AfriForum boos oor Eskom-versoek

Dr. Eugene Brink. Foto: AfriForum

AfriForum het vandag Eskom se versoek veroordeel om R100 miljard van die elektrisiteitsreus se skuld deur die regering te laat oorneem.

Sulke stappe deur die kragreus sal net groter probleme op ander plekke skep en die verkeerde boodskap uitstuur, sê dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum.

“In die afwesigheid van moeilike besluite wat deur Eskom se bestuur en die regering geneem word om die elektrisiteitsvoorsiener se posisie te verbeter en die elektrisiteitsektor te transformeer, is hierdie versoek onaanvaarbaar.

“Dit stuur die boodskap uit dat die regering, en uiteindelik die belastingbetaler, net later weer die rekening sal betaal as dinge skeefloop.

“Dié massiewe bedrag sal na raming twee [persentasiepunte] by die regering se skuld-tot-BBP-verhouding voeg indien dit deurgevoer word,” sê Brink. “Dit sal ook beleggers en die kredietgraderingsagentskappe negatief jeens die land stem en Suid-Afrika kan dan dalk ’n afgradering te wagte wees.”

Volgens Brink sal die belastingbetaler en die sakesektor wat nou weer onder knaende elektrisiteitsonderbrekings deurloop, hierdie geld net weer ten duurste op ’n ander manier moet finansier. “Die regering sal ook dan duurder moet betaal om hierdie verhoogde skuld aan te suiwer.”

Volgens hom het Eskom en die staat se korrupsie en wanbestuur tot hierdie situasie aanleiding gegee. “R51 miljard se onreëlmatige besteding is deur verskeie staatsinstellings – Eskom uitgesluit – in die 2017/’18-boekjaar aangegaan.

“Dit sluit boonop verkwiste, ongemagtigde en vrugtelose besteding uit,” verduidelik Brink. “Nou word die belastingbetaler dalk weer met ’n las opgesaal terwyl Eskom en die staat nie self hul huis in orde kry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kersfees ·

Die regering sal daai skuld oorneem net dat Eskom weer skuld kan opbou tot regering dit ook oorneem. So sal dit aanhou. Dis dieselfde met SAL en ander departemente.

ZAR ·

Ek stem saam met Afriforum, maar die vraag is waar gaan eskom die geld kry wat aan hulle geskuld word van die munisipaliteite af? Ek glo ‘n finansiële adviseur sal dit kan beantwoord.
Die regverdige wyse sal wees om die bedrae te verhaal van die betrokke munisipale bestuurders wat nooit die geld oorbetaal het nie, maar dit sal aansienlik moeiliker wees, of selfs onmoontlik. Dis eintlik ‘n catch22. Maar eskom het slim te werk gegaan, hulle het die elektrisiteit af gesny met die wete dat daar geweldige druk sal wees op die staat deur die burgery, en as mense onmoontlik begin word dan vra hulle vir die geld van die staat, en die staat sou so in ‘n hoek gedruk wees en dadelik toegegee het, maar nou het intelligente mense begin gate steek in hul leuens en nou vervroeg hulle die datum om die staat te vra. Vinkel en koljander, die een lieg nes die ander.

Vusi ·

Mense, om belasting te betaal moet vir julle ‘n voorreg wees. Word groot en aanvaar julle verantwoordelikhede.

Kasper ·

Net jammer 50 miljoen inwoners in die land deel nie jou sentiment nie, nee dit is net die paar miljoen hard- werkendes se las.

Jacques ·

Werklik Vusi.
Het dit nie dalk tyd geword dat korrupte politici verantwoordelik gehou word vir roekelose en swak bestuur nie? Korrupsie kan slegs uitgeroei word deur toepaslike straf….. onmiddelike afdanking, sonder voordele, plus tronkstraf!!
Die verkeerde boodskap word gestuur wanneer belastingbetalers keer op keer net verder belas word ten einde staatsentiteite uit die verknorsing te help!

Weier ·

Ons sal nie. Ons emigreer. Ons belasting sal vir ‘n beter land gaan. Spel jou naam met ‘n ander letter.

Koos de Meyer. ·

‘n voreg om belasting te betaal is nie ‘n voreg nie. Waar val jy uit. Daar niks meer waarop ons nie meer belasting betaal nie. Al ons geld word geswendel asof dit uit die mode gaan. Onbevoegdheid aan die orde van die dag. Wie se skuld is dit dat hulle in die rooi is. Toe hulle in 1994 oor gevat het was alles in die groen. Hierdie is ‘n bodemlose put. Korubsie, bedrog, diefstal, van ons mede landsburgers teveel om op te noem. Voreg om belasting te betaal my voet.

