AfriForum eis Lesufi, Mosuwe se koppe

Henk Maree en Carien Bloem voor di kantore van die Gautengse departement van onderwys, (Foto: Alet Rademeyer)

AfriForum het vanoggend ’n memorandum aan David Makhura, Gautengse premier, oorhandig waarin die kop van Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, geëis word. Strafregtelike klagtes oor wanbesteding is ook teen Edward Mosuwe, hoof van die Gautengse onderwysdepartement, by die SAPD ingedien.

Die Gautengse onderwysdepartement het die afgelope jare berug geword vir die wyse waarop Lesufi en ander senior amptenare die departement bestuur en die talle ondeurdagte besluite wat geneem is wat nie in belang van onderrig of leerders in die provinsie is nie.

Henk Maree, woordvoerder van AfriForum, sê dit is ’n skande dat die premier toelaat dat Lesufi steeds sy amp beklee ondanks die skade wat hy die Gautengse onderwysstelsel en verhoudinge in die land reeds aangedoen het.

“Die skooltoelatingsproses is chaoties en hy aanvaar nie aanspreeklikheid vir sy aandeel daaraan nie ‒ inteendeel, sy jongste aankondigings van sogenaamde oplossings vererger die situasie net verder,” sê Maree.

aanlynregistrasie-2018

‘n Skermskoot van die Gautengse onderwysdepartement se aanlynregistrasiestelsel. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die departement het Dinsdag gesê hulle gaan bekwame Engelse en Afrikaanse onderwysers in townshipskole aanstel en skole met min leerders laat saamsmelt, ten einde die tekort aan plek in skole in die provinsie op te los. Maree sê dié planne is onuitvoerbaar en ontneem ouers van die reg om self oor die plek, gehalte en taal van hul kinders se onderrig te besluit.

Die VF Plus en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het ook al vir die Openbare Beskermer gevra om die skoolplasingstelsel te ondersoek.

Monique Taute, hoof van die teenkorrupsie-eenheid by AfriForum, sê die ouditeur-generaal se 2017-’18-verslag het bevind meer as R900 miljoen se onreëlmatige uitgawes is die afgelope boekjaar deur die onderwysdepartement aangegaan. “Dit is onaanvaarbaar dat ’n departement wat daarop toegespits behoort te wees om die jeug van ons land op te lei, massiewe bedrae soos hierdie wanbestee.

“Lesufi moet verduidelik waarom sy departement volgens hierdie verslag skuldig is aan die wanbesteding van belastingbetalers se geld, wat daarvoor bedoel is om kinders te onderrig,” sê Taute.

Carien Bloem, hoof van onderwys by AfriForum, sê optrede om van Lesufi ontslae te raak, kan nie langer uitgestel word nie. “AfriForum word oorval met versoeke van ouers wat genoeg van sy kleitrappery met die huidige plasingsproses gehad het. Hulle is keelvol vir sy wangedrag en polariserende uitsprake.”

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Van die klagtes wat ouers met die skoolplasingsproses het, is dat kinders van een gesin nie in dieselfde skool geplaas is nie, dat kinders nie geplaas word by die skole van hul keuse nie, dat hulle nie plek kry in skole naaste aan hul huise nie en dat gr. 1’s geplaas word in ander skole as dié waar hulle gr. R voltooi het.

AfriForum het Lesufi en die departement reeds herhaaldelik gewaarsku dat dié stelsel nie werk nie.

Ander klagtes teen hom wat in die memorandum vervat is, sluit in:

  • Sy weiering om op te tree teen die voortdurende inmenging van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) by openbare skole;
  • Sy herhaalde minagtende uitsprake oor Afrikaans en Afrikaans as onderrigtaal;
  • Sy rassistiese uitsprake wat gemeenskappe in die land polariseer; en
  • Wanbesteding en korrupsie in sy departement.

Bloem sê dit is duidelik dat Lesufi se fokus nie op onderwys of die verbetering van sukkelende skole is nie. “Hy is te besig om politieke speletjies te speel, terwyl hy eerder swak presterende skole moet regruk.”

Verskeie van AfriForum se afdelings staan gereed om met regstappe teen Lesufi te begin. Verder skep die organisasie ook vir die publiek, veral die ouers van leerders wat deur die plasingsproses geraak word, die geleentheid om aan die veldtog wat sy afdanking eis, deel te neem.

Hulle kan hul stem voeg by ’n aanlyn petisie wat vandag begin by

www.afriforum.co.za/lesufimoetval.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

André-Chris ·

Die premier sal nie optree nie, hy het dan juis, tyd gelede al, in tru-rat versnel, na hy klaar die L-man uit sy pos onthef en na ‘n ander departement oorgeplaas het.

