AfriForum: ‘EFF wil Tuks-kampus onregeerbaar maak’

Studente Maandag op die Tuks-kampus. Foto: Adéle Changuion

Studente Maandag op die Tuks-kampus. Foto: Adéle Changuion

Die EFF se stryd teen Afrikaans is net ʼn volgende stap in sy veldtog om die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) onregeerbaar te maak met die oog op mobilisering en publisiteit vir die komende munisipale verkiesing, het AfriForum Maandag gesê.

Die burgerregte-organisasie het hom uitgespreek ná ʼn dag van betogings op die Tuks-kampus deur lede van die #UPBlackMonday-beweging, wat skynbaar grootliks uit lede van die EFF bestaan. Klasse moes Maandag afgestel word en die polisie is ontbied terwyl gemoedere tussen die #UPBlackMonday-beweging en lede van AfriForum Jeug hoog geloop het op die kampus.

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die organisasie het Maandagmiddag met prof. Cheryl de la Rey, rektor van die universiteit, vergader. Tydens die vergadering is verskeie sake van belang en die vinnige voortsetting van die akademiese program by die universiteit bespreek.

“Die versekering is aan AfriForum gegee dat ʼn finale besluit oor Afrikaans as onderrigtaal nog nie geneem is nie,” het Kriel gesê. “Prof. De la Rey het onderneem om ʼn vergadering tussen AfriForum en die universiteit se taal-taakspan te reël, om aan AfriForum die geleentheid te bied om insette rakende UP se taalbeleid te lewer voordat dit na die universiteitsraad vir besluitneming verwys word.”

Kriel het beklemtoon dat AfriForum daartoe verbind is om ʼn vreedsame oplossing vir die geskil te vind, goeie verhoudinge en wedersydse erkenning en respek tussen studente na te streef en na die veiligheid en belange van die Afrikaanse studente om te sien. Hy het gesê die voortsetting van die akademiese program word steeds as die hoofprioriteit beskou.

“AfriForum het ook die verteenwoordigende studenteraad (VSR) se uitnodiging om oor die saak te vergader aanvaar en verwelkom, maar betreur dit dat AfriForum Jeug se vroeëre versoeke om die kwessie met redelike gesprekke op te los, nie aanvaar is nie,” het Kriel gesê.

Intussen het die #UPBlackMonday-beweging Maandag ʼn memorandum van eise aan die universiteit oorhandig wat onder meer insluit dat die naam “Tuks” glad nie meer gebruik word nie, dat Afrikaans glad nie meer as onderrigtaal gebruik word nie en alle amptelike kommunikasie, wat e-posse, fakse en briewe insluit, in Engels moet geskied. Die beweging eis ook dat kennisgewings op die kampus slegs in Engels aangedui word, die tweetaligheidsvereiste in posbeskrywings verwyder word en dat alle Afrikaanse name van lesingslokale en koshuise op die kampus geskrap word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ronel ·

Kan iemand my net se. Hoekom Afrikaans? Hoekom betoog hulle nie om in hulle taal onderrig te word nie. Hulle demands is onredelik. Dit gaan lankal nie meer oor die taalkwessie nie. AfriForum mors hulle tyd om te onderhandel. Tyd vir vreedsame onderhandeling is reeds verby. As jy my vra is die besluit reeds geneem.

JC ·

Afrikaans sal nooit val by UP nie!

So ‘n besluit sal ‘n grondwetlike skending daarstel en die besluit van die raad vatbaar maak vir grondwetlike aksie. NIEMAND word benadeel deur Afrikaanssprekende studente wat klasse in hul taal bywoon nie. Dit staan ander studente vry om immers hul grondwetlike regte uit te oefen em hul klasse in hul taal van keuse nl. Engels by te woon sonder dat Afrikaanse studente benadeel hoef te word. Sekerlik sal die raad dit tog insien,Sekerlik sal die raad NIE die Grondwet skend en hul aksies die haat- en rasgevulde ongrondwetlikhede wat die afgelope paar dae afgespeel legitimiseer nie?Die REGTE BESLUIT sal wees om eerder die taalbeleid te verander na ‘n beleid waar Sepedi uitgebrei word as volwaardige akademiese taal saam met Afr en Eng en in die opsig sal Afrikaans die proses kan help!!
ASB SIEN TOG DIE LIG! Op so ‘n wyse sal versoening meegewerk word en Afrikaans ‘n bydrae maak en demokratiese beginsels en versoening uitgeleef word!
Maar die raad mos kan nie bestaande en goed gevestigde grondwetlike regte van UP studente wegvat nie. en die Howe sal verseker daarmee saamstem!

AAN DIE RAAD VAN UP: DIE Grondwet is nie ‘n dooie letter nie! Gee uitvoering daaraan.
Indien enigiemand wil weet wie die lede v/d raad is- dit verskyn op die UP webblad.

Magda ·

JC ,alles wat jy hierbo sê is waar maar… die ANC en President Zuma beheer die howe,of ons nou daarvan hou of nie,so waarom sal die grondwetlike hof in ons midnerheid wittes se guns besluit?

