AfriForum gaan beslag lê op Malema en EFF se bates

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek ’n lasbrief by die Pretoriase hooggeregshof bekom om beslag te lê op roerende bates van Julius Malema en die EFF.

Die beslaglegging is ter delging van ’n bedrag van R337 758-68 wat deur Malema in sy persoonlike hoedanigheid en die EFF as party aan AfriForum verskuldig is. Die uitgereikte lasbrief sal nou aan die betrokke balju gestuur word om Malema en die EFF se roerende bates te identifiseer en op te skryf, met die oog op die verkoop daarvan op ’n openbare veiling.

Malema en die EFF skuld AfriForum dié bedrag, nadat die Pretoriase hooggeregshof sedert Maart 2017 twee kostebevele teen Malema en die EFF, ten gunste van AfriForum uitgereik het. Malema en die EFF het hierdie hof se bevele om AfriForum se regskostes te betaal, verontagsaam, wat daartoe gelei het dat AfriForum nou ’n lasbrief ter beslaglegging van hulle bates bekom het.

Die kostebevele spruit uit ’n hofgeding wat AfriForum teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het om ’n interdik te bekom om hulle te verbied om mense aan te hits om grond onwettig te gryp of te betree. Die hof het op 7 Maart 2017 in AfriForum se guns beslis en die interdik toegestaan.

Malema en die EFF het daarna ’n tersydestellingsaansoek teen die interdik gebring, wat op 12 September 2017 aangehoor sou word. Die hof moes egter die saak uitstel, nadat Malema en die EFF se hoofde van betoog laat ingedien is. Die regter het gevolglik ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Tydens die volgende hofverskyning in Maart vanjaar, het Malema en die EFF se regsverteenwoordigers nie opgedaag nie en die saak is in AfriForum se guns beslis, met ’n verdere kostebevel teen Malema en die EFF.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê dat sy organisasie vasberade is om die verskuldigde bedrag van Malema en die EFF in te vorder en die geld dan aan te wend om grondgrype en aanhitsing verder te beveg. “Julius Malema en sy party wat geweld en anargie aanmoedig, kan verseker wees dat AfriForum hulle geld en bates op die manier téén hulle sal gebruik om vir geregtigheid te veg.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal hulle binnekort besluit op watter roerende bates van Malema en die EFF hulle vir beslaglegging sal fokus. “Ongeag of dit ’n Breitling-horlosie, luukse voertuig, of rekenaars en meubels in die EFF se kantoor is waarop AfriForum op beslag moet laat lê om die geld te verhaal, sal ons seker maak dat ons die geld kry om sodoende ook ’n duidelike boodskap aan Malema en die EFF te stuur dat hulle nie bo die reg verhewe is nie,” het Kriel bygevoeg.

Hy het daarop gewys dat AfriForum ook voortvloeiend uit die interdik, ’n saak van minagting van die hof teen Malema aanhangig gemaak het. Die saak sal volgens huidige aanduidings op 14 November 2018 in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word. Volgens Kriel is hy vol vertroue dat AfriForum ’n sterk saak het om Malema ook met dié regsaksie tot verantwoording te laat roep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

julius ·

As afriforum hier regkom om hulle geld terug te kry, kan hulle as politieke party registreer en hulle sal duisende stemme kry.

Lukas van Zyl ·

Waarvan myne een sal wees. Ek is eerlik van die opinie as dinge aangaan soos dit doen mag daar volgende jaar by die verkiesing net n groot verrassing plaasvind

zoom zoom ·

Hierdie is iets om te sien. As hulle bates verkoop word om skuld te delg hoekom word hlaudi en molefi en die een van die npa wat deur zuma betaal is om te brdank mie hulle gelde ook terug nie. Te veel om op te noem. Sekerlik gaan die nie sonder brande en klippe verhaal word nie.

Andreas Meyer ·

Politieke Party? Verkieslik nie.
Daar is ‘n goeie rede hoekom Afriforum die dinge so doen soos wat hulle dit nou doen.
‘n Politieke party moet verkiesingsveldtogte doen. Om iets te beteken moet jy eerste of tenminste dan tweede kan kom. Dit gaan jou per verkiesing iets in die lyn van R100.000.000,00 kos. Die geld kan beter elders aangewend word.

