AfriForum dien klag van haatspraak teen Dookoom in

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n klag van haatspraak teen die Kaapse hip hop-groep Dookoom by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

In die klag word die MRK gevra om die lied “Larney Jou P#*s” sowel as die musiekvideo wat vir dié lied vervaardig is tot haatspraak te verklaar.

Maroela Media het vroeër berig oor dié video waarin baie erge kru taal gebruik word en mense aangemoedig word om plase af te brand.

AfriForum het op 12 Oktober 2014 ’n skrywe aan die groep gerig, waarin hulle versoek is om die lied en musiekvideo binne 24 uur te onttrek.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het die lied as ’n growwe vorm van haatspraak bestempel. “Die lied bevat ’n reeks uiters rassistiese en neerhalende opmerkings teenoor witmense oor die algemeen. Ons het talle boodskappe ontvang van mense wat erg deur hierdie lied gekrenk voel.”

Die lied begin en eindig met die lirieke:

Farmer Abrahams had many farms,
and many farms had farmer Abrahams,
I work one of them and so would you,
So let’s go burn ‘em down.

In die tweede vers word die stellings gemaak dat Van Riebeeck met ’n groep bandiete in Suid-Afrika gearriveer het, dat sy afstammelinge gemors is en dat witmense booswigte is omdat dit in hulle bloedlyn is. Die musiekvideo bevat ’n toneel waar ’n aantal plaaswerkers ’n boer se plaas betree en aan die brand steek.

“Die mees beledigende woorde in die Afrikaanse taal word gebruik om witmense in die lied te beskryf. Die realiteit is ook dat boere in hierdie land reeds uiters kwesbaar is en in buitengewone getalle aangeval, vermoor en selfs gemartel word,” het Roets gesê.

“Artistieke vryheid en vryheid van spraak moet beskerm word, maar dit verander nie die feit dat die lied ’n oorskryding van die gelykheidswet is en dat haatspraak nie deur die reg op vryheid van spraak beskerm word nie.”

Roets het bygevoeg dat die toets vir haatspraak nie gesetel is in wat die kunstenaar beweer sy bedoeling met die lied is nie, maar eerder of dit redelikerwys vertolk kan word as dat dit ’n voorneme demonstreer om kwetsend of skadelik te wees, of dat dit skade of haat aanhits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

J Blom ·

Dankie Afriforum en sterkte met jul voortgesette beskerming van ons regte/veiligheid.

Estelle ·

Hy moes homself kondoom genoeg het, want “obvious: het hy rubber oor sy brein!

Sune van Heerden ·

Dagsê L Human

Ons het Gerald se kommentaar verwyder omdat dit inderdaad haatspraak was.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Paul ·

Het Gerald nie dalk net te naby aan die waarheid gekom en was hy nie meer polities korrek nie?

VerVanRyn ·

Gerald, ek dink jou Bybel is gebreek of jy weet nie hoe om dit te lees nie. Die Christelike geloof waaraan ek kleef is nie een wat een ras of kultuur of taal bo ‘n ander stel nie. Pattente gaan my nie in die hemel kry nie. Dit is darem maar troosteloos as dit is hoe jy die skepping en verlossing verstaan. My troos lê in Christus, in Hom glo ek nie in my voorvaders se pattente nie. Hy maak nie onderskeid gebasseer op jou ras en wat jou ras vir die mensdom beteken het nie. Nee, Hy het sy dissipels na al die nasies en volke gestuur om die wonder van die evangelie te verkondig.

Drieks ·

Mense sluit aan by Afriforum asseblief en help so ons land. Dankie Afriforum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.