere om onder ‘n skuilnaam omstrede te raak op Maroela nie. Jy kan agter ‘n bynaam skuil- Maroela nie. Lees asb die kommentaar beleid- dit gaan net oor goeie outydse boeremaniere.

Lewies ·

Ek stem met Fanie saam. Ons moenie onsself in die voed skiet nie. Los dit vir die regerende party asb.

Jollie ·

Ek dink nie altyd iemand dink wat hy skryf is ‘omstrede’ nie. Ons waardeer hulle sensorskap, maar dit is asof sommige mense se ‘omstrede’ kommentaar toegelaat word en ander s’n nie. Ons is mal oor Maroela Media, maar hulle sensorskap word soms ‘n bietjie eensydig toegepas. As jy nie iets rassisties sê nie, weet jy nie altyd wat jy gese het wat verkeerd is nie, ons is nie almal kundiges op die gebied nie, en MM het nie die tyd om almal te laat weet hoekom nie, so soms vra jy jouself maar net die vraag af WAT is dit wat jy gese het wat verkeerd was. Dink nie dit is ‘n groot issue nie, maar tog ‘n irritasie vir sommige.

Ekke ·

Afriforum, julle mors julle tyd.Spandeer eerder julle tyd en energie om voor te bery teen anargie.

Lewies ·

“Ekke” Stem saam met jou oor “anargie” as jy ook daarmee “burgeroorlog” bedoel. Anargie is die voorloper van “burgeroorlog” Ons is reeds amper by die stadium van anargie verby.

Jean ·

AfriForum is nie ‘n WEERMAG nie. Soos julle self hier noem Anargie en Burgeroorlog gaan hand aan hand. AfriForum is nie daar om WAPENS op te neem nie, want soos ons self weet is daar nie wenners in ‘n Burgeroorlog nie, gaan kyk maar na die res van AFRIKA hoe lyk dit na ‘n burgeroorlog. EN almal dink dit gaan noodwendig wit teen swart wees, maar tans is daar ook baie etniese faksies wat teen mekaar gaan opstaan asook geloofsgroepe. AfriForum PROBEER die aksies wat kan lei tot ‘n burgeroorlog asook dit wat die land se veiligheid en verhoudings tussen etniese groepe skaad VERHOED. Kyk hoe lyk Sirie, Burma, Uganda en Angola na Burgeroorloë.

Lewies ·

Jammer vir die “voed” ek bedoel “voet of “voete”

Sê maar net. ·

Ek stem saam met Fanie. Soms was daar van my kommentaar ook geblok, en ek was ook kwaad daarvoor, maar ek het besef MM beskerm my eintlik deur nie my kommentaar te plaas nie. Met al die kuber krakers kan mens in groot moeilikheid beland. My raad is “wees maar selektief met julle sin snedes en woord keuses”

Adri Harmse ·

Indien julle nog haatspraak nodig het kontak my gerus

Rupert Ashford ·

Oor die sensuur: MM is gratis en sover ek weet is dit ook in privaatbesit, so ons is ten beste besoekers hier. Hou by die reels mense. Ek dink die van ons wat nog nooit gesensor is nie, is ‘n baie klein minderheid…;-)

Theresa B ·

Hoop julle kan iets uitrig. Ek is bly julle doen darem iets, of prober ten minste. Hoeveel maal het julle al sake verloor. Sake wat sterk was. Hierdie spul kan doen en sê wat hulle wil. Die Wet is nie op hul van toepassing nie. Alles word “omgeswaai” sodat dit in hul guns tel.

peet seegers ·

Ek stem theresa b ten minste probeer hulle iets doen. daarvoor moet hulle krediet kry

Johann ·

Nico, Ek sien op Netwerk24 nog ‘n instansie, die IGV, het ‘n ondersoek na ekonomiese misdade tydens apartheid gevra, wat van dat julle oop nou weer aanklagte bring teen daardie bloedige moorde en monsteragtige optrede van die ANC soos per jul film ‘Tainted Heroes’ en vra dat die nuwe OB dit ook weer ondersoek?

Henk ·

Ek verstaan,en voel ook soms om oor tekook,ons moet egter die moreele grond ten alle tye behou,ons moenie in die selfde put van slym verval as die vyande van ons mense,taal en kultuur nie

Jan ·

Baie bly julle begin nou daatwerklike stappe neem. Jy sien hope ras gedrewe haatspraat en ook van die sogenaamde party leiers. Dis tyd dat hulle tot verandwoording geroep word, anders beskou hulle, hul self as verhewe bo die wet. Daar is nie n wet wat net vir een spesifieke ras groep werk en nie vir n ander ras groep nie. Met die optrede sal daardie mite gou verdwyn.
Sterkte

lettie ·

Mooi so Afriforum! Dankie vir als wat jul vir ons beteken. Die aanhitsing tot haat en moord moet gestop word en met daardie lywige bewyse kan ons net sukses behaal. Ek het gehoor Russia Today tv kanaal het al berig oor SA se plaasmoorde so dit sal goed wees as ons hul ook inlig wat in SA gebeur. Hoe meer dekking ons kry hoe vinniger gaan hierdie onheil teen ons gefnuik word.

Janneman ·

Amen Afriforum!!

Ek hoop stommerik Dean Hutton se kamtige kunswerk is ook op die lys? Dankie ook aan die Cape Party dat hulle Hutton se naakte rasse haat aangespreek het met hul optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.