AfriForum bekommerd oor ‘brigades’ in skole

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag gesê hy is bekommerd oor ʼn advertensie deur die Gautengse departement van onderwys waarin poste adverteer word vir jong werklose jeug tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar om as lede van Covid-19-brigades opgelei te word.

Volgens die advertensie sal die brigades by skole ontplooi word om die departement in die uitvoer van sekere take te ondersteun.

Of skole enige sê in dié ontplooiing sal hê, word nie genoem nie, wys Henk Maree, woordvoerder vir AfriForum, daarop.

Volgens Maree word die spesifieke rol en magte van die brigades nie duidelik in die advertensie gestipuleer nie. “Dit sou sinvoller wees as die departement met skole in gesprek getree het sodat skole self kan besluit of hulle van die brigades gebruik wil maak. Talle skole het aktiewe ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid en só ’n rol kan vanuit die gemeenskap self gevul word,” verduidelik hy.

Maree voeg by dat veiligheidsmagte soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat veronderstel is om opgelei te wees vir krisisse soos dié, tans weens verskeie voorvalle wyd gekritiseer word vir hul swak en onbevoegde optrede.

Die advertensie deur die Gautengse departement van onderwys.

“Dit laat die vraag ontstaan hoe enkele weke se opleiding lede van dié brigades voldoende voorberei om nie ook buite hul magte op te tree nie, veral in weerlose omgewings soos skoolgemeenskappe.”

Volgens Maree is AfriForum ook bekommerd oor die militaristiese ondertoon wat deur die term “brigade” geskep word. “Die term is onrusbarend, veral aangesien geen ouer sy kind in ’n militaristiese omgewing wil plaas waar die brigade kortstondig opgelei word en in sommige gevalle slegs enkele jare ouer is as die kind nie.”

Luidens die verklaring het skole reeds baie goed gereguleerde gesagstrukture. “Enige inmenging van addisionele strukture wat direk deur die provinsiale owerhede gemagtig word om onder meer inligting in te samel en veiligheidsmaatreëls te moniteer, skep die geleentheid vir magsmisbruik en onnodige inmenging in dié opsig,” meen Maree.

Volgens AfriForum behoort skoolgemeenskappe te kan kies of hulle van die departement se hulp gebruik wil maak. “Waar skole nie aan dié brigades toegang tot hulle terreine, personeel en leerders wil toestaan nie, moet dié keuse gerespekteer word.”

Indien dit nie die geval is nie, sal AfriForum beheerliggame met regsadvies bystaan, verseker Maree.

Maroela Media het vroeër berig Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het Dinsdagaand bevestig dat skole op 1 Junie vir gr. 7’s en gr. 12’s sal heropen. Geen aanduiding is egter gegee oor wanneer leerders van ander grade of kinders in kleuterskole en dagsorgsentrums sal kan terugkeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Karlahari ·

Unemployed youth 18 to 35…..
In my boek is youth so van 16 to maks 24 jaar oud.
Skole en kinders word alreeds geteiken deur skelms. Gaan daar agtergrond inligting oor al die aansoekers gedoen word veral na al die wat op parool gaan uitkom?
Die brigade pas by die beeld van daai ander zulu se beret.
Die brigades het maar gesukkel in Angola.

PH ·

Brigades.
Gaan hulle kamoefleer klere dra as hulle opgevoede kinders moet “dissiplineer”?
Nou sal die skole seker sekuriteit moet aanstel om moontlike diefstal en ander bose oortredings te voorkom?

“Drug lords” gaan mos nou ‘n goeie geleentheid sien om verspreiders in skole te werf?

Blikkantien ·

Behoed en bewaar onskuldige skoliere wat dalk aangerand of nog erger dinge mag deurmaak.
“Unemployed youth” op 35?

Fedup ·

They did what? Typical incompetent circus. Think you can train the others? What a joke.

Burgermeester ·

They are a bunch of clowns. It is just sad that the international community is not putting pressure on the ANC Government like they did with the post-94 Government.

Sarel ·

Volgens my het die woord ” Brigades” ‘n Militere Konotasie. Dit kan mos ontmoontlik goedgekeur word .

Burgermeester ·

Nog ‘n stappie nader om in ‘n volwaardige kommunistiese staat te ontwikkel. Nou kry ons ‘n politiese ‘commisar’ in die skole om ons kinders te indoktrineer. Ek het dit voorheen al geskryf, en ek gaan dit weer skryf. Die ANC regering is stadig maar seker om die pseudo-sluier van demokrasie te lig om hulle ware kommunistiese ideologie vir die land te ontbloot.

