AfriForum by VN: Kollig op rassediskriminasie en “Kill the Boer”-lied

Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge by die Verenigde Nasies (Foto verskaf)

AfriForum het vandag, tydens ’n voorlegging by die sestiende sessie van die Verenigde Nasies (VN) se forum oor minderheidskwessies, die voortdurende voorvalle van diskriminasie en haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika onder die aandag van die forum gebring.

Dié kwessies sluit onder meer in: die dreunsang van die lied “Kill the Boer” deur hoëprofielpolitici; die Suid-Afrikaanse regering se beplande uitsluiting van wit boere van tariefvrye landbou-uitvoere na die Europese Unie (EU) en die Verenigde Koninkryk (VK) indien hulle nie aan sekere raskriteria voldoen nie; en die toepassing van ras as voorwaarde vir watergebruikslisensie-aansoeke.

Volgens Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, is “hierdie forums waardevolle geleenthede om te skakel met ander organisasies wat minderheidsgroepe verteenwoordig, sowel as internasionale rolspelers wat simpatiek staan teenoor AfriForum se saak”.

Die bevindinge wat in AfriForum se voorlegging en verslae uitgelig word, het baie belangstelling onder die verteenwoordigers by die Minderheidsforum gelok, verduidelik Van Zyl.

AfriForum het ook vroeër vandeesweek ’n verslag aan die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) voorgelê. Die internasionale veldtog by die VN is nou afgehandel.

“Met nog ’n suksesvolle internasionale veldtog agter die rug, sal AfriForum nou sy primêre strategie voortsit om staatsbestande, gemeenskapsgebaseerde oplossings in Suid-Afrika verder te vestig en uit te brei,” sluit Van Zyl af.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Julle huil en praat net heeldag van Kill the boer. Plaas laat julle gaan onderhandel om ons jong seuns te laat oplei in ander lande in oorlog voering want dit is wat op ons wag.

minnie muis ·

anc gaan sy agterent afvee, en wegkom daarmee, dankie afrirorum wat vir wereld vertel dit wat anc onder dekmantel van :” fooitog ek ia agtergeblewende ” doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.