AfriForum gaan vermoorde sokkerspeler se familie verteenwoordig

Sifiso Meyiwa en Kallie Kriel (Foto: Verskaf)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag in ʼn mediakonferensie aangekondig adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, is aangestel as die familie se advokaat in die ondersoek na Senzo se dood.

Die Meyiwa-familie het AfriForum genader om te help om die moord op hul familielid en voormalige Bafana Bafana-kaptein op te los. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het tot op hede nog geen vervolging rakende die Meyiwa-saak ingestel nie.

Daar is vroeër berig dat Senzo sowat vyf jaar gelede op 27-jarige ouderdom tydens ʼn rooftog noodlottig in ʼn huis in Vosloorus in Boksburg doodgeskiet is. Die polisie het ʼn dag later identikits vrygestel van twee mans wat verdink word van die moord. Die NVG het net daarna erken dat ʼn verdagte in die Boksburg-landdroshof verskyn het in verband met die moord op Senzo. Die aanklag teen die verdagte is egter ʼn week later teruggetrek.

“Vir AfriForum as burgerregteorganisasie is dit belangrik om by sake soos hierdie betrokke te raak omdat dit in die hele land se belang is dat die strafregstelsel na behore funksioneer,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Sifiso Meyiwa, Senzo se broer, het gesê hulle wil met die hulp van AfriForum sy geliefde broer se nagedagtenis eer, deur te verseker dat geregtigheid geskied en sy moordenaars tot verantwoording gebring word. “Die Meyiwa-familie is trots om met ’n organisasie verbind te word wat die waagmoed het om saam met ons standpunt in te neem in die stryd om geregtigheid in hierdie saak. Ons doen dus ’n beroep op alle billike Suid-Afrikaners van alle rasse om saam met ons te staan en hierdie ongeregtigheid te beveg,” sê hy.

AfriForum en die Meyiwa-familie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die saak om ’n e-pos na [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Judge Dredd ·

So jy wil nie he die howe en NVG moet ‘n beter werk doen nie???

piper ·

is die familie lede van afriforumlede en het hulle maandeliks bygedra tot afriforum. ? ek en my vrou dra maandeliks by tot afriforum en ek voel afriforum eerder geld spandeer en opvolg op getuienisse wat uit die zondo-kommissie uitgekom het. die regering self gaan niks doen nie behalwe miljoene mors op die zondo-kommissie.

Abe ·

piper,
Ek dink nie die verstandhouding was ooit dat die ledegeld, skenkings ens. aan AfriForum moet dien as n soort van versekeringspremie dat as jy eendag regshulp nodig het, AfriForum se vervolgingsgesag tot jou redding sal kom nie. Ook nie dat indiwidue wat nie lede van AfriForum was nie, noodwendig uitgesluit sal word by die optrede van AfriForum nie. So n siening sal ook nie moreel aanvaarbaar wees nie. Lees weer Kallie Kriel se relaas oor hoekom hulle betrokke raak by hierdie saak.

Hagar ·

Ek verstaan nie. Gerrie Nel is daar om die saak te hanteer, maar soos ek wel verstaan is daar nog niemand in hegtenis geneem nie. Wel een maar is weer moontlik met onskuldbevinding vry gelaat.

Abe ·

JK.
Jou kommentaar is onduidelik vir my. Wie is “julle” waarmee jy praat? En waarvoor staan PC?

Feite ·

Regtig JK, weet jy nie dat pc staan vir dit waarteen afriforum gereeld uitvaar teen persone wat van opinie met hulle verskil, nl political correct. Kan jy dit nou glo, wys jou afriforum tree op soos dit hulle pas. Mense mag maar wantrouig wees, baie wantrouig!

Lewiesbokwa ·

Dat AfriForum betrokke raak by hierdie saak is fantastiese nuus. Ons kan maar net ernstig bid dat hierdie saak suksesvol ondersoek sal word en ‘n einde sal bring aan die onsekerheid wat in die harte van die familie en geliefdes heers oor hierdie raaiselagtigesaak. Ek kan net dink wat ‘n deurbraak sal beteken op verhoudinge in SA.