Hoe nou..... ·

Die geld is net te min….kort daar nie 2 miljard iewers nie? Verhaal sommer n persentasie van daai bedrag net vir die wis en onlus.

ZAR ·

Ek weet nie of mense bewus is daarvan dat Malema graag tronk toe wil gaan nie. Hy wil graag ‘n martelaar word en weet dat sy volgelinge anargie sal veroorsaak wanneer hy agter tralies sit. Afriforum moet dit in gedagte hou.

Snowball ·

ZAR, dalk is jy reg, maar dalk is hy net nog ‘n leë blik, sonder werklike oortuigings, alreeds so verslaaf aan sy luukse lewe dat hy beswaarlik ‘n aand in die tronk sal oorleef. Soos hy vanaf politieke podiums verkondig dat die wittes nie geld het om te emigreer nie want hulle is te gewoond aan hulle luukse lewens hier, so vermoed ek hy gaan nie sy blink lewe agter laat en martelaar begin speel nie. Te min en te dun, soos meeste populiste maar is…

Kryger ·

Hahaha, wat ‘n belaglike stelling! Daar is makliker maniere om in die tronk te beland of selfs ‘n martelaar te word. Gogga maak vir baba bang!

Mnr. Anargie ·

Ek sal daardie Breitling koop vir R100 000… en ek is Ernstig.

Goeie Werk Afriforum!! Doen so voort!!

Al ·

Daardie horlosie is ñ kwartmiljoen rand werd – terwyl EFF se kiesers in armoede leef.
Ek al lankal gesê politiek en mag laat die rande inrol. Dis waarom Malema in die politiek is.

Hoc est bellum ·

Los die luukshede. Begin hy hul vuurwapens! As dit in die SAPD se vuurwapenregister aangeteken is.

LHS ·

En toe uit die bloute betaal iemand gou die geldjie……….gaaaaap.

Boy van die Suburbs ·

Goed So! Baie bly om te hoor! Roer daai knaap…..

Snowball ·

Commander in Thief het mos die ‘Afrikaner boys’ belowe, ‘We are coming for you!’, so ja, nou kom hulle vir jóú Kommandeur van Kluite. En nogal so saam met die ‘law’.?

Anoniem ·

Julle sal maar ‘n SWAT team saam met die balju moet stuur…

nada ·

hahahaha – ek dink ook dit gaan rof raak as die balju daar opdaag

Riaan ·

Hahaha lekker man nou hoor jy niks van die groot bek nie.Sal gaan help op laai net om sy gesig te sien.Maar die lafaard sal seker nie daar wees nie

Johannes van Rooyen ·

Dis nou ñ mooi sprokiesverhaal die hoop net dit het mooi einde ook

Jan makatan ·

Wys nou die “hof” se bevoeggpdheis odfnis sit gebrek aan regskennis? Minagting van sie hof en hulle mag maar wegstap. Nes die polisie wat nie teen rommelstrooiers ootree nie, maar eerder meedoen. Mnr die paddaprins, kry mense met kennis, kundigheid en die vermoee op wette tow te pas

Die Stem ·

Mens lees deesdae so baie slegte nuus. Dis lekker om n slag goeie nuus te lees.

Werner ·

Hy kan nie net maak wat hy wil omdat n paar mense te bang is vir die gevolge as hy vervolg word nie roer hom

Gert ·

Ek sal R100 betaal vir daai rooi berei my toilet papier is klaar .

Bul ·

Ha ha wat ‘n grap. Eers grootbek Malema “Afrikaner boys we are coming for you”…..nou is dit “Malema boy the Afriforum boys are coming for you….” baie praat, vol dreigemente maar kan niks uitvoer nie. Daar gaan Afriforum en wys hom hoe.

Lerato ·

Direk na die Swart Maandag optog is 5 boere vermoor

Hoeveel gaan na dié aksie vermoor word?

GP ·

Lerato. Die dag waneer mens ophou terug baklei en in ‘n hoekie sit en hoop niks gebeur nie, is die dag waneer mens verloor. Sien wat jy bedoel, maar ons moet nooit ophou teenstand bied nie.

HPV ·

Waar gaan 6% malema se bankrot partytjie sulke geld kry… skuus, by VBS bank!

GP ·

Ja nee goeie vraag. Dink VBS bank was vir baie ‘n kraantjie wat nou toegedraai is, so gaan dit al moeiliker word vir die kriminele.

