AfriForum en Solidariteit kap KSA oor rassekwotas

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het Krieket Suid-Afrika (KSA) se besluit om rassekwotas voortaan ook op nasionale krieketspanne van toepassing te maak, skerp gekritiseer. Die organisasies het ook aangedui dat hulle die besluit in plaaslike howe en by die Internasionale Krieketraad (IKR) gaan beveg.

Die stappe teen KSA sal deel vorm van AfriForum en Solidariteit se gesamentlike veldtog teen rassekwotas wat onlangs aangekondig is. Dié veldtog sluit onder meer regstappe in by die arbeidshof, asook klagtes by die Verenigde Nasies (VN) en internasionale sportliggame.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik dat AfriForum en Solidariteit se klagtes by die IKR sal berus op die feit dat internasionale sportregulasies enige vorm van rassediskriminasie en politieke inmenging in sport uitdruklik verbied.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is regstellendeaksieplanne soos in die handves van transformasie in sport en in KSA se kwotaplanne vervat is, strydig met die Wet op Diensbillikheid.

“Nie net neem hierdie planne nie die poel van geskikte kandidate in ag nie, maar daar is nie voldoende met spelers of vakbonde oor die teikens in die planne gekonsulteer nie,” het Hermann verduidelik. “Ons meen voorts dat hierdie planne in effek op ’n kwotastelsel neerkom wat deur die Wet op Diensbillikheid verbied word.”

As deel van hul regsaksie het AfriForum en Solidariteit ʼn referendum onder die publiek van stapel gestuur om sodoende hul saak teen kwotas in sport te versterk. Besoek www.neevirkwotas.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JC ·

DIS REG Afriforum/Solidariteit, looi hulle!
Was die doel van die skikking in die 90’s dan nie juis om rasse diskriminasie te verwyder en te sorg dat dit nooit weer gebeur nie.
Trots op julle!Hou so aan!!

Rens Roodt ·

Regstellende aksies en kwotastelsels moet op alle gebiede gestop word – ons boikot in elk geval alle spanne as gevolg van dit- een van die dae is al ons blanke kinders in oorsese spanne opgeneem dan sal ons eerder daardie spanne ondersteun – maar met hierdie nsa wil ek niks te doen he nie

R Eaton ·

Daar is al die laaste 20 jaar kwotas in ons krieket. Was Abott nie in wereld beker uitgelos om plek te maak vir n beseerde Philander ? Omdat “getalle” nie reg was nie. En ons provinsiale krieket is daar al lank terug n kwotas sisteem. Al 6 uit die 11 moet ander kleur wees. Dan praat hul dat hul kwotas wil toepas. Selfs op laerskool vlak word daar gedurig gese dat daar nie kwotas is. Maar met my eie oe die papiere gesien met vereistes wat aan keurders toegedien is. Ons mense is maar baie stadig….

Gys ·

Ek het dieselfde ervaar toe my seun twee jaar gelede aan Boland-krieketproewe in die Paarl deelgeneem het. Hy was daardie dag een van die beste boulers, maar is nie in die span opgeneem nie omdat een van die “ander” spelers in sy plek gekies is. Hierdie persoon is daardie dag stukkend geslaan deur die kolwers, maar was steeds een van die drie wat in die span opgeneem moes word. Die ander speler van die verpligte drie wat opgeneem moes word, was nie eers by die proewe nie, maar is desnieteenstaande tog in die span opgeneem.

pieter ·

Da gaan ons krieket net soos die rugby ,al wat gedoen moet word is kies die beste maak nie saak watter kleur nie , my dstv is basies net vir sport maar ek sien een van die dae haal ek hom uit bedryf en baie mense sal volg

Veritas ·

KSA dwing blanke skoolseuns om nie meer krieket op skool te speel nie. Vir dié met uitsonderlike talent lê daar ‘n oop wêreld wat wag om talentvolle jong spelers in te trek en, soos in die geval van Kevin Peterson, in hulle internasionale spanne op te neem. KSA as ANC-organisasie gaan dieselfde pad loop as SA se ekonomie, dienslewering en onderwysstelsel. Jongman, jou toekoms lê nie in SA nie. Berei jouself voor vir ‘n toekoms in die buiteland.

Chrisjan ·

Is daar regtig nog mense wat omgee wat van ksa word? Kan iemand nog belangstel in die gekookte verneukspul? Ek het alle belangstelling reeds met die Hansie debakel verloor.

Rens Roodt ·

Sanksies teen hierdie ancriminal instel en gooi nsa uit wereld deelname aan sport – nie net sport nie maar ook handel met nsa- dan alleenlik sal dinge begin regkom

Lida ·

Hoekom speel die blankes nie sokker nie? Mens hoor heeldag en aldag van kwotas maar oor sokker hoor ons niks.

hans ·

Kan die name van al die krieketborge bekend gemaak word asb,sodat daar openbare druk op hulle geplaas kan om hul geldelike ondersteuning van krieket te onttrek.

Johann Smith ·

Hul sal ook wonder hoekom hulle nie meer toeskouers trek nie. Geen unie sal kan bestaan sonder die belangstelling en bywoning van die toeskouers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.