AfriForum dagvaar polisie om vir grondgryp te betaal

Die Rooimiere se 2018-aksie op Maserumule se grond (Foto verskaf deur AfriForum)

Die verontregte eienaar van ’n plaas naby Onderstepoort in Pretoria het vandag in samewerking met AfriForum ’n dagvaarding uitgereik teen Bheki Cele, minister van polisie, om die kostes en uitgawes verbonde aan ’n dringende uitsettingsaansoek in 2018 te verhaal. Volgens die burgerregteorganisasie het die polisie versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp wat op die perseel plaasgevind het, uit te voer.

“Die polisie het in Augustus verlede jaar geweier om dr. Motodi Maserumule by te staan om betreders te arresteer wat sy grond wederregtelik betree en begin het om strukture op te rig,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, in ʼn verklaring gesê.

“Dr. Maserumule het AfriForum genader en ’n dringende hofbevel bekom wat gelas het dat die betreders verwyder word, en dat die polisie die balju daarmee behulpsaam moet wees. Maserumule en AfriForum het die Rooimiere ’n mandaat gegee om die betreders en strukture te help verwyder.”

Die Rooimiere se 2018-aksie op Maserumule se grond (Foto verskaf deur AfriForum)

Cameron het verduidelik AfriForum raak betrokke by sake soos hierdie om toe te sien dat die polisie gedwing word om hulle werk te doen. “Ons hoop dat hierdie eis as afskrikmiddel sal dien sou die polisie in die toekoms huiwer om hul grondwetlike mandaat uit te voer. AfriForum sal hierdie litigasieproses deursien ten einde die gemeenskap daarop attent te maak dat die wetstoepassingsowerhede se laksheid nie ongesiens verby gaan nie. Hierdie dagvaarding sal dien as ’n swaard oor die kop van instansies wat deur die Grondwet getaak word om burgers teen misdaad te beskerm. Hulle moet hul mandaat uitvoer of die gevolge dra.”

Die dagvaarding is op die minister beteken. “Hy het die geleentheid om ’n verweer teen die eis te opper al dan nie. Dan sal die proses gevolg word totdat ’n regter ’n beslissing hieroor kan maak.”

Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het bygevoeg in die dagvaarding word daar verder versoek dat die minister ook die regskostes verbonde aan hierdie aksie moet betaal. “Indien hy dus ’n poging aanwend om ’n power verweerskrif te liasseer, en die eis slaag, sal dit ’n duur oefening vir die polisie wees. AfriForum glo dat die polisie aan die einde van dié aksie twee keer sal dink voordat hulle hul plig weier,” het Kamfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

willem Botha ·

Uitstekende nuus,dagvaar die klomp omrede hulle useless is ,hopelik begin fidelity guards hulle werk oorvat, nou net gesien dat hulle die landelike gebiede gaan begin beskerm oor die kastige polisie onbevoeg is om die plaas bewoners te beskerm

Sarel ·

Kan mense nog met begrip lees? Fidility gaan nie die plaaslike gemeenskap beskerm nie maar n ondersteunende rol tot georganiseerdelandbou speel. Ek het reeds verskeiekere tevore probeer verduidelik dat landbou hul verantwoordelikheid besef en ook handel. Daarom die samewekings ooreenkomste. Dit strek reeds veel verder dan Fidility.

Anoniem ·

Presies. Ek bel veel liewer vir Monitor Net as hier moeilikheid is as die polisie. Monitor Net is binne 5 minute hier!! Sekuriteit maatskappye is beter en meer betroubaar as die polisie.

Stephan de S ·

Dis een vd maatreëls tot ons beskikking om amptenare te dwing om hulle pligte na te kom. Dit moet gereeld en onophoudelik gedoen word. Êrens het ek n hofuitspraak gelees van regter (in nuwe SA)waarin hy duidelik uitgestippel het wat die verantwoordlikhede v amtenare teenoor die publiek is. Wonder of daar nie dalk n leser is wat op hoogte is van hoe om hofuitsprake te bekom en dan dit vir ons
deurgee nie. Ek het die weergawe vd uitspraak n paar jaar gelede in Die Burger of Rapport gelees. Geluk AF met jul inisiatief…..mag dit veel dividende lewer

Hendrik ferreira ·

Begin n klassaksie dagvaar hulle vir elke boer wat sy lewe verloor het omrede hulle hulle weet van die probleem maar niks doen om dit te verhoed nie

George in Bloem ·

Dis hoog tyd dat hierdie mense tot verantwoording geroep word vir hul slapgat houding en onbevoegdheid aangaande hul pligte. Cele self is pateties en onbevoeg en behoort nie net vervang te word nie maar ook help betaal vir die skade.