Francois ·

Universiteitsbesture se hooftaak is om hul instellings se toekoms te verseker. Indien dít vereis dat Afrikaans uitgegooi moet word, sal dié besture nie huiwer om dit te doen nie. Rektore soos Cheryl de la Rey (wat ‘n Engelssprekende Nataller is) en Wim de Villiers (wat jare in Engeland en Amerika werksaam was) het klaarblyklik min of geen histories-emosionele verbintenis tot Afrikaans. Hulle sal nie skroom om Afrikaans op te offer ter wille van politieke gedienstigheid en die behoud van die regime se subsidie-ondersteuning om hul onderskeie universiteite se toekoms (al is dit met lae standaarde en weinig internasionale status) te beskerm nie.

Danie Kok ·

Dit is nie werklik ‘n taalkwessie nie. Ons moet die realiteit besef dat hulle niks anders beoog as die totale uitwissing van ons volk nie. Zuma se dawerende stilte oor die hele aangeleentheid bevestig dit. Die Afrikanervolk staar ‘n bloedige stryd tot die dood toe in die gesig wat sonder keuse op ons afgedwing word. Alle vreedsame maniere om dit te vermy is uitgeput en die eise van die massas word net meer radikaal. Ek is nie ‘n voorstander van oorlog nie maar ek is bevrees dit blyk onvermydelik te wees. Ons Afrikaners sal ons geestelike basis in orde moet kry. Kortom, al hoe ons volk enige stryd kan aanpak, is om eers te verootmoedig voor God Drie-Enig en in geloof ons voor te berei op dit wat onafwendbaar oppad is. As ons as volk moet ondergaan moet dit Godswil wees, nie ons slaprug houding nie.

Tania ·

Ek wil net graag weet, wat gebeur met die arme studente wat WIL studeer ek praat nou van ALMAL (alle rasse) wat wil studeur want daar is baie wat wil. Wat gebeur met hulle studie geld as hulle nie die jaar maak nie. Ek onthou toe ek studeur het in 1995 met al dieselfde tipe onluste, het ek die jaar nie gemaak nie want ons het geen klasse gehad nie. AS ons klas toe gegaan het was ons klasse ingestorm en ons uitgejaag ons was gejaag met grawe en stokke en goed. Ons ouers moes steeds betaal? wat van die kinders wat dit nie kan bekostig om oor en oor die jare te doen nie. Ek glo VAS dat die mense is strategies daar geplaas om onlus te veroorsaak. hulle wil nie studeer nie en besef hulle slaag nie die klasse nie. SO wat maak hulle?? hulle maak seker niemand anders kan studeer nie. (die mentalityt van as ek nie kan nie kan jy ook nie) As ons Afrikaans weg neem dan SAL hulle weer iets ander soek om oor te staak so gaan dit net aan. Hulle besef nie dat dit hulle eie toekoms is nie. Hulle is pionne in ‘n groter hand se mag wat SEKER maak hulle word nie slim nie want dan sal hulle bly stem vir hulle….!!!! wanneer gaan hulle dit besef???

Kabous ·

Tania jy slaan die spyker so op die kop. Ingeligte mense dink vir hul self en is nie manipuleerbaar nie. Hou mense onnosel en hulle glo alles wat jy hulle wysmaak.

MJL ·

Die ironie is dat min van hulle ordentlik engels kan praat of selfs verstaan.

Andrea van Vuren ·

Wanneer jy aan ‘n tersiêre inrigting wil studeer, moet jy registreer. Het hierdie gepeupel studentenommers of -kaarte? Hoekom is die sogenaamde owerhede so onderdanig aan hulle?

Pieter ·

Kyk hoeveel betoog dis seker 100 en daar is duisende mense wat op UP studeer, hulle mors almal se tyd

Francois le Cochon ·

My dogter (op een van hierdie universiteite) se^ sy kan nie verstaan dat die oorgrote meerdserheid van die “Fees must fall” betogers, asook die skoonmakers wat betoog teen “outsourcing”, Nike tekkies van tussen R2000 en R4000 dra, asook “brand” rugsakke en jeans.

Sarie ·

Die ironie is dat Naspers se joernaliste die skuld weer op wit bevoorregting plaas en nie op die militante, nie-studente en EFF boewe wat die land UDM styl van die verlede onregeerbaar wil maak om hulle neuse in die trog te kry. Die rektore aangestel aan die universiteite is ‘n klomp links liberale wat uit ivoortorings regeer. Vir my is daar net een uit weg. Bou ons eie privaat universiteit so gou as moontlik uit. Akademia moet in elke provinsie met hulle sateliete begin. Kry Nederlandse en Duitse universiteite om te help met standaarde. Laat ons weer ‘n Groot Trek begin weg van anargie en onopgevoede strugglelaars. Die wat hier wil studeer moet fyn gekeur word.

