AfriForum eis dat polisie opdok ná grondgryp

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

AfriForum het met regstappe teen die SAPD begin om koste en uitgawes verbonde aan ʼn dringende uitsettingsaansoek in 2018 te verhaal.

Dit volg nadat die polisiediens versuim het om sy pligte na te kom tydens ’n grondgryp wat naby Onderstepoort in Pretoria plaasgevind het.

Die SAPD het in Augustus verlede jaar geweier om dr. Motodi Maserumule by te staan om betreders in hegtenis te neem wat sy grond wederregtelik betree het en begin het om bousels op te rig.

Maserumule het AfriForum genader, waarna die organisasie ’n dringende hofbevel bekom het wat gelas het dat die betreders verwyder word en die SAPD die balju daarmee behulpsaam moet wees.

’n Mandaat is toe deur Maserumule en AfriForum aan die Rooimiere gegee om die betreders se bousels te verwyder. Maar die koste daaraan verbonde beloop sowat R600 000; dit is die koste wat AfriForum nou van die polisie wil verhaal.

AfriForum maak van die daargestelde litigasieroetes gebruik om die SAPD en sy individuele lede vir hul versuim verantwoordelik te hou, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“AfriForum sal aanhou om die nodige stappe te doen om wetstoepassingsowerhede, en enige ander liggaam of persoon wat grondgrype duld en hul pligte verontagsaam, te verplig om aan hul mandaat te voldoen, asook om die verontregte party te vergoed vir uitgawes wat aangegaan is, maar verhoed kon word.”

AfriForum sal regskoste wat gevorder is, aanwend om verdere grondgrype mee te beveg.

“Hierdie soort stappe moet toenemend gedoen word om te verseker dat die toepaslike owerhede persoonlik aanspreeklik gehou word as hulle hul plig versuim,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Callie ·

Asb opregte Suid Afrikaners. Ondersteun die aksies. Maak nie saak vir wie jy stem, die tipe aksies gaan vir ons baie beteken in toekoms

Realis ·

Ons ondersteun die aksies, maar wanneer Suid Afrika se Kristallnacht aanbreek gaan dit ons nie baie help nie.

CW ·

Jy is heeltemal reg, so ook realis maar dalk wen ons met sulke optrede tyd om ons ook van kommunisme te red, ons is bykans 25 jaar agter res van wereld

ZAR ·

Ek ondersteun Afriforum ten volle,maar ek kan nie help om te voel asof ek nou my ouma-groot is in die konsentrasiekamp, waar die boere die Engelse se goederetrein opblaas en so hul eie vrouens en kinders kos in die kamp ontneem. Jy wen een plek, maar betaal ten duurste.
Die regering sal daai geld moet verhaal, en waar kom daai geld vandaan? Van ons belastingbetalers af. Ek voel ons het nodig om onmiddellik die belasting te boikot.

CG ·

ZAR. Ek deel jou sentiment. Jou stelling oor treine en die konsentrasiekampe is egter nie korrek nie. Dile Boere het baie treine vernietig, maar dit was veral tydens die eerste deel van die oorlog. Toe konsentrasiekampe in volle swang was, is alle treinspore met blokhuise beveilig en het aanvalle op treine dramaties verminder. Voedselsekuriteit is ondermyn deur die Britte se verskroeide aarde beleid waardeur 30 000 plase en plaashuise vewoes is, landerye en boorde vernietig, waterbronne besoedel of vergiftig en derduisende plaasdiere van kant gemaak is.

piet ·

Dankie Gerrie Nel, jy is die beste wat afriforum nog kon kry, hoekom dink julle gebeur al die deurbrake, n ” Genius”

Nettie ·

@CG – reg so. Boere het nie treine/spoorweë opgeblaas wat kos e.d.m. na die konsentrasiekampe vervoer het nie, maar wat wel voorrade na kakie-kampe, troepe en die oorlogsfronte self vervoer het en dit was inderdaad aan die begin van die oorlog, voor die Britse “Scorched Earth” program.

Die lyding en dood van sowat 27 000 vroue, kinders onder die ouderdom van 16 en ou nie-vegtende mans in die kampe, is veroorsaak deur swak administrasie, swak beplanning, swak ligging van kampe, asook ‘joiners’ wat hul eie mense verdelg het, baie swak toestande in die kampe, oorbevolking, epidemies, swak en onvoldoende kos, behuising, mediese sorg ens. ens. ens.

Ek stem egter met ZAR saam wat basies sê dat ons – belastingbetalers – eintlik nou maar vir dié ‘fout’ van die SAPD betaal; die geld vir vergoedingseise a.g.v. nalatigheid kom tóg maar uit die belastingbetaler se sak, nie waar nie?

IK ·

Verstaan ek reg dat die geld verhaal sal word teen individue en nie uit die staatskas (ons belastinggeld)? Dis dan wanneer mense eers reg sal begin optree, ook op skolevlak ens.

