AfriForum bring PAIA-aansoek teen DWS oor Kubaanse ingenieurs

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

AfriForum het ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA), teen die departement van water en sanitasie (DWS) gebring, om die kwalifikasies en wettige werkspermitte van 31 Kubaanse ingenieurs wat deur die departement aangestel is, te bekom.

Dít volg nadat dit aan die lig gekom het dat Nomvula Mokonyane, die minister van water en sanitasie, ’n verhoging van R11,3 miljoen aan dié Kubaanse ingenieurs betaal het te midde van gerugte dat die departement bankrot is.

“AfriForum gaan die kwalifikasies en ervaring van die Kubaanse ingenieurs vergelyk met Suid-Afrikaanse ingenieurs wat eerder gebruik kon word om dieselfde gehaltewerk teen ’n bekostigbare, markverwante vergoedingspakket kon verrig het. Suid-Afrikaners sukkel om werk te kry terwyl buitelanders ten duurste aangestel word,” sê Chris Boshoff, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake.

Die Kubaanse ingenieurs se kontrakte sou glo aan die einde van 2017 verstryk, maar is tot Junie 2018 verleng. Die geld wat op salarisse en reiskostes spandeer is, het ook met miljoene rande verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mr P ·

Ons briljante opgeleide hardwerkende wit tegniese personeel met eie besigheid sit by die huis werkloos. Mooi oom Zumpie

Michael barnard ·

In Kroonstad is daar tot Kubanse dokters wat nie eens verstaan wat jy se die sustets opdiens moet aan haar verduidelik eat die problerm is.

Ronel ·

En dan word daar nogsteeds verkeerde diagnose gemaak, want gebaretaal word ook verkeerd vertolk! Boitumelo is veronderstel om ‘n uitstekende hospitaal te wees, maar is reeds vervalle en verwaarloos.

jaco ·

Die meer geleerde mense in kuba is meestal “ligter” van kleur. Ek het dit ook al by Kubaanse dokters hier in SA gesien. So dis vreemd dat wit mense ingevoer word net omdat plaaslike wit mense suiwer weens hulle wit velkleur nie die werk mag doen nie. Ook vreemd dat ons wit mense nie by waterwese mag werk nie, maar die Guptas wat dik met die ANC is, se regsverteenwoordiger is ‘n wit Afrikaanse man. Watse regstellende aksie is dit dan?

Michael ·

Dit is nou rasisme om eerder ‘n persoon van ‘n ander land aan te stel eerder as ‘n Suid Afrikaner net omdat hy wit is

Hein ·

Hier sit ons met duisende werklose ingenieurs en kenners maar Kubane word ingevoer. Hoe dan nou? Is die ANC dan nou vrot tot teen die been?

Afrikaanse Knaap ·

Die ANC moet op ‘n manier vir Kuba en Rusland dankie sê vir hul bydrae om die SA regering op sy knieë te bring.
Die liedjie gaan: “Hoe sê mens dankie na soveel jaar?”
Maklik, jy stel ‘n pophuis vol van die duurste dokters en ingeneurs van Kuba aan, want sodoende betaal jy Kuba se belasting, en jy installer Russiese kern krag.

Manie ·

Die minister het self gesê ons skuld Kuba. Wil net vir haar sê ek skuld hulle niks en as sy so sterk skuld gevoel het vat van jou salaris en stuur dit Kuba toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.