Frikkie Geld en huis ·

Korrupsie, sonder vervolging, is die huidige elite se voorreg !!

zoom zoom ·

Die berig lees dat van eskom se skuld vir die staat gegee word. Dit word nie die staat se probleem nie dit word die arme belastingbataaler se skuld.

Johan H. ·

Vusi!!! Lees asb n boek,enige boek. As jy een kan kry ,oor besigheid,sal help.. as jy n hond heeltyd met n stok slaan, gaan hy een of ander tyd omdraaie en jou byt. Maar gaan betaal jy gerus belasting. Julle kry ieg. Alles verniet. Ou grootbek!

Gehasi ·

Wat van al die miljarde rande wst munisipaliteite en instansies aan Eskpm skuld. Daar word niks gepraat van planne om dit in te vorder nie? As Eskom sy debiteure boek aan die staat sedeer dan kan die ontvanger van inkomste dit invorder.

Maljan ·

Hou die mense wat die guptas betaak het vir steenkool wat nooit gelewer was nie, verantwoordbaar. Verder betaal elke werker wat meer as R1 000 000 per jaar verdien, af. Hulle is nie eers dít werd nie. Kry ander wat sal werk vir minder. Dan ook almal moet betaal vir elektriseteit, lopendde water en daardie geminagde rdp/hop huisie. Dan ook een kw, een prys ingeag of jy 20 000 kw in sandron od 5 kw in sharpeville koop.

koos ·

Geld gaan Eskom nie meer red- geld koop nie vaardigheid of vermoëns nie….

Diefie ·

Aangesien dit vir jou, Vusi, ‘n voorreg is om belasting te betaal, kan jy maar Eskom se skuld betaal.

De Villiers ·

Daar is soveel bewyse dat die ANC-regering glad nie in beheer is van die land se geldsake nie. Kyk maar na die SAL,SAUK, Denel, die Poskantoor, Transnet ens. Hoeveel munisipaliteite het nie onder hulle beheer bankrot geraak nie. ‘n Duidelike teken dat hulle niks reg kan bestuur nie, is die infrastrukture wat uitmekaar val en nie onderhou word nie. Boonop kweek die regering ‘n kultuur van wanbetaling as gekyk word hoeveel miljarde se skuld jaarliks afskryf word van munisipaliteite, sonder enige nagevolge of straf vir die wanbetalers.
As Eskom ophou om met af te skryf en begin om die agterstallige rekeninge in te vorder van die wanbetalers self, en so weer die kultuur kweek van betaling van rekeninge op tyd, sal al hierdie absurde besluite en aksies wat die ANC neem, soos om R100 miljard se skuld van Eskom oor te neem, nie nodig wees nie.

Martin ·

Eskom base en top bestuur by al hul instansies gaan daai geld net weer bebruik vir hul eie doeleindes, eie salaris verhoog, parytjies hou, huise opknap om maar net n paar te noem.

Henry ·

Los vir ou Vusi.
Hy’s maar net ‘n piet wat na ‘n bietjie aandag smag. :-)
Hou eerder vas en maak seker dat die buikgord stewig vasgetrek is, voor jy koers kies om uit nog ‘n gefaalde Afrikastaat te laat waai.

Stripes ·

As ek so na al die dinge kyk is Rusland en China besig om beheer te kry, met behulp van die ANC, oor RSA se grondstowwe en infrastruktuur. Eers het die Guptah’s die land besit en bestuur. Nou is dit China en Rusland se beurt om te plunder wat daar nog oor is.

Andre C ·

Maroela Media . Dit sal interresant wees om te weet wat by PetroSA aangaan.

Fryingfrog ·

Intussen het die Staat ook die pensioenfonds bekyk en besluit om sowat R400 miljard daarvan in Eskom te “belê”. My ou geldjies is ook daarin en ek sê: “Nie in my naam nie”, maar niemand luister nie! Wat is my kanse dat ek my pensioengeld uit die GEPF kan onttrek in ‘n lomp som en dit self gaan belê in ‘n Maatskappy waarin ek vertroue het? Siener het 100 jaar gelede in ‘n visioen gesien hoe die Afrikaner nakend loop – “alles verloor; ook jul pensioene”, het hy huilend gesê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.