Frik ·

Ironies dat negatiewe kritiek altyd sal kom van die onbetrokkenes of die wat te bang is om asem te haal. Viva afriforum as dit nie vir julle was nie dan het die Anc net oor ons geloop en gemaak soos hul wil.
Ek sou graag wou sien dat die betrokke lede van SAPD wat nie wou optree ook aangekla word en in eie reg aanspreeklik gehou word vir die kostes

willem Botha ·

Ons moet hierdie organisasies finansieel sterk maak om die land gesond te maak

Vryheid ·

Hoe seerder Afriforum se byt raak hoe minder sal daar gemors word met ons regte

Rooi ·

Hoeveel lesers op die forum wat gedurig aan kommunisme as oorsaak van alle kwaad toeskryf weet wat kommunisme werklik is?

Blaarman ·

Haai @Rooi. Waarom lig jy ons nie in nie, aangesien jy ‘n kenner is? Vertel ons meer van jou kommunistiese utopia, Kameraad.

ZAR ·

Ek ondersteun Afriforum ten volle,maar ek kan nie help om te voel asof ek nou my ouma-groot is in die konsentrasiekamp, waar die boere die Engelse se goederetrein opblaas en so hul eie vrouens en kinders kos in die kamp ontneem. Jy wen een plek, maar betaal ten duurste.
Die regering sal daai geld moet verhaal, en waar kom daai geld vandaan? Van ons belastingbetalers af. Ek voel ons het nodig om onmiddellik die belasting te boikot. Dis waar ons die seerste kan maak op die stadium.

PJC ·

Die polisie wil nie doen wat hulle veronderstel is om te doen nie want dan raak die mense kwaad vir die ANC regering en stem dalk nie weer vir hulle nie.

Hanna Hoekom ·

Wanneer mens hoor dat die SAPS die situasie “monitor” moet mens sommer weet dis eintlik stille goedkeuring en niks minder nie. Staan tog eerder te lekker armpies gevou as wat hulle sal “serve and protect”. Nou ja, so leer mens!

Vryheid ·

Hoe seerder Afriforum se byt raak hoe minder sal daar gemors word met ons regte

jakes ·

Wetstoepassingsagenskappe in SA insluitend die SAPD is uiters traag om hul werk behoorlik te doen. Dankie Afriforum, julle is helde. SA is inderdaad 25 jaar agter ander eerstewereld lande en ismaar agv n spul onbeholpe en onbekwame politisi.

Jakalas ·

Wat van Hermanus. Ek sien dit is gaos daar met die grond grypings met die polisie wat niks doen nie.

Stephan de S ·

Ek kan nie genoeg dankie sê vir hd regsaksie nl om die verantwoordelike persone en instansies voor die hof te daag om hul verantwoordelikhede na te kom. Ons moes al jare gelede daarmee begin het. Dankie Afriforum, mag hd spesifieke saak spoedig besleg wees en mag hd tipe aksie van krag tot krag gaan en mag die fondse daarvoor altyd betyds opdaag.

Jerry ·

Dit klink goed. Indien die individuele lede hulle werk verloor agv hul pligsversuim dan sal ons kan se ons was suksesvol. Indien geld verhaal word van die SAPD, dan kom dit van die belastingbetaler af en faal ons met die doel van die oefening.

Antjie ·

SAPD is maar net nog ʼn staatsdiens, en daai R600 000 gaan dus uit ons eie sakke kom, tensy spesifieke polisieLEDE daarvoor aangevat word. Eers dán raak die eise effektief om ander sulke gevalle te verhoed.
Mens kan eintlik die lieflikste animasieprent oor tipiese SAPD loopstyle maak, en ek sou glo dit moet gebeur.

Anoniem ·

Dis ‘n baie goeie ding om die SAPD aan te vat oor hul pligsversuim. Om die individuele SAPD lede aan te vat is nog beter.

Ek weet nie hoe hou die goeie SAPD lede dit uit tussen die vrot appels nie. En tog is dit so verkwiklik as mens se pad kruis met een van die goeie lede!

Polisieer ·

Dis jammer dat owerhede ge-polisieer moet word, maar GROOT dank aan Afriforum en Solidariteit

Thinus ·

Bravo Afriforum Bravo. Dis tyd dat hierdie slapgat SAPS reggeruk word. Looi hulle met elke grondbesetting en dalk sal hulle dan hulle politiese korrektheid stop en vir ‘n verandering hulle werk doen. Kyk sommer na die Metro polisie ook wat staan en toekyk hoe grond beset word en niks daaromtrent doen nie.

humor ·

Nouja as dit dan uit die belastingbetaler se sak kom dan is daar darem n heel paar mense wat indirek n bydra aan n goeie organisasie Ari Forum maak. n Onverwagse meevallertjie, en dit word dan ten goede aangewend.

Piet parys ·

Alle balasting betalers betaal aan die R600 000 so dis druppel in die emmer per persoon . Wat van al die korrupsie deur anc . Dit was belasting geld

Elna ·

Ek se mos lankal dat adv Gerrie Nel ons land se president moet word hy is regverdig awesome en hy vat nie twak van kabouters nie. Hy sal weer wet en orde in hierdie land in bring #Gerrie Nel vir president!#

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.