Fedup ·

What this anc don’t realize. The chinese never share. They will buy this whole country from under the anc then who will be working for who?

Hoekom ·

Een van die dae het ons ook ‘n “president for life”. Oja ons het klaar sy naam is die ANC…

Burgermeester ·

Nes jy daar sê. China en Kuba sal hulle help om die volgende verkiesing te wen.

Boerenooi ·

Ek het so ñ idee daar gaan nie ñ volgende verkiesing wees nie. Opstand teen die regering, ja. 37 000 ++ weermaglede én polisie om die burgers te probeer keer as hulle in hul hordes kos op verkeerde maniere in die hande probeer kry of ons almal in opstand kom omdat ons nie kan eet nie.

Burgermeester ·

Capie, ek stem saam. Ek vermoed (ek het geen bewyse) dat die vorige verkiesings ook maar net ‘n klug was.

Burgermeester ·

Opstand teen die regering is ook ‘n moontlikheid. As die regering aanhou om die verkeerde knoppies te druk, gaan die vonke êrens begin spat.

Michael ·

Jy is heeltemal reg burgermeester, maar die meerderheid van ons ou volkie glo nog steeds rampokker en sy politburo doen dit twv ons “veiligheid”. Hierdie is tipiese kommunistiese optrede-alles en almal moet voortdurend bewaak en beveilig word. As ons nie in ons massas weerstand bied nie gaan ons nog lang trane huil binne ons eie kommunistiese staat.

Burgermeester ·

Ek weet net nie wat dit gaan vat om die volk te laat saam staan nie. Ons het ‘n leier nodig, iemand wat bereid is om vir ons regte te veg. Ons het iemand nodig wat ons kan saam trek, ons weer laat voel soos ‘n waardige volk.

Okmardom ·

Dit moet n grap wees. Kan faktotum en werkers nie soggens sanitise nie. Al hierdie vreemde elemente op die terrein. Wat gaan nie als wegraak nie. Te veel oë bring inbrake snags. Wie het nou weer nie gedink nie.

Nie Verbaas ·

Behalwe vir geld mors. Gaan die brigades dink dat hulle wetstoepassers is wat kinders mag terroriseer?

Pieter J ·

Hierdie is ń groot gevaar vir kinders. Ek dink nie ouers besef mooi wat is die ANC besig om aan te rig nie.

Boerenooi ·

Én die seuns. Deesdae maak geslag nie meer ñ verskil nie.

Robert ·

Geldmors op sy beste en totaal onnodig. Hulle wil net meer Covid Nazis skep.

Nell ·

En raai by watter skole gaan die sambokke en knuppels swaai as die arme leerders dit net durf waag om ‘n maatreël te oortree – by die Afrikaans-medium skole. Hulle gaan ons kinders teiken onder die dekmantel van ”we are saving lives…”
Ek wens daar was ‘n inentingsmiddel teen stupitgeit…

Kokerboom ·

As die Dept maar net sy energie positief wil aanwend om gehalte onderig te verskaf en die be-oogde geldmors wil aanwend om skole se standaard in platteland te verbeter. Stel byvoorbaat ‘n kommissie van ondersoek aan na die be-oogde bedrog!Vervang ook asb die patetiese minister met iemand wat verantwoordelikheid kan neem (skaars kenmerk in Staatsdiens) en tog kan bestuur of net iemand ken wat kan bestuur!!!

Werner ·

Dit pas maat net in by die komustiese land wat ons besig is om te word

4ntj13 ·

Ek wonder hoeveel wat nie eens kon kwalifiseer vir die weermag- en polisie-brigades, sal aangestel word in skool-brigades nie. Dit herinner ook sterk aan destydse dril-oefeninge in skooltyd.

“Hygiene helpers” sou mos ʼn toepasliker term gewees het, tensy ons reg maak om vir die Chinese teen Amerika te moet baklei. Help asseblief!

Anoniem ·

Is hierdie besluit met die Beheerliggame van skole bespreek en het hulle geen se in hierdie saak nie.

Boerenooi ·

Hier kom groot moeilikheid. Sulke “brigades” tussen kinders?

Natasha ·

Jammer maar geen vreemdeling van die straat af gaan naby my kind kom as hy by die skool is nie!

Alida ·

Hier kom moeilikheid. Ons skole moet weier en ons eie blanke werkloses aanstel om die take te verrig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.