Die klagte spruit voort uit die onregmatige optrede van die Suid-Afrikaanse regering om te verhoed dat AfriForum aan die aktiwiteite van die VN deelneem.
AfriForum onthul vandag dat die hoofdirekteur: menseregte en humanitêre sake by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIBS) op 2 Februarie 2015 vanuit Pretoria aan ’n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger by die VN se Hoofkantoor in New York instruksie gegee het om alles in sy vermoë te doen om te verhoed dat AfriForum se aansoek om by die VN se afdeling vir nie-regeringsorganisasies te registreer, misluk.
AfriForum is sedert 2011 in die proses om ingevolge ECOSOC Resolusie 1996/31 by die vermelde forum te registreer. Die prosedure vir registrasie is prosedureel van aard en lidstate van die VN wat op die keuringspaneel verteenwoordig word (wat Suid-Afrika insluit), word verbied om politieke voorkeur as beweegrede te gebruik om organisasies voor te trek of te benadeel.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, wat die sessie in New York bygewoon het, is egter persoonlik deur ’n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering meegedeel dat die Suid-Afrikaanse regering nie fout kon vind met AfriForum se aansoek om by die VN te registreer nie en dat die regering se probleem met AfriForum slegs polities van aard is. Die verteenwoordiger het Roets meegedeel dat AfriForum volgens die regering “te luidrugtig” en “te arrogant” is en dat dít die rede is waarom die regering “sal baklei” om deure vir AfriForum by die VN toe te maak.
As voorbeeld van AfriForum se “arrogansie” het die verteenwoordiger spesifiek verwys na die feit dat AfriForum VN-forums gebruik om bewusmaking oor plaasmoorde te skep sowel as die feit dat AfriForum destyds beswaar aangeteken het teen die feit dat die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, genooi is om die inhuldiging van president Jacob Zuma by te woon. Hierdie beswaar is aangeteken met verwysing na die onderdrukking van Suid-Afrikaanse burgers in Zimbabwe.
Roets het gesê dat hierdie soos die optrede van ’n totalitêre staat lyk wat daarop uit is om minderhede in die geheim te onderdruk. “Indien die regering egter gedink het dat hulle pogings sal help om AfriForum stil te maak, het hulle presies die teenoorgestelde bereik,” aldus Roets.
Afskrifte van die klagte is ook aan die spesiale verslaggewer op die reg tot vryheid van vreedsame vergadering en assosiasie asook aan Pitso Montwedi, hoofdirekteur: menseregte en humanitêre sake by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIBS), oorhandig.
Dankie aan Ernst en AfriForum dat julle names ons baklei. Ek vra aan al die Maroela lesers om saam te bid vir hierdie aksie. Dit is al kans wat ons het in Suid-Afrika as blankes(minderheid)om ons self te beskerm teen hierdie donker magte
Wonder wie is arrogant?.die ANC (Regering) is so arrogant dat jy dit feitlik nie kan beskryf nie,lag vir die domokrasie.Hou nie daar van dat hulle swak bestuur, korupsie en die misken van minderheids regte uitgewys word nie.
En julle dink die VN is julle goed gesind? Die VN is satan se grootste gereedskapstuk. Word wakker dit is juis as gevolg van hulle dit ons sit waar ons doen. Wat het hulle gedoen vir die blankes in Zimbabwe? Dis reg, die selfde wat hulle vir ons gaan doen. Niks
So… wat presies wil jý doen anders as om beledigings te sit en uitspoeg op openbare forums? Ook nìks soos waarvan jy die VN beskuldig? Ook niks en net sit en kla…. kla. Lig jou en probeer ten minste iets doen en nie bloot ‘n struikelblok te wees vir die wat wèl iets wil doen.
Dankie AfriForum, en voorspoed.
Dis bietjie soos om by die duiwel te kla oor iemand anders se onregverdigheid. :)
Julle dwase…duidelik weet julle nie met wie julle deel nie.. die VN is die grootste menseregte skenders in die geskiedenis..
Julle skape gaan huil nou by Wolf oor Jakkals se optrede..lees die Bybel en verstaan wat God vir julle se..die oorlog is teen duistere magte en nie teen vlees en bloed nie. Julle sal niks vermag sonder God aan julle kant nie.