Hb ·

Sal ni help ni. Die polisie of di mense wat daardie besluit geneem het word ni direk geraak ni so hulle gee ni om ni. Belastingbetaler mut maar net meer opdok en so gaan dit aan en aan

Stephan de S ·

Dis een vd maatreëls tot ons beskikking om amptenare te dwing om hulle pligte na te kom. Dit moet gereeld en onophoudelik gedoen word. Êrens het ek n hofuitspraak gelees van regter (in nuwe SA)waarin hy duidelik uitgestippel het wat die verantwoordlikhede v amtenare teenoor die publiek is. Wonder of daar nie dalk n leser is wat op hoogte is van hoe om hofuitsprake te bekom en dan dit vir ons
deurgee nie. Ek het die weergawe vd uitspraak n paar jaar gelede in Die Burger of Rapport gelees. Geluk AF met jul inisiatief…..mag dit veel dividende lewer

Waarheid ·

Die feit dat die polisie versuim om hul mandaat na te kom is vir my van grooter bekommernis as die grodngryping

Msp ·

Fantasies AFRIFORM, as ek kon sou ek maandeliks nog meer bygedrae het. Julle en Solidariteit doen so baie. Baie dankie daarvoor.

aj ·

‘n Staat wat daarin faal om sy burgers te beskerm is DISFUNKSIONEEL.

Ons as burgers moet weier om ons aan so ‘n staat se wette te onderwerp (en belasting te betaal).

Ons moet ons beroep op die Verenigde Nasies om ons te beskerm.

Grysburger ·

Al voorstel wat die agbare Minister mee vorendag kan kom om misdaad in die land te bekamp is om wetsgehoorsame burgers se gelisensieerde vuurwapens te konfiskeer.

Ek hoop hierdie eis slaag. Die polisie het self in die parlement erken hulle kan nie hulle mandaat nakom nie. Dit is nie agv tekort aan hulpbronne nie maar weens swak bestuur en ‘n polisiediens wat wetsgehoorsame burgers teister omdat hulle enersyds kop in een mus met misdaadsindikate is en andersyds bang is vir geharde kriminele.

Irene ·

Wat gaan aan met die mense ib SA. Slaap julle rustig as julle oe toemaak. Ek hoop julle bid as jul oe toe gaan

sweis ·

Ons doen al moet ons onsself beskerm teen skelms en polisie.

Asmain ·

Ek hoop Afriforum vat ook die SAP aan wat net altyd geweldadige protesaksies “monitor” terwyl miljoene rande se skade aangerig word

KrokodilBotha ·

Hehehe goed so. Dis net die tip van die ysberg. Alle staat instansies is vrot.

jaco ·

Het ek reg gelees? Swart mense het ‘n swart man se grond beset? Iets maak nie sin nie.

Kobus ·

Kan ons nie dieselfde optrede kry oor die polisie se onwilligheid om perlemoensmokkelaars en -duikers vas te vat nie. Honderde duikers duik oop en bloot langs die kus van Gansbaai tot Die Damme elke dag wat die weer dit toelaat. Hulle word helder oor dag, oop en bloot op bakkies gesien met duiktoerusting, rubberbote word gebruik om hulle af te laai en die polisie doen niks. Dis nie hulle verantwoordelikheid nie, sê hulle. Dis DAF se werk. Misdaad kan voorkom word as die mense verhoed word om in ʼn beskermde gebied te duik waar scubaduik verbied word. Die onbevoegdheid word natuurlik direk voor die deur van politisie gelê want daar is te veel korrupte amptenare en politisie wat dit nie wil stop nie.

Handre ·

Ek het my voorgeneem dat ek ook oor die Ghoemas konmentaar wil lewer – al het Maroela alle kommentaar gesluit. Kyk wat sê Heidi Edeling aan n woordvoerder van Network24. Sies!: “MultiChoice projects must align with the values of the company,” Heidi Edeling, CEO of the Ghoema Music Trust, told Channel24 in a statement”

Sarel ·

Net om seker te maak dat u kennis neem van my antwoord op Willem Botha se kommentaar. Nou mag die vraag seker gevra word nou waarom dan die aanvalle en moorde? Die boere is totaal bloodgestel.

Nico K ·

En wat die situasie nog belangriker maak, hier kan Afriforum nie beskuldig word dat hy net vir blankes is nie.

Adam ·

Afriforum kan dalk oorweeg om ‘n draai in Orania te maak waar Carel Boshoff ook homself tans in moontlike warm water kan bevind. Dit sal hulle die geleentheid bied om regoor die spektrum hulle te laat geld en kan hulle dalk selfs ‘n paar van ons mede-burgers genees van hul verknogtheid aan selfbeskikking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.