Ons het nou in die land die A-woord, die E-woord (Eben), die ens woord, tot by die Z-woord, maar nou het ons ook die L-man …. maar dan is daar ook die Z-man en die C-man … en dan is daar ook sekere MeDames …. soos die wat … en nou weet ek nie hoe om dit uit te druk nie … grootmenswyshede ? aan kinders wil onderrig, of sal die kind nou by die huis aankom en vir sy/haar ma beduie, AHA, ek is julle een voor, julle het nog nie hiervan gehoor nie ….

Adri ·

;-) As die situasie nie so verskriklik ellendig was nie, sou ons daaroor kon lag!

charmaine ·

Ek wonder nou net hoe dink die man, hoe sal wit kinders by n township skool kom met ouers wat ook werk soos dit al reeds is ry ouers hulle gedaan agter skool aktiwiteite aan.
Wat gaan hulle daar leer? Hoe lyk die infrastruktuur? Hoekom dan nie eeder meer township kinders die kans gee om in hulle eie skool, skool te gaan nie? Maar dan is daar nie geld om hierdie skole op te bou en in stand te hou nie.

Lou ·

As daar enige bewys is dat ‘n petisie al ooit ‘n besluit beinvloed het sal ek dit ook met groot plesier teken.

Feite ·

Dink julle nou regtig dat lesufi en masuwe die wanbestuur en aanslag teen afrikaans uitvoer op hulle eie, wanneer almal weet dat die ANC se mag gesentraliseerd is en dat lesufi en masuwe dus hulle instruksies vanaf die hoogste vlak via makhura kry. Dit help nie om teen mense op te tree wanneer hulle onder instruksie van ander optree nie, jy moet teen diegene wie die instruksie uitreik optree. Raak ontslae van lesufi, dan gaan die plaasvervanger net voort, steeds onder instruksie. Kla die wortel van die kwaad aan. Dit is soos Sandland wat onder Trump se instruksies optree. Jy kla nie vir Sandland aan nie, jy kla vir Trump aan of jy kla vir Sandland en Trump aan. Daar is duisende lesufis en mawumas wat in die ry staan en wag om onder instruksie die aanslag oor te neem!

SO ·

Gaan kyk gerus hoe baie kos word af gelaai by die staatsdepartement ter sprake. Sekerlik is dit ons belastingbetalers se geld wat op kos vermors word. Die mense kry mos salarisse om hul eie kos te koop, te maak en saam werk toe te bring.

Rossi ·

Lesufi is kwaad omdat Afrikaanse skole so goed presteer met elke eindeksamen. Hierdie gaan uit en uit om Afrikaans as taal te probeer boikot. Hy het iemand wat hom rondry elke dag so hy gee nie om as hy in verkeer vassit nie. Wat het hy gedink om kinders van dieselfde gesin in verskillende skole of naaste aan die huis te plaas. Ek vergeet hulle dink mos nie!!!

Eliz ·

Ek wens Afriforum alle voorspoed toe, maar ek gaan nie my asem ophou met hierdie een nie.

Penellope Jones ·

Ek is baie, baie dankbaar dat ek nie meer kinders in die skool het nie, maar is tergelykertyd baie jammer vir diegene wat wel ly onder hierdie ondeurdagte”besluite”!

Prok ·

Waarom wag dat jou kind benadeel word, skuif hul nou na ‘n CVO skool. ‘N Nuwe jaar, ‘n nuwe beter begin.

C ·

Ek het geteken hy moet uit, hy beteken niks vir ons skole en ons kinders nie. WEG MET JOU !!!!!

JohanR ·

Ek kry soe lekker as iemand die ANC, en sy lede jaag! My gooiste maar ons het al in 25 jaar nuttelose ANC minister gehad! As hy of sy opmors by die een ministerie, dan word hulle maar net aangeskuif. Wonder waar ou Lefusi sal na aanskyf toe? As die ou die Afrikaner chip van sy skouer kon afkry, sou hy miskien nie ‘n slegte werk gedoen het nie!

skurweberg ·

Die amptenare funksioneer nie in isolasie nie . So word besluite ook nie in isolasie geneem nie. Die hele struktuur en alle skuldiges moet ondersoek word. Hulle is mos nou besig met ‘n skoonmaak proses.

hercu ·

ek het die petisie met ‘n juigende, dankbare hart geteken!!

Lesoopie is soos ‘n baba seuntjie sonder verstand-tande :-)

Foxi ·

Afrforum moet ontslae raak van al hierdie parasiete! Dit kan nie meer so aangaan nie!

Dries Moolman ·

As ek heeldag op twitter GELE het soos Lesufi, was ek lankal my werk kwyt. Hoop hy sien sy…. afdanking spoedig.

Wessel ·

Ek sal nou graag wil weet dat as hulle “bekwane” Engels en Afrikaans sprekende onderwysers township skole aanstel en die onderwysers weier, dan gaan hulle seker ook onbillik ontslaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.