AfriForum herstel 15 990 slaggate teen byna R2,5 miljoen

slaggatDie burgerregte-organisasie AfriForum het gedurende sy nasionale slaggatmaand in Mei vanjaar bykans 16 000 slaggate teen R2 479 000 landwyd herstel.

Al AfriForum se takke het aan dié veldtog deelgeneem en meer as 636 ton teer is gebruik om die herstelwerk te voltooi.

Volgens Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het die organisasie aanvanklik beplan om 12 000 slaggate teen R2 miljoen te herstel, maar gedurende die verloop van die veldtog gesien dat groter ingryping nodig is.

Pawson sê voorts dat dié veldtog AfriForum se tweeledige strategie, naamlik selfdoen en staatsonafhanklikheid, in gemeenskappe versterk het. “Die strategie behels onder meer dat AfriForum se takke die staat verantwoordelik moet hou om dienste te lewer. Ons takke moet verder sorg dat gemeenskappe selfstandig word deur onder meer selfdoeninisiatiewe. Om dít te bereik, is regsprosesse teen munisipaliteite dikwels nodig.”

Pawson sê dat munisipaliteite dikwels verskillend op aanmanings en regsaksies reageer. “Sommige munisipaliteite het voor die afskop van die projek positief op AfriForum se aanmanings gereageer en slaggate óf self herstel óf hul samewerking aan die organisasie gebied. Regsaksie sal teen munisipaliteite wat AfriForum se aanmanings geïgnoreer het, geneem word en alle uitgawes sal teruggeëis word.”

Munisipaliteite wat in reaksie op AfriForum se aanmanings slaggate herstel het, het na raming sowat R1,4 miljoen bestee en 5 638 slaggate reggemaak.
“Ons hoop dat hierdie en soortgelyke veldtogte ʼn positiewe kopskuif by lede van die gemeenskap sal bewerkstellig en tot ʼn verbetering in munisipale dienslewering, asook ʼn verhoging in selfdoenprojekte sal lei,” sê Pawson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

vermeende ·

Baie goeie en mooi gebaar maar kon die geld nie beter spamdeer gewees het in die hof om owerhede te vorseer om hulle werk te doen nie?
Nou sit n hoop mense met grawe in die hand wat inkomste verdien maar nie werk nie en so ondersteun ons die owerhede om goed te lyk.
Waarvoor betaal ons lisensie geld?……..o-ja vir daai wel en hard verdiende bonus!

Knapie ·

So, as my wiskunde my nie in die steek laat nie kos dit afriforum gemiddeld R155 per slaggat om dit te herstel. Verbystetend dat die owerhede eerder wag totdat die pronleem so groot word dat dit miljoene kos voordat hulle aandag daaraan skenk.

Dit is veel beter om aandag te skenk aan klein slaggate voordat hulle die ryvlak verwoes.

Lida ·

Afriforum moet nou net die rekening vir die betrokke Munisipaliteite stuur om sodoende hulle geld terug te kry. Hulle het mos ‘n begroting geky en ek voel dit is niks meer as reg om Afriforum te vergoed vir hul goeie werk nie. Maar nou-ja daardie geld is ook seker lankal gesteel. Kry dan ‘n hofbevel om hulle te verplig om te betaal vir werk wat deur ander gedoen is.

Johann Marx ·

Ons sal ALLES self doen in ons woonbuurt……GEE TERUG MY ERFBETLASTING!! Ek kan nie vir’n diens betaal, en dan die werk self doen nie….Nie een van my kliënte wil my betaal, en dan self doen waarvoor hy my betaal het nie. Hoekom werk dit so met die munisipaliteite?

Susan @ ·

Vir wat moet ons grondbelasting betaal? Ek hou ons paadtjie voor die huis skoon. As ons hulp kry vir binne gras sny ens betaal ons daarvoor. Die huis word betaal aan jou bank .

Pieter ·

Afriforum betaal R155 per slaggaat en die staat R250??? Hoekom betaal die staat meer as ‘n privaat organisasie?? Miskien moet die staat maar die kontrak aan Afriforum gee om kostes to bespaar…

Knapie ·

Pieter

Die moontlikheid bestaan wel dat waar die staat ingegryp het, dit moontlik was vir meer gespesialiseerde werk, bv gevorderde of groter slaggate.

Hendrik Havenga ·

As lid van Afriforum steun ek dit nie. Ons betaal maandeliks die munisipaliteite belasting en die geld gaan na hul sakke, so hulle lag vir ons. Afriforum moet liewers n geldige trust fonds stig sodat ons die geld daarin kan betaal. Met die regs kostes om die geld terug te kry kan hulle eerder baklei in die hof dat hulle, hulle werk moet doen en uitgawes soos karretjies van R1mil te stuit.

Johannes ·

Ek stem saam Hendrik. Ek is ook lid van AfriForum, maar om die staat se werk vir hulle te doen (en dit teen ons eie koste) maak net nie sin nie. Ek steun dit ook glad nie.

AfriForum behoort eerder planne in plek te kry om in opstand teen die regering te kom.

Delia ·

Hendrik, in ‘n sekere mate stem ek saam met jou oor die belasting, maar ek saluut Afriforum vir die herstel van die ‘pot holes’. Wonder maar net wat sou jy voel as dit een van jou geliefdes was wat sou verongeluk of selfs gesterf het, as gevolg van so ‘n gat in die pad! (Sien berig hier bo).

