AfriForum behaal oorwinning vir polisiereserviste

marnus-kamfer-en-ian-cameron

Marnus Kamfer (links) en Ian Cameron (regs) van AfriForum het Woensdag ‘n oorwinning vir polisiereserviste landwyd behaal. Foto: Verskaf.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Woensdag die burgerregte organisasie AfriForum se aansoek toegestaan om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om polisiereserviste verbonde aan die Kameeldrift-polisiestasie, noord van Pretoria, vir hul jaarlikse bevoegdheidsopleiding te stuur, sodat hulle voortaan reserviste kan bly.

Tot dusver het die SAPD geweier of gesloer om reserviste op te lei en bestaande beamptes vir heropleiding te stuur. Gevolg kon reserviste die SAPD nie na behore ondersteun nie, aangesien hulle kragtens wetgewing onbevoeg is om vuurwapens te hanteer. Die polisie het nie AfriForum se aansoek teengestaan nie.

“Die oorwinning in die hof is ʼn saak wat werklik groot waarde kan inhou vir reserviste landswyd. Dit skep ʼn geleentheid waar ons sê die polisie is verantwoordelik vir die opleiding van reserviste.”

Cameron meen dit is nie reg dat die SAPD aanvoer reserviste is onbevoeg en moet hulle wapens teruggee, terwyl die polisie eintlik die instansie is wat die nodige opleiding aan reserviste in die eerste plek moet verskaf nie.

Sedert 2010 was daar ʼn 83% afname in die getal reserviste wat werksaam is in Suid-Afrika.

“Ons kan ʼn reuse-impak teen misdaad maak as ons dié 63 000 reserviste kan terugkry wat nog in 2010 saam met die polisie gewerk het in hierdie land,” het hy bygevoeg.

Volgens Cameron het die SAPD verder op verskeie geleenthede aangedui dat hulle nie oor die mannekrag, en dus vermoë, beskik om hul grondwetlike mandaat uit te voer om mense in die land veilig te hou nie.

“Hierdie hofuitspraak bemagtig reserviste en verseker dat daar ’n groter teenmisdaadmag beskikbaar is om misdaad te beveg.

“AfriForum se aansoek verplig die SAPD om toe te sien dat reserviste in Kameeldrift die bevoegdheidsheropleiding voltooi, soos bepaal deur die relevante wetgewing.

“Dit is vir ons ʼn groot oorwinning om misdaadstatistieke om te swaai, veral in die Kameeldrift-gebied – wat die afgelope tyd swaar onder ʼn vlaag van misdaad gebuk gaan – wat hoofsaaklik plaasaanvalle insluit,” het Cameron gesê

Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling, meen hierdie bevel maak die deur vir soortgelyke aansoeke op nasionale vlak oop en het dus betrekking op alle reserviste in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Wonderlik baie geluk. Dit slaan mens dronk hoekom ons alewig die howe moet nader vir hulp oor iets wat in die eerste plek prioriteit moes gewees het. Die SAPD of die minister is hardkoppig en/of onbevoeg. Ons moet alles afdwing met hofbevele !!! Onaanvaarbaar.

Donderstorm ·

Ek was eers te wit om n polisie man te kon word toe is dit weer toe ek aansoek gedoen het as reservis nee hul vat nie meer mense nie toe was dit weer nee hul vat nie reserviste nie want hul maak die bestaandes deel van die polisie diens toe is dt weer jys te oud maar deesdae moet n polisieman n medalje kry net om werktoe te gaan .

Danie ·

Sekerlik is daar ander werk waarmee die resiviste hulle kan besighou of kan help sonder om wapens te dra . Doen hulle dit juis nie om te kan help nie. Of moet jy n wapen dra om te kan help. Beman die aanklag kantoor. Of maak die plek skoon

Anel ·

Danie, ek stem saam. Beman die aanklagtekantoor en laat die opgeleide lede buitekant werk. Die SAPD het nie eens geld om die permanente lede gereeld te laat gaan vir skietoefening nie, waar gaan die geld vandaan kom om hierdie mense op te lei om hul stokperdjie te beoefen.
Ons seun het vir amper 10 jaar gesukkel om aan te sluit, totdat hy nou te oud is en hy het tot vuurwapenbevoegdheid, wat hy self bekom het.

Eléne ·

Is ek reg om te verstn dat die huidige polisie opgelei moet om op te tree as reseviste?

Eléne ·

Ons is baie bly oor die oorwinning! Maar verstn ek reg dat die huidige polisie opgelei wrd as reseviste? Om die plaas gemeenskap te patrolleer? Verstaan ek dit regtig reg?

Stella ·

Ek dink dis n goeie stap om reserviste aan te stel die polisie kan nie by alle plekke hulle oe he nie,.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.