PJ ·

Ek kry lekker tot in my kleintoontjies… Vat hom ‘n slag ordentlik vas en slaan hom waar dit seermaak…sy geld en aardse besittings… Dis tog al waaroor dit gaan vir hulle. Hy voel vere vir die armes…

OS ·

Sal baie graag wil sien hoe kom die balju in by Malema se Hydepark huis……geen kans nie! Daar is 5 wagte voor daai 5m hoog mure.

Koos de Meyer. ·

Dit maak my dag. Kry maar vir jou en jou maatjies. Sit maar jou geld waar jou mond is. Shaiha tafula.

Nikita ·

Wel OS…Afriforum het ook wagte you know…elk geval moet die SAP hulle plig nakom in so geval. As die bedrag groter was moes Afriforum sommer Juju se huis op vandisie verkoop het…dat hy kan voel hoe voel dit. Dalk moet hy een van sy wagte kry om voor sy mond te plaas. Dis lankal hoogtyd dat daai weghardlopende tong van hom in toom gehou word. Laat Juju hoes…dis mos die wet van Transvaal! Doen wat julle moet AFRIFORUM….klap daai sweep! Ons staan vierkantig agter julle. Baie sterkte AFRIFORUM!!

Gert ·

Hoop dit word deurgevoer tot die einde. Malema moet hard geklap word.

Gielie Hill ·

Ek kan nie wag om te sien wat hier gaan gebeur nie. Gaan die polisie hul werk doen as die balju sukkel?

Smirre ·

Toe hy by cANCer Youth League was het menige instansies sake gemaak teen hulle agv geen betaling vir dieste gelewer en eendag kom die makkers agter hulle is bankrot. Juliaas se ingenieurs maatskappy gaan onder agv belasting ontduiking, en hy verloor die paleis wat hy in Sandton bou agv selfde. Die plasie waarop hy koolkoppe verbou het is ook verkoop om weereens belasting skuld te delg. Ongelukkig lyk ou Juliaas te lief vir die maany om te betaal wanneer hy moet. Hoop AF ontbloot hom weereens vir die skelm nar wat hy is. Als wat die lid aanraak verander in mis lyk dit my. Not a Midas this one……

Roelof ·

Een vd landveraaiers sal sy skuld betaal. Niks gaan verder gebeur nie…
Die is ook weer net grootpraat van Afriforum se kant ook. Hulle is almal dieselfde, kyk wie het die grootste mond.

GES ·

Uiteindelik begin die wiele van geregtihheid draai. Malema jy gaan seer getrap word. Iesh! Mooi so AfriForum, skroef hom op.

PJC ·

Ek moet sê ek beny nie hierdie baju sy werk nie. Soos ons almal die EFF ken gaan hulle weer lekker amok maak.

Johan H. ·

Al dit beteken niks as hy en al sy gabbas nie in die tronk beland nie,, Hy word met handskoenne behandel saam die ander 100de zuptas…

Amanda Strydom ·

Julius is die grootste heel grootste bek wat oral dorings saai. Hy roer die pot vir al die verkeerde redes. As dit ‘n manier is om hom en sy oorpak brigade te stop, dan moet dit. Mag GOD gee dat alle duiwels met los twee snydende tonge uitgeroei word!!!

leser ·

gaan van die dreigemente ooit iets van kom, jm is glibberigter as ‘n s!@+g

Dries du Toit ·

As dit nie vir Afriforum , Solidariteit en die VF+ was nie was ek en my familie lankal uit die land uit. Hulle gee ons nog hoop

Se maar net ·

Nee wat mors van tyd. Emma en sy party so ook Zuma en sy party is verhewe bo die reg. Kom ons veg eerder vir ons skole en kerke. Ons prioriteite is verkeerd omdat ons iets wil bewys danval die ander goed uit mekaar uit.

Rooikop ·

Mooi man !!!!!!!!! Baie goeie nuus ………….. Roer hom !!!

Smirre ·

En die nar dien op die parlementere “ethics committee”……dit moet ‘n grap wees.

honourable member ·

Sterkte met hierdie een. Julle weet seker hy gaan n groot bohaai maak hieroor. Rassekaart en apartheid gaan die hoof verskonings wees.

Patriot ·

Nee wat, die eff gaan toi toi en goed afbrand en dan loop dit dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.