AfriForum doen voorlegging aan VN in Genève

VN-in-Switserland

Die VN se kantore in Genève in Switserland. Foto: Commons.wikimedia.org

Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug het Donderdag voorleggings aan die tiende sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, gedoen.

Die tema van vanjaar se sitting is jeugkwessies en sluit onder meer kwessies in soos onderwys, die jeug se deelname aan openbare kwessies en benutting van die media om hulle minderheidsregte te bevorder.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is deelname aan hierdie byeenkoms van groot belang.

“Dit is ’n platform waar minderhede en hul burgerlike instellings ’n geleentheid kry om die vraagstukke wat hulle in die gesig staar nie alleen onder die VN se aandag te bring nie, maar ook aan internasionale liggame en drukgroepe bekend te stel. Netwerke word gebou en beste praktyke ondersoek wat die bevordering en beskerming van regte betref.”

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, stem saam dat deelname aan die forum se werksaamhede noodsaaklik is. “Ons benut spreekbeurte by die forum, asook die indien van ’n verslag om duidelik te maak op watter wyses daar teen ons jeuglede gediskrimineer word en hoe die owerhede mense van toekomsgeleenthede beroof deur byvoorbeeld die afdwinging van eentalige onderwys, kwotastelsels en ’n program van regstellende aksie sonder ’n afsnypunt.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Ek is trots op jule en stel minderhede belag op die voor grond. Dankie.

Riette ·

Hoop daar was Landbou studente ook wat die kwessie van plaasmoorde en onveiligheid van hul toekoms as boere kon uitlig!!

Eish ·

Uitstekende werk. Gebruik elke geleentheid, krap die roof aanmekaar stukkend. Frustreer hul in die afgrond in. Baklei vir ons regte.

Voorstel ·

In lig van die Jeug-fokus vd vergadering vertrou ek dat Afriforum lig die VN oa. in oor die Oktober 2017 voorval waarby Graad 10 Voortrekkers uit die Pretoria raadsvergadering verjaag is nadat hulle toestemming by die burgermeester ontvang het om die vergadering by te woon om waar te neem en te leer hoe stadsbestuur werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.