AfriForum dien besware teen grondonteiening in

Ernst Roets oorhandig die memorandum, petisie en verslag aan Pat Jayiya by die kantoor van die hersieningskomitee by die parlement (Foto: AfriForum)

Die burgerregtegroep AfriForum het Dinsdagoggend hul besware teen die onteiening van grond sonder vergoeding ingedien by die parlement, vergesel van ‘n petisie onderteken deur 250 000 mense.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het ‘n hele rits dokumentasie persoonlik by die parlement kom afgee om te verseker dit kom by die regte amptenaar uit.

Drie afsonderlike dokumente is aan die parlement oorhandig. Eerstens was daar die memorandum wat AfriForum se besware teen onteiening sonder vergoeding saamvat. Dit het verskeie onderafdelings en sit die besware redelik in besonderhede uiteen.

Tweedens is daar die petisie teen onteiening sonder vergoeding, met die handtekeninge van die 250 000 mense wat dit onderteken het. Derdens het AfriForum ‘n verslag oor grondbesit oorhandig aan die ad hoc-komitee wat die kwessie ondersoek.

Die ad hoc-komitee, wat uit LP’s van verskillende partye bestaan, met Vincent Smith van die ANC in die stoel, het tot Augustus om die wenslikheid van onteiening sonder vergoeding, en ‘n moontlike verandering van die eiendomsklousule (artikel 25 van die Grondwet) om dit makliker te maak, te ondersoek. Die publiek het tot 15 Junie (Vrydag) om skriftelike voorleggings aan die ad hoc-komitee te doen.

Dit lyk tot dusver asof die meeste individuele voorleggings wat die parlement sedert die ontstaan van die huidige grondwetlike bestel oor enige kwessie ontvang het, oor onteiening sonder vergoeding ontvang is.

Volgens Roets het AfriForum ook drie briewe aan die ad hoc-komitee gerig. Die eerste is ‘n algemene dekbrief oor onteiening sonder vergoeding, die tweede is ‘n versoek om ook mondelinge voorleggings in die parlement te doen oor die onderwerp en die derde is ‘n regsmening oor die ontoereikendheid van die proses van openbare deelname wat tans gevolg word.

Volgens Roets meen AfriForum die proses wat tans gevolg word, is problematies, maar die organisasie meen mens moet maar in elk geval daaraan deelneem. “President Ramaphosa se stellings oor onteiening, en sommige komiteelede se klagtes oor AfriForum se deelname aan die proses laat egter vrae oor die grondwetlike geldigheid van die proses ontstaan,” het Roets gesê. Hy meen die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak is geskoei op ’n verdraaide beeld van die verlede, ’n bedrieglike grondoudit en ’n verwronge begrip van basiese ekonomiese beginsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

koorsblaar ·

tyd mors. was enige huidige grond eienaar berrokke by die stiksiendes wie desryds apartheid ingestel het? maar ramaphoza wat veronderstel is im n geleerde man en nofal n wetsgeleerde het ingeval by die eff se begeerte im blankes te straf en te verneder oor die voorvaders hulle grond aan blankes verkwansel het. hoe belaglik tof.

rollie ·

Dis die verskil tussen nou en toe. Ons het nou ‘n demokrasie waar almal kan insae lewer. Die Apartheidsregering het soos ‘n onafhanklike broederbond geopereer en hulle slinkse planne tussen mekaar in die binnekamers beraam en die res van die bevolking uitgesluit.

Antiestabliesment ·

Grond eienaars wat Christene is het probleme ou koorsblaar. Want die Bybel sê mos die sondes van die vaders sal besoek word aan die kinders tot in die vierde geslag.

Ja ·

@Antiestablishment, ja hier in die distrik is swart stamme wie se voorvaders in die vroee 1800s ander swart stamme baie erg wreed aangeval en vermoor het, vroue en kinders en al. My voorvaders het grond gekry in n ooreenkoms waar n ander swart stam reeds beskerm was teen die aanvallende stamme, en die stam was toe inderdaad beskerm en hulle nageslag leef tot vandag nog gelukkig op daardie grond.

Joshua ·

Hou asb tog net die ANC se AGRI broeders weg van hierdie Verslag.

Kaufman ·

Ons moet asseblief almal ook skryf voor vrydag. Waarheen kan ons ons briewe stuur? Dankie AFRIFORUM vir julle goeie werk.