“Om te doen wat jy predik was nog nooit ‘n skande nie, maar ‘n besliste oorwinning vir dit wat reg is.

Abe ·

Lewiesbokwa,
‘n Baie goeie kommentaar wat n goeie repliek lewer op kommentare op hierdie berig.
Baie dankie aan AfriForum en sy vervolgingsgesag vir betekenisvolle optrede. Mag julle alle sukses ondervind met die verloop van hierdie saak.

Hendrik ferreira ·

Duidelik word net komentare toegelaat wat MM se agenda pas ,ek verstaan nie hoekom hulle dit nie deel van hulle reëls maak nie.

Db ·

@ Hendrik. So bly daar is nog iemand wat dit kan sien. Ek word omgeklits om heeltyd te probeer maar verdwyn alles soos mis voor die son

Cherokee ·

Jy verdien ‘n kompliment met jou stelling, Hendrik fereirra.

Cherokee ·

Ek wil dit nie graag sê nie maar begin om AfriForum se agenda te bevraagteken. Ek frons oor duur projekte wat onderneem word vir swart bevolking en wonder of soveel bydraes uit daardie rigting ontvang word. Die vraag begin deurskemer oor waar hul lojaliteit lê.

Abe ·

Cherokee,
AfriForum het al meermale, soos nou ook in hierdie berig, bekend gemaak wat hulle agenda is, nl. om te veg vir reg en geregtigheid. Dit is tog ook wat ons almal wil he (of behoort te wil he). Dit is vir my net reg dat hulle lojaliteite by daardie ideaal sal le.
Hierdie saak is n ideale geleentheid om daardie ideaal na te streef en enige regdenkende persoon kan hulle nou net alle sukses en voorspoed toewens.

Anoniem ·

Dis wonderlik hoe onbaatsugtige afriforum help aan sake, maar in my seun se moord het hulle nie eens belanggestel nie

Eugene ·

Sterkte aan AfriForum en die familie. Laat geregtigheid geskied.

Haan ·

“publicity stunt” soos die Grace Mugabe saak. Afriforum, moenie dink die weerstand minder gaan raak as julle sê wat hulle wil hoor of doen wat hulle wil hê nie (soos die onlangse “blanke nasionalisme” storie)
Julle lede voel daar is niemand anders wat hulle op die politieke verhoog kan verteenwoordig nie. Bloed is dikker as water

Feite ·

Cherokee het n punt beet en Haan se bloed is dikker as water moet hy verander na geld wat stom is maak reg wat krom is!

Dit laat my dink! ·

Ai Afriforum, ek hoop julle antwoord die vraag of hulle ledegeld betaal, of nie!!
Of waag ‘n kans om dit nie te doen nie en verloor lede…
Moeilike ene nê?

Judge Dredd ·

“Meyiwe-familie het Afriforum genader om te help”

Dolf ·

Onaangename dilemma vir Afriforum. Meer swart families gaan nou in die ry val vir hulp. Maar dit was nog altyd die Afrikaner se ondergang. Weet nie hoe om nee te sê nie. By SolTech en Akademia sal dit later ook die geval wees. Voor jy weet is lesings in Engels met Afrikaanse tolke.

Db ·

Dit is hoekom ek nie belangstel in hulle nie. My mense bloei hulle dood en word daar baie weinig gehelp aan hierdie kant van die draad. Gerrie Nel moet besluit vir wie hy nou eintlik wil baklei – die arm blanke wat nie advokate kan bekostig nie of slegs die rykes wat geld kan inpomp. Vra maar net

Feite ·

Afriforum se veg vir geregtigheid om afrikaans by afrikaanse universiteite te behou het uitgeloop op die uitfasering van afrikaans by die universiteite en isolering van afrikaans by solidariteit. Die veg vir geregtigheid lyk al te veel eerder na die bou van n sakeryk en ek glo dat bitter min mense met my sal kan stry, gegewe die beskikbaarheid van grondige feite. Die Afrikaner se geld is goed genoeg, maar nie sy opinie nie, veral wanneer dit van afriforum se opinie verskil en ook wanneer moeilike vrae gevra word, soos waar is geregtigheid vir anoniem se seun, asook vir al die vermoorde boere se gesinne en families!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.