Pierre ·

Politiek begin n groot rol te speel in dit wat ons sien gebeur. Die smag na politieke mag in die land gaan nog n groter rol speel soos wat die ANC en EFF veg om indruk te maak. Die laer klas val hiervoor want hulle word gebrein spoel om te glo dat daar vir hulle n toekoms sal wees. Ons weet egter almal dat niks van hierdie politiekery nooit deurgevoer word nie. Ek wil saamstem met van die kommentaar dat die oorgrote meerderhied van die betogers nie daar is om te studeer nie maar om uitvoering te bring aan Malema se doelwit om Afrikaans en die Blanke van die land tot n val te bring. Verder is dit duidelik dat die Blanke minderheid van hierdie land steeds n vrees inboesem tot die meerderheid, strategies is ons dalk tog n bedreiging. Gisteraand was n bewys dat hulle ook maklik weghardloop as hulle bedreig word, en dan was dit ook duidelik dat nie alle swart mense in hierdie land radikaal is nie. Dalk moet ons almal, ongeag ras saamstaan en n punt bewys.

M A ·

Dis vir my tog te koddig dat so baie van dié wat opstaan vir Afrikaans nie kan spel of ‘n sin behoorlik kan skryf nie. As ‘n mens so lief is vir jou taal en dit ten alle koste wil behou, dan gaan jy tog seker maak dat jy dit behoorlik ken?

Rudi ·

Iemand wat my taal verdedig, ongeag van korrekte spelling, vel kleur of verkeerde uitspraak, verdien my respek en ondersteuning. Dalk moet jy dieselfde gaan doen of andersins moet jy eerder by die “spelling Nazi’s” aansluit. En sommer in Engels ook.

Ronell ·

Dis waarvoor Malema betaal word. Om Suid Afrika onregeerbaar te maak sodat Amerika se groot myn manne dit maklik kan oorneem. Kyk na fotos van hom saam met hulle.

Batman ·

Ronell jy slaan die spyker op sy kop dit is presies waaroor dit gaan. Slim meisie.

Denise ·

Ek wil net weet wie moet betaal vir al hierdie eise. as daar nie eers geld is vir enige iets anders nie. Hierdie is verby belaglik. Hulle wil net hê maar dink nie waar die fondse vandaan gaan kom nie. Ons hele opvoedings stelsel is ten gronde wat hierdie ‘n NOG armer land gaan maak. Alles stort in duie. So jammer……

Frik Lotz ·

Ons moet sterk staan en ons nie laat intimideer nie. Ons moet opstaan vir ons taal en erfenis. Dis ons reg om in hierdie land te wees, dis ons reg om ons kultuur uit te lewe, dis ons reg om ons taal te praat en dis ons reg om onderrig in ons moedertaal, Afrikaans, te ontvang. Ons en ons taal is hier om te bly. Ons gaan nêrens heen nie!

hans ·

Die nuus op SABC 3 en eNCA om 13 00 is nie gebalanseerd nie, Afriforum Jeug by UP word in insetsels as die aggressors uitgebeeld. Ook by UV word die wit studente negatief uitgebeeld.

Ben ·

Dit gaan my verstand te bowe dat groot organisasies en selfs die polisie deur klein groepies radikales, wat ek glo nie almal studente is nie “hostage” gehou word.In die oë van ‘n siek gemeenskap en regering is hulle optrede geregverdig. Moet net nie teen hulle opstaan nie want dan kan daar nie vinnig genoeg na die blankes vinger gewys word nie.bewys word nie. Hierdie land is siek, baie siek.

NEL ·

Ben, die meeste van die oproermaker is werkloos en is net so ver geskool soos ons agbare President so hy word aangery om die oproer te kom maak. As hulle een of twee is dan is dit maklik om hulle uiteken en hulle vervolg kan word. Nou kom hulle in massa en plunder die universiteite en maak dit moelik vir die nikswerd polisiemag om hulle te arresteer en in die oorvol tronke in te boender, en dan sit jy nog met ‘n president wat hulle optrede goed praat.

Aan die ent van die jaar gaan daar weer gaos wees wat niemand het geleer en kan nie vorder nie, maak seker nie meer saak nie want alles is mos verniet. Baie bly my geld word nie op die manier gemors nie en dat my seun baie goed vaar in die buiteland met sy studies en sal ook ‘n sukses daarvan kan maak.

Topster ·

Die berigte sal so verskyn want verantwoordelikheid is nie deel van Malebe en kie se kultuur nie.Afrikaans is uit by Tuks en dit weet ons almal.Dit gaan oor die blanke mense in ons land en dit gaan nie stop nie .Die leeu en die waterbok kuier nie saam nie nooit nie en dit gaan ook nooit so wees met ons nie

Johannes Meintjes ·

Dat dit alles rasse politiek is, is sekerlik lankal reeds duidelik. Dat Plan B en bestuur van eie sake nog nie na behore in plek gebring is deur ons almal se onderlinge en doelgerigde samewerking nie, is ‘n tragedie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.