AfriForum dien kommentaar in teen voorgestelde 5G-beleid

5G-tegnologie is aansienlik vinniger as die internetsnelhede waaraan Suid-Afrikaners gewoond is.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag kommentaar teen die konsepbeleid en beleidsaanwysing oor die snel ontplooiing van elektroniese kommunikasienetwerke en fasiliteite – die sogenaamde 5G-beleid – by die departement van kommunikasie en digitale tegnologie ingedien. Volgens AfriForum bevat dié konsepbeleid verskeie kommerwekkende bepalings wat onder meer inbreuk maak op eiendomsreg en bepaalde veiligheidsrisiko’s vir grondeienaars kan inhou.

Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, sê die organisasie dui in sy kommentaar aan dat dié organisasie op geen wyse teen tegnologiese vooruitgang gekant is nie, maar dat dié vooruitgang wel op ’n verantwoordelike en grondwetlike wyse moet geskied sonder om mense se fundamentele regte te skend.

“Die beleid bepaal onder meer dat die installering van 5G-toerusting sonder grondeienaars se toestemming gedoen mag word. Boonop sal persone wat hierdie toerusting moet oprig – wat maste, torings en optiese vesel sowel op pale as in ondergrondse kanale insluit – toegang tot eiendom hê met of sonder die eienaar van daardie eiendom se toestemming om dié toerusting uit te lê en op te rig,” sê Kamfer.

Installeerders hoef volgens die beleid slegs redelike kennis aan grondeienaars te gee dat hulle dié 5G-toerusting gaan installeer. Die eienaar van die grond waarop die toerusting aangebring word, sal ook nie noodwendig geregtig wees op vergoeding nie.

Volgens die 5G-beleid hoef die regering voorts nie ’n serwituut teen die titelakte van die eiendom vir die installasie en oprigting van die bogemelde te registreer nie, maar slegs ’n gebruiksreg by die nodige owerhede.

“Een van die grootste bekommernisse wat ons met die 5G-beleid in sy huidige formaat het, is dat dit grondeienaars aan verskeie gevare blootstel. Eerstens word daar inbreuk gemaak op mense se eiendomsreg. Tweedens kan die regering, gegewe die uitermatige hoë misdaadsyfer, nie verwag dat grondeienaars bloot per kennisgewing ingelig word dat vreemdelinge hul grond gaan betree nie,” sê Kamfer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

4ntj13 ·

Gmf! Daai kommersieel-verwante toegang sal indruis teen my redeliker reg op veilige verblyf of werk. Dit mag dalk in ʼn blikkiesdorp werk, maar nie tussen my mense waarop soveel kriminele blykbaar jaloers is nie.

Eltan ·

Hulle moet maar opdaag…ek skiet eers en vra vrae later…GEEN maar GEEN persoon is geregtig om net iemand se eie grond te betree sonder hul toestemming nie…en as ek se nee is dit nee…en indien jy nog steeds my grond betree doen jy so onregmatig en mag ek my en my gesin geskerm teen enige gevaar..

Persheks Adri ·

Ek stem 100% saam met jou! Dis PRIVAAT eiendom! Jy sal gesien word as ‘n oortreder klaar

Persheks Adri ·

Gaan lees ons petisies. Ons het uitdruklik gesê dis privaat eiendom nie die bank s’n nie. Jy sal gesien word as ‘n oortreder op MY eiendom so nee gaan plant jou paal by die regering se mense se huise so gaan roof en moor daar punt klaar!

Anel ·

Julle kan maar op our people se grond kom en gaan soos julle wil, maar by my kom julle nie in nie. Punt.

Andre ·

Net nog ‘n manier om goedkoop informasie oor eiendam te bekom.

heinrich ·

Wat van die eienaar en sy gesin se gesondheid, ek meet tans my omgewing en die RF, LFM en LFE lesings is reeds hoog. waar is die navorsing dat 5G veilig is, kyk net hoe vernietig die bestraling bome, en kyk na reporte dat voels invlug dood neer val, ens….nee wat die bekommernis is veer meer as net einidoms reg maar ook gesondheids reg! word wakker SAners—

Vlooitjie ·

En hierdie tipe stelling gaan afgemaak word as conspiracy nonsens ens ens, maar niemand wil net oop kop begin dink en meer gaan oplees oor die gevare nie, want almal aanvaar en glo “HULLE” sal mos nie ons in sulke gevaar sit doelbewus nie! Ons groot probleem is ons question niks en wanneer iemand teen dit praat word jy summier ge-lable as ‘n weirdo, maar niemand sal net bietjie verder gaan oplees as wat ons gevoer word nie.

Pieter ·

Volgens omgewingswetgewing hou ‘n selfoontoring ‘n gesondheidsgevaar in agv bestraling en moet die nodige impakstudies gedoen word. 5G is meer intens in bestraling as 4G. En nou is dit nie nodig nie. Ruik ‘n groot rot. Maste opsit sonder my toestemming = onteiening sonder vergoeding. Kan my eiendom se waarde beïnvloed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.