AfriForum boos oor Eskom-versoek

Dr. Eugene Brink. Foto: AfriForum

AfriForum het vandag Eskom se versoek veroordeel om R100 miljard van die elektrisiteitsreus se skuld deur die regering te laat oorneem.

Sulke stappe deur die kragreus sal net groter probleme op ander plekke skep en die verkeerde boodskap uitstuur, sê dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum.

“In die afwesigheid van moeilike besluite wat deur Eskom se bestuur en die regering geneem word om die elektrisiteitsvoorsiener se posisie te verbeter en die elektrisiteitsektor te transformeer, is hierdie versoek onaanvaarbaar.

“Dit stuur die boodskap uit dat die regering, en uiteindelik die belastingbetaler, net later weer die rekening sal betaal as dinge skeefloop.

“Dié massiewe bedrag sal na raming twee [persentasiepunte] by die regering se skuld-tot-BBP-verhouding voeg indien dit deurgevoer word,” sê Brink. “Dit sal ook beleggers en die kredietgraderingsagentskappe negatief jeens die land stem en Suid-Afrika kan dan dalk ’n afgradering te wagte wees.”

Volgens Brink sal die belastingbetaler en die sakesektor wat nou weer onder knaende elektrisiteitsonderbrekings deurloop, hierdie geld net weer ten duurste op ’n ander manier moet finansier. “Die regering sal ook dan duurder moet betaal om hierdie verhoogde skuld aan te suiwer.”

Volgens hom het Eskom en die staat se korrupsie en wanbestuur tot hierdie situasie aanleiding gegee. “R51 miljard se onreëlmatige besteding is deur verskeie staatsinstellings – Eskom uitgesluit – in die 2017/’18-boekjaar aangegaan.

“Dit sluit boonop verkwiste, ongemagtigde en vrugtelose besteding uit,” verduidelik Brink. “Nou word die belastingbetaler dalk weer met ’n las opgesaal terwyl Eskom en die staat nie self hul huis in orde kry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kersfees

Die regering sal daai skuld oorneem net dat Eskom weer skuld kan opbou tot regering dit ook oorneem. So sal dit aanhou. Dis dieselfde met SAL en ander departemente.

ZAR

Ek stem saam met Afriforum, maar die vraag is waar gaan eskom die geld kry wat aan hulle geskuld word van die munisipaliteite af? Ek glo ‘n finansiële adviseur sal dit kan beantwoord. Die regverdige wyse sal wees om die bedrae te verhaal van die betrokke munisipale bestuurders wat nooit die geld oorbetaal het nie, maar dit sal aansienlik moeiliker wees, of selfs onmoontlik. Dis eintlik ‘n catch22. Maar eskom het slim te werk gegaan, hulle het die elektrisiteit af gesny met die wete dat daar geweldige druk sal wees op die staat deur die burgery, en as mense onmoontlik… Lees meer »

Vusi

Mense, om belasting te betaal moet vir julle ‘n voorreg wees. Word groot en aanvaar julle verantwoordelikhede.

Pinkie

Wannerr gaan dit einde kry?

Koos de Meyer.

‘n voreg om belasting te betaal is nie ‘n voreg nie. Waar val jy uit. Daar niks meer waarop ons nie meer belasting betaal nie. Al ons geld word geswendel asof dit uit die mode gaan. Onbevoegdheid aan die orde van die dag. Wie se skuld is dit dat hulle in die rooi is. Toe hulle in 1994 oor gevat het was alles in die groen. Hierdie is ‘n bodemlose put. Korubsie, bedrog, diefstal, van ons mede landsburgers teveel om op te noem. Voreg om belasting te betaal my voet.