AfriForum betree saak oor magte van MRK

(Foto: SA Human Rights Commission/Facebook)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 26 Mei hofstukke ingedien om as vriend van die hof (amicus curiae) toe te tree by ’n saak wat moet bepaal of die bevindings en aanbevelings wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gemaak word, bindend is of nie.

Die appèlsaak ter sprake is South African Human Rights Commission // Agro Data CC & Boshoff, F.G. (Saaknommer: 039/23).

AfriForum voer aan dat die Grondwet asook wetgewing duidelik is dat die MRK nie bindende magte het nie en dat ander lande se instellings, wat soortgelyk is aan die MRK, ook nie bindende magte het nie.

“AfriForum se betrokkenheid as vriend van die hof by hierdie saak is om hierdie relevante oorwegings en internasionale gebruike voor die hof te plaas en die hof by te staan om ’n billike en grondwetlike bevinding te maak,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum. As burgerregteorganisasie vervul AfriForum dikwels hierdie rol om die skep van regspraak positief te beïnvloed.

“Vir burgerregteorganisasies soos AfriForum is hierdie tipe debatte rondom die verdeling van magte en die perke van hierdie mag van instellings soos die MRK van groot belang. Dis opwindend om te kan bydra tot só ’n bakensaak met sulke verreikende implikasies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Die idee agter die MRK is om hul standpunt in wetgewing om te sit. Indien hul die regering kan oortuig dat dit wat hul teenstaan mense se reg aantas kan dit in ‘n wet omgesit word wat dan uitgevoer móét word.

Harley Davidson ·

Die optrede is al lank uitstaande, die MRK is ‘n klug wat daar gestel is om huidige benaadeelde minderhede te vervolg.Die MRK sou ‘n aanwins gewees het sou dit regverdig en met ‘n stel reëls vir almal op n gelyke vlak geopereer het.

Papsak ·

Ja nee daar nie meer so iets vir ons nie want alles word weg gevat van ons af ons nie meer regte op niks nie die MRK tel nie meer in SA nie as daar nog so iets was sou ons nie sonder water of krag gesit het nie

Nettie ·

Dankie en sterkte Afriforum! Ek hoop julle bereik sukses hiermee.

En ek hoop van die vorige sake sal daarna herondersoek word. Dis te laat vir mense soos Penny Sparrow (as haar saak hierdeur geraak sou word), maar mens hoop geregtigheid sal tog geskied in party gevalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.