Basjan ·

Die Stem, het jy onthou om genoeg seëls op te plak? En onthou, die Poskantoor se diens is in sekere dele van die land maar baie stadig. Jy moet maar duimvashou dat jou brief betyds daar sal uitkom.

Nuus van IMF ·

Ek lees nounet die IMF het nou ons regering gevra om planne vir grondhervirming duidelik uiteen te sit om onsekerheid te stop.

rollie ·

Dis nou die regte manier om dinge te doen, hardloop later oorsee as dinge verkeerd loop. Welgedaan.

Die Stem ·

Dankie Afriforum.
Ons moet uitspring voor die water kook.
Dis nie reg dat eiendomsreg geskenk word nie. Nooit nie.

Reguit ·

So gepraat van “die wonderlike beskerming wat papier jou bied in Afrika”. Sal maar sien wat Afrika met al daai dik pakke papier gaan maak……. Intussen…… Kry liewer solank jou paspoort reg.

Selfbeskikking ·

Ja en ‘n eie onderhandelde land vir die wat nie kan vlug nie. Maar trek gaan ons moet trek want malema het ons gister weer op internasionale tv gedreig.

Antiestabliesment ·

@selfbeskikking
Ek deel jou sentiment oor n eie plek. Waarom ondersteun ons nie die Koi en San groep wat klaarblyklik reeds die Kaap van SA afgestig het? Hulle het groter kans as ons om internasionaal erkenning te kry vir n nuwe land.

Google “King Koehaba Conelius III Sovereign state of good hope”

jaco ·

250 000 handtekeninge is meer as die aantal stemme wat die VF-PLUS in 2014 en in 2016 gekry het. Maar amper 1 miljoen het in 1992 nee gestem, so ek wonder waar is die res. Ek weet mense sterf, ek weet party stem nou DA en ek weet party het SA verlaat, ek weier egter om te glo dat daar regtig net tussen 160 000 en 250 000 van ons eie konserwatiewe Afrikaners oor is. Iewers is ‘n groot klomp van ons eie mense wat net eenvoudig nie meer belang stel nie. Soos ‘n paar stoere regses uit die ou dae al vir my gesê het: “ek stem nie meer nie, want ons het ons kans gehad. Dis nou’ hulle’ kans”. Met so ‘n slap houding help al dié apatiese mede-Afrikaners lekker om ons mense se ondergang te bewerkstellig.

Potlood ·

onse mense lewe in hulle eie bubbles en sal enige iets doen om te keer dat dit nie gedryg word om te bars nie… Dus, sal hulle nie juis te veel worry oor hierdie indien dit hulle nie reeds raak nie…

Oom Kalahari ·

Daar is ‘n link waar mense kan gaan registreer teen dit. Dankie aan Afriforum vir jul opofferinge.

Susan VL ·

Ek is regtig nie bang vir enige dreigement van malema nie. My God is baie groot. Wat jy saai sal jy maai. En ja…dankie Afri..vir wat jullle doen en nog steeds doen.Dankie ook vir die wie se geloof net so sterk is.

Tertia Human ·

Dankie Agri Forum vir julle harde werk
Eerstens wil ek alle boere versoek as ons nie hierin slaag nie en die regering wil ons grond vat sonder vergoeding breek alles af tot op die grond dis jou geld wat dit gekoop het waarvoor jy gewerk het haal jou boorgat pompe uit en gooi die gat toe met skroot sodat hy NOOIT OOIT OOP GEBOOR KAN WORD NIE – Hallo Banke kry vir julle al die skuld!! En Hallo Suid Afrika hier gaan ons vrek van die honger!!
E

Charles ·

Duisend dankies Afriforum, loop dinge skeef (wat dit gaan indien die stomme beleid deurgevoer word en geweld uitbreek) sal ons weet soos Gen Beyers dit gestel het dat reg aan ons kant is, en dat ons alles moontlik gedoen het om die katastrofe te verhoed.

Oom Kalahari ·

Maak daai grond heel onvrugbaar. Voorouers het dag en nag geswoeg en sweet en hard betaal aan daai stukkie aarde as om dit so weg te gee vir iemand wat dit nie gaan/sal waardeer nie en plakkers kampe soos paddastoele gaan opspring. Ek vernietig alles wat ek het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.