AfriForum dien sy kommentaar oor artikel 25 in

Ernst Roets. Foto: Reint Dykema

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Donderdag sy kommentaar op die voorgestelde wysigings van artikel 25 van die Grondwet ingedien en is van voorneme om verskeie regsaksies teen grondonteiening sonder vergoeding van stapel te stuur, sou dit nodig word.

AfriForum voer in sy kommentaar aan dat die onteiening van grond sonder vergoeding ongrondwetlik en onregverdig sal wees.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê in ʼn verklaring die organisasie is sedert 2018 in ’n regstryd gewikkel om die grondwetlike hersieningskomitee se verslag as ongeldig te verklaar weens verskeie prosedurele gebreke in die aanloop tot die aanvaarding van die verslag. Dié hofsaak sal waarskynlik in die komende jaar aangehoor word. Die komitee se verslag beveel aan dat die wet verander word om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.

Roets herinner dat AfriForum ook reeds ’n regsmening by die parlement ingedien het waarin aangevoer word dat die voorgestelde wysiging van artikel 25 strydig is met verskeie ander bepalings in die Grondwet.

(Argieffoto: pixabay)

“Eerstens skend dit artikel 25 van die Grondwet op verskeie maniere, aangesien grondbegunstigdes net toegang tot grond sal kry, terwyl die staat steeds die grond sal besit. Die toepassing van hierdie beleid sal verder beteken dat wit mense uitgesluit word van die regering se toekenning van grond. Slegs persone wat as voorheen benadeel gedefinieer word (swart Afrikane, bruin mense en Indiërs) sal as begunstigdes oorweeg word.”

Volgens Roets word “voorheen bevoordeelde” wit mense uitdruklik genoem as persone wat nie kwalifiseer om aansoek te doen vir grond nie. Wit militêre veterane word ook uitgesluit, terwyl militêre veterane wat ná April 1994 in die weermag was, as begunstigdes geprioritiseer word.

Die organisasie is van mening dat, sou die wysiging aanvaar word, beleggers hul aan die land sal onttrek aangesien nywerheidsgrond net van die staat gehuur sal kan word.

Die staat sal dus eiendomsreg oor die grond hê en kan stipuleer vir watter doel die grond gebruik moet word. Die departement sal ook die grond kan terugeis indien dit nie gebruik word vir die doeleindes wat oorspronklik bepaal is nie.

Maroela Media het vroeër berig lede van die publiek het nou tot 29 Februarie om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings van artikel 25. Sou die wysigings aanvaar word, sal die onteiening van grond sonder vergoedig wettig verklaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SomeOne ·

ek , ons , wit mense gaan baklei wat ons s’n is, ekt betaal vir my stukkie grond en wat daarop is

Leon ·

Wel die kaders soek grond alla Zimbabwe. ‘n Man het ‘n stukkie grond nodig as jy klaar geskep het em jy die ander kaders ‘n kans wil gee om te skep.

Willem ·

Diefstal bly diefstal al maak die diewe ‘n wet wat bepaal dat dit wettig is.

Michiel ·

Wie bepaal nou of jy “wit’ is: die staat, of jyself?
Wit is geen kleur, wit is kenmerkend aan naasteliefde, sorgsaamheid, ruimte gun aan andere kulture. Dit is ook ons Afrikanerkultuur.

Ons laat onsself boelie deur ‘n vreemde kultuur. Ons (of ouers) was gewoond aan ‘n gestruktureerde ordelike Westerse samelewing. Die tyd is verby.
Ons het mos geen eie kleine landje soos Swaziland, geen grondwet, geen volkseie regering, geen eie politieke partye. Ons ploeter maar voort.

Anoniem ·

Wit militêre veterane soos ek word uitgesluit, terwyl terroriste veterane ingesluit word. Presies dieselfde pad as Zimbabwe.

johan ·

Dankie vir julle onbaatsugtig diens. Mag ons julle sterk hou in ons gebede.

katerinadiekat ·

Wat van witmense wat Nie voorheen bevoordeeld was nie? Witmense wat nog altyd arm was, en diegene wat in plakkerskampe krepeer? Die ANC mag dit ongelooflik vind maar daar was baie witmense gedurende apartheid wat nog Nooit bevoordeeld was nie.

Jan ·

Die anc weet alles wat jy se maar jy verstaan nie hulle agenda nie…hulle wil die wit ras uitwis..en kyk maar hoeveel jide is in die anc se leierskorps..

Cherokee ·

Wit vel word beskou as ‘n voordeel vir die Witvel, Katarinakat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.