AfriForum bied hulp aan polisie ná katgriep-epidemie

Die burgerregte-organisasie AfriForum wil ʼn behoorlike oudit van die gesondheids- en leefomstandighede by die SAPD-hondeskool in Roodeplaat in Pretoria-Noord laat doen, nadat katgriep sowat twee maande gelede in dié hondeskool se teelafdeling uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig oor die 75 klein hondjies wat reeds gevrek het nadat katgriep in Augustusmaand in die teelafdeling uitgebreek het. Die epidemie is na bewering eers vroeg in September aan die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) gerapporteer.

AfriForum het sy bereidwilligheid om dringend ʼn deskundige aan te stel vir die oudit in ʼn brief aan die nasionale polisiekommissaris te kennis gegee. AfriForum meen die polisie het sy plig versuim om sy bestaande hulpbronne optimaal te benut deur die honde op ses weke teen die parvovirus (katgriepvirus) in te ent, soos deur die wet vereis. Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, kon die hondevrektes voorkom word.

Luidens AfriForum se verklaring sal hulle stappe oorweeg om die polisie te dwing om te voorkom dat daar nog honde vrek.

Cameron, sê hulle hoop van harte die polisie sal AfriForum toelaat om die nodige hulp te lewer om soortgelyke tragedies te voorkom.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die polisie ’n ondersoek van stapel gestuur om te bepaal of daar enige nalatigheid aan die kant van die polisie was. Naidoo het ook bevestig dat daar reeds op 5 September vanjaar kennis geneem is van die uitbreek van die virus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christien vd Westhuizen ·

Die arme diere daar is mense wat nie eers omgee vir hulle kinders wat nog omgee vir diere

Suzette Geringer ·

Ek sal graag wil weet of hierdie onbekwame klomp verantwoordelik gehou gaan word vir die honde wat dood is as gevolg van nalatigheid.

Anel ·

Gaan doen ‘n oudit van die hele plek. So ruk terug is miljoene spandeer vir lukshede daar. Dit is ‘n regte vakansieplaas. Die honde en hondeopleiding is bysaak. Daar word gepoog om van al die blankes wat iets weet daar ontslae te raak. Die hondeskool in Pta Wes was uitstekend maar dit was glo ‘n apartheidseera instelling.

Elize ·

Sluit die plek, plaas die diere in sorg van mense wat omgee. Ek is seker daar is n paar plaasboere wat die diere sal kan gebruik. Die polisie moet maar sonder die honde klaarkom as hulle nie enige iets verstaan van versorging nie.

Freddie ·

Natuurlik is die Polisie nalatig. Enting op 6-weke, wat is so moeilik omtrent dit? Die ondersoek gaan op niks uitloop nie, soos my ondervinding met hulle. Meer as 10 sake oor die jare aangemeld, selfs met bewysstukke. Terugvoer, gevorde ondersoek of afgehandelde sake se sukseskoers is 0%.

Christa ·

So Moet daar kort kort hulp van die slegte Afrikaner se Kant Kom Om die huidige regeerfers uit verknorsing te help. Hulle Kan na Niks self omsien nie.

Suzie ·

AfriForum: As daar opgraderings plaas gevind het van miljoene rande gaan vra die Generaal wat in beheer is van die Honde Eenheid op Nasionale vlak, hoekom daar nie geld is vir inspuitings en versorging van die honde nie.

Weet nie Meer nie ·

Dit is mense wat na ons veiligheid moet om sien maar hulle kan nie eers na hulle diere om sien nie

Sê maar net ·

Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, die antwoord hierop is spuit die spul in met die katgriep dat hulle kan vrek en kan voel hoe pynlike dood dit is. Ek offer om dit persoonlik te gaan doen.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.