AfriForum gee sy regspan opdrag om polisie-inligting oor plaasmoorde te eis

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

AfriForum het vandag aan sy regspan opdrag gegee om opsies te oorweeg om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, te dwing om meer inligting oor plaasmoorde aan die organisasie beskikbaar te stel.

Dit volg nadat die kommissaris beweer het dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, terwyl AfriForum en TLU SA se data duidelik aantoon dat die syfers wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekend gemaak het, onvolledig is.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat daar volgens AfriForum en TLU SA se rekords in die afgelope vyf jaar ten minste 316 plaasmoorde waarvan die inligting geverifieer kon word, gepleeg is. Phiyega beweer egter dat daar volgens die SAPD in dieselfde tydperk slegs 271 plaasmoorde was.

“Of die polisiekommissaris doelbewus met oëverblindery besig is en of die SAPD uit blote nalatigheid nie in staat is om betroubare syfers oor plaasmoorde bekend te stel nie is nog onseker. Juis daarom is dit nodig om agter die kap van die byl te kom.”

AfriForum sal spesifiek die name aanvra van al die boere wat volgens die polisie in die afgelope vyf jaar vermoor is om vas te stel watter plaasmoorde nie deur die polisie aangeteken is nie. Die kommissaris sal ook gevra word om die polisie se metodiek rondom die insameling van statistiek oor plaasmoorde bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Knersus D ·

There are Lies, damned Lies and then Statistics…. Phiyega het nie ‘n koekie se clue oor wat die regte syfers is nie

Anton Smit ·

Al het sy die regte inligting verstaan sy dit in elk geval nie en so ook haar ondergeskiktes wat die inlig moet insamel

Drieks ·

Mooi Afriforum, jul hou hierdie land op sy tone.
Mense sluit aan by Afriforum, saam kan ons iets doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.