AfriForum en gemeenskap laat grondgrypers op hul neuse kyk

Foto verskaf deur AfriForum

AfriForum het in samewerking met rolspelers in die Witrivier-distrik weereens ’n poging tot onregmatige grondbesetting die nekhou toegedien.

Dít volg nadat ’n dringende hofbevel op 28 Augustus 2019 bekom is teen ’n groot groep mense wat Gustav Kruger se grond onwettig betree en begin het om strukture op te rig. Kruger het gepoog om ’n saak teen die betreders aanhangig te maak, maar die polisie in Witrivier het aanvanklik geweier om die klagte te aanvaar. Ná volgehoue druk het die polisie ’n saak geopen, maar nie die nodige stappe gedoen om die misdrywe hok te slaan en Kruger se eiendom te beskerm nie.

AfriForum, privaat sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers het op Kruger se versoek ingetree en die gebied beveilig deur onder meer beplanningsessies, observasieposte en intensiewe patrollies. AfriForum het ook die Rooimiere betrek en die strukture op Kruger se grond is Donderdagoggend verwyder.

“Die SAPD se toenemende versuim om die eienaar van die grond wat onregmatig van hom/haar ontneem word, by te staan, is vreesaanjaend,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid. “AfriForum is reeds besig om met sy regspan te konsulteer om, soos in ander gevalle van versuim, die SAPD en die minister van polisie verantwoordelik te hou vir die kostes om die betreders en hul onvoltooide strukture te verwyder.”

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, het bygevoeg die feit dat die gemeenskap mekaar ondersteun het, het grotendeels bygedra tot die sukses wat vandag bereik is. “Die beskerming van eiendomsregte bly ’n groot prioriteit vir AfriForum. AfriForum sal volhou om hierdie reg op alle gebiede te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Christa ·

Verkoop daardie structure sodat daarmee skade betaal Kan word

ww ·

Sluit aan by AfriForum, ek is bly om ‘n lid te wees, dankie vir julle

Vryheid ·

Polisie al vir baie jare niks werd nie sal nie my tyd mors om hulle betrokke te probeer kry nie, net sodat hulle een of ander verskoning kan opdis!

Anoniem ·

Kaptein, van die Polisie se boot, het diep onder in die kajuit gaan slaap

aj ·

Wanneer die staat weier of nalaat om persone of eiendom te beskerm het die staat sy outoriteit oor burgers verbeur. Sulke burgers behoort hulself te verklaar as staatlose burgers wat van beskerming deur die VN afhanklik is.

Manie van Worcester ·

Dankie Afriforum, julle sal nog die land red lyk dit my

Natan ·

Moenie op prinse vertrou nie. Genl Tienie Groenewald en die Vrymesselaars weet hoe om valse vertroue te skep.

Swannie ·

Dan reken baie mense ons is nie op dieselfde pad as Zimbabwe nie ??
Dis nou presies dieselfde as wat daar gebeur het toe hul grondgrype begin het.

CW ·

Nooit, dit sal nooit hier toegelaat word nie, jy moes tog gehoor het die president se so. Lyk maar net soort van so

Pottie ·

Dit is mense wat nie wil sien nie swannie daar is geen verskil tussen ons en ons buurlande nie hulle dink ook almal soos hulle g…..te

Sputnik ·

Moet nooit onder die indruk verkeer dat die SAPD in die lang duur grondeienaars gaan bystaan nie. Hulle sal dalk nog in die nabye toekoms hier en daar help, maar net soos in Zimbabwe sal hulle later net toeskouers wees – waarom anders? Wat maak hulle verskillend? Niks!

Willem Grobler ·

Hulle sal laternie net “toeskouers” wees nie – hulle sal aktief optree teen enige wit man wat sy grond probeer beskerm As Gutav Kruger een skoot ter verdediging van sy eiendom afgetrek het, het die SAPS hom soos misweer toegesak.

Oosie ·

Die verhaling van kostes moet nie uit die staatskas kom nie, Maar van die minister en betrokke beamptes wat hul plig versuim het. Anders bly hulle net vere voel.

Sean ·

Nou weet julle vir wie julle volgende verkiesing moet stem Waar was die da hier?????

Joubert ·

Die stembus, en politiek, het ons in die situasie gekry waarin ons vandag sit. Politiek is nie, en was nog nooit die oplossing nie. Afriforum doen net goeie werk, en maak ‘n daadwerklike verskil. Hierdie is die ouens wat ondersteun moet word.

Ruiklont ·

Weereens konstruktiewe optrede deur AfriForum, baie dankie daarvoor. Opserwasie en praat praat is die oplossing van die regering, dankie vir die skouer aan die wiel. Om die minister van polisie voor die hof te daag kan verseker posetiewe gevolge hê.

kraai ·

Stem saam met Manie. Dis hoog tyd dat daar darem met een saak begin word. hulle is so overpopulated, G’n wonder dat dit nou slegter gaan as jaaaaare terug nie.

Magda ·

Ook n Lid van Afriforum en n trotse Lid – Enigste Organisasie wat bereid is om Alle mense te help (maak nie saak wat jou velkleur is nie) – Dankie Afriforum.
Kom mense sluit asb aan .

Natascha ·

Dankie Agriforum, lyk my jul is die enigste wat reg wil laat geskiet op die regte manier. Jul sal asb net nou daai boer en sy gesin moet dophou, want hul sal beslis geteister word. Dis mos hul manier.
Ek is trots om te se ek is wit en dat ek hul ondersteun.

Suzie ·

Trek die kostes van die polisie lid se salaris af wat geweier het, dan sal hulle dalk hulle werk begin doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.