AfriForum dien kommentaar teen NGV by parlement in

(Argieffoto: pixabay)

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy het sy kommentaar teen die “vernietigende wetsontwerp” oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) Donderdag by die parlement in Kaapstad ingedien. Die organisasie het ook ʼn verteenwoordiger van die portefeuljekomitee oor gesondheid gevra om die datums en plekke vir die openbare deelnameproses te voorsien.

AfriForum sê die regering – en spesifiek die gesondheidsdepartement – se baanrekord vir die besteding van belastinggeld en die bestuur van staatsbeheerde entiteite, is uiters swak. Die departement kan dus nie met meer as R446 miljard per jaar (dis wat AfriForum bereken NGV gaan kos) vertrou word om die gesondheidsorg van die hele land se mense te bestuur nie.

Volgens die ouditeur-generaal (OG) se 2017-’18-ouditverslag word net meer as die helfte van die nasionale departementele begrotings aan die departemente van onderwys, gesondheid en openbare werke toegeken, asook vir die inwerkingstelling van sleutelprogramme om die gesondheid en welsyn van Suid-Afrikaners te bestuur.

Tog toon dié drie departemente die swakste uitsette van alle departemente, het AfriForum gesê.

Die provinsiale gesondheidsdepartemente het nóg swakker gevaar en is volgens die OG in ’n haglike toestand. Die algehele tekort wat provinsiale gesondheidsdepartemente vir dié tydperk getoon het, is R8,4 miljard.

“Dit is dus duidelik dat verreikende ingryping in provinsiale gesondheidsdepartemente noodsaaklik is. Die NGV is egter nié die manier om dit te doen nie. Minister [van gesondheid] Zweli Mkhize behoort eerder sy aandag aan die regruk van die gesondheidsdepartement te wy,” het Natasha Venter, AfriForum se veldtogbeampte vir die NGV, gesê.

“Dit sluit die aanstel en opleiding van bekwame mediese personeel, die opgradering van bestaande staatshospitale en -klinieke, asook die drastiese besnoeiing van ongemagtigde, onreëlmatige en verkwistende uitgawes in.”

Venter het gesê die regering behoort versigtig te wees vir programme soos die NGV, aangesien dit meer druk op die reeds wankelende staatsgesondheidstelsel gaan plaas.

“’n Aanvullende stelsel, waar mense kan kies om privaat gesondheidsorg te ‘koop’ as hulle dit kan bekostig, verlig juis druk op die staat se beperkte hulpbronne, wat in praktyk die vlak van gesondheidsorg vir almal behoort te verhoog. Ongelukkig is daar fundamentele gebreke in ons staatsgesondheidstelsel: wanbesteding en onverantwoordbaarheid.

“Totdat dít opgelos word, gaan die land se gesondheidsorgstelsel siek bly. Belastingbetalers kan egter nie meer gedwing word om vir die regering se gebreke op te dok nie,” het Venter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jerry

Dankie Afriforum, nou weet die ANC staat om presies R 446 miljard vir NGV vir die eerste jaar van belastingbetalers in te vorder, dit is ontstellend baie meer as wat die ANC op gereken en op gehoop het. Hopelik is daar nie nog slimjan insette in julle kommentaar wat die ANC staat sal kan byvoeg by die NGV wat verder kan strek tot belastingbetalers se nadeel en tot die ANC se voordeel. Almal weet tog dat die ANC berug geraak het daarvoor dat hulle slegs die hoogste tenderbedrae aanvaar, dus sal die ANC julle tenderbedrag VERWELKOM as hulle nuwe eie… Lees meer »

marous

Niks anders as die begin om hul vuil kloue in die privaat sektor se hard verdiende geld te slaan nie . Dieselfde met privaat pensioen fondse . Die staats pensioen fonds is reeds gestroop . Dis die waarheid .

Zorro

Afriforum is nie orals immer-gewild nie, maar hulle is die enigstes wat nog iets doen. Doen so voort asb.

Maljan

Al sê 9/10 Suid-Afrikaners “NEE” vir NGV sal die ANC voortgaan en dit implimenteer want dit is die breinkind van een van die kaders. Mense, luukse is voortaan uit vir diegene wat goeie mediese sorg wil hê. Namibia, Botswana, Zambië het hopelik goeie Drs.

humor

Nie net die besnoeiing van ongemagtigde onreelmatige, verkwistigende uitgawes nie, maar die algehele beindiging daarvan. Besnoeiing sal sekerlik verkeerdelik vertolk word.!!!!!!!!!