Ruby ·

Die munisipaliteite is te dankbaar Afriforum doen die herstelwerk, dan hoef hulle dit nie te doen nie.

Sal graag wil sien dat wit jongmans opgelei word om dit te doen, insluitende die trokdrywers.

Johannes ·

Ek wonder ook half waarom AfriForum dit gedoen het? Waarvoor betaal ons dan belasting?

Waarom nie eerder hierdie geld spandeer om AKTIEF in WEERSTAND of OPSTAND teen die regerering te kom nie? Spandeer eerder julle tyd en fondse om geld (belasting) van die ANC te WEERHOU – nie om die ANC se verantwoordelikhede na te kom nie!

BOLANDER ·

Johannes, Afriforum doen dit terwyl die werkers wat veronderstel is om dit te doen op die “job” sit en slaap. Hulle lê mos agteroor met hulle monde oop helder oordag en slaap, lêkker nê. En ons moet werk vir ons geld!!!

Nenna ·

Baie dankie Afriforum! Ek wonder hoeveel lewens is gespaar met julle optrede. Julle is ‘n amazing klomp mense en ek staan nog elke dag verstom vir die inisiatief wat julle aan die dag lê.

Self polisieering ·

Ons sal dringend ook self polisieering moet opskerp. Buurtwagte sal versterk moet word, en wat van as ons n privaat sekuriteitsmaatskappy stig wat arm blankes ook kan dien, en wat saam met die sekuriteitsmaatskappy werk van mense wat reeds gedien word? Duidelik is dit nodig want die huidige sisteem werk nie as ons na die moorde en misdade teen ons mense kyk.

Johannes ·

Goed, maar dan wil ek nie meer belasting betaal nie. My belasting kan dan na privaat instansies gaan om basiese dienste te bied.

Self polisieering ·

Johannes, dit is so dat ons reeds belasting betaal, maar die regering is te pateties om dit reg aan te wend ek hulle sal nie regkom nie. Die dienste word maar netnie gelewer nie. So ons moet of dubbel betaal, of word uitgemoor. Ons betaal alklaar dubbel vir baie, meeste dienste, soos mediese fonds, tolpaaie en baie meer.

Johannes ·

Dit is waar jy die fout maak. Ons moet OPHOU om die staat enigsens te betaal vir dienste wat hulle nie lewer nie – MAW ons moet belasting weerhou. Daardie geld kan dan aangewend word om ons eie (lees: vir die bydraende Afrikaner) sekuriteit en dienste te skep en te onderhou. Waarom moet ek driedubbel vir basiese dienste betaal net sodat die terroriste kan aanhou om my geld te steel? Dit is LANKAL tyd vir AKTIEWE WEERSTAND teen die ANC!

Juffrou ·

Hoekom doen Afriforum dit? Spaar die ANC se geld? Mors ons ledegeld!

PC ·

Juffrou, dis nogal ‘n inhalige stelling. Ek het self ook aansoek gedoen by Afriforum oor n pad in Limpopo, maar hulle het ongelukkig nie daar uitgekom nie. Nie te min, is ek verheug vir die areas wat wel reggekom het. As jy weet hoeveel frustrasies gepaard gaan om te sien hoe korrupte munisipaliteite net geld mors en geen diens lewer nie, Die kostes wat mense aangaan waar voertuie verniel en beskadig word raak net te veel. Op hierdie spesifieke pad van ongeveer 32km is n kontrak omtrent 8 jaar terug toegeken aan 2 maatskappye. Die een maatskappy (n wit kontrakteur) het ingeklim en sy deel reggemaak, die deel is vandag nog in n baie goeie toestand, die ander 16km was daar al seker 4 kontrakte uitgegee, elke keer is daar n spul manne met splinternuwe oorpakke en grawe (en n splinternuwe bakkie) wat vir n week of twee rondhang en dan verdwyn. Die betrokke deel is nou meer grond as teer, inwoners self het al probeer vul, maar die steenkool vragmotors ry dit dan vinniger uit as wat jy kan vul. Daar is al tot vervelens toe navrae gedoen by die munisipaliteit vir herstel, maar 8 jaar later nog niks. Daarom sal mense wat verstaan, Afriforum bedank, eerder as om te kla, omdat dit jou niks in die sak gebring het nie…

Johannes ·

PC, dit gaan nie daaroor dat ek kla oor wat AfriForum probeer doen nie – ek is self ‘n bydraende lid van AfriForum. Maar om dienste wat die staat MOET lewer op ons eie koste te voorsien maak mos geen sin nie. Hoe gaan sulke aksies die ANC regering tot verantwoordelik roep? Al wat gaan werk is om AKTIEF tot WEERSTAND of OPSTAND te kom – bv. weerhou belasting van die regering en gebruik dan daardie fondse om vir onsself (i.e. die Afrikaner) te sorg.

Petisies teken en gaatjies toestop gaan ons saak met die staat (ANC) net mooi niks bring nie – onthou, die ANC is ‘n klomp terroriste wat net geweld, opstand en radikale optredes verstaan. Dit is tyd dat ons ook radikaal begin optree.

rr ·

Wonder wat staat sal sê,as ons almal se belasting na Afri Forum gaan. Sal hul dan dalk wakker skrik.

Johannes ·

rr, presies! Ons moet ophou om die staat (ANC) se werk te doen vir hulle. Ons moet eerder in opstand teen die ANC kom. Dit kan gedoen word deur eerstens belasting te weerhou.

humor ·

Het gelees dat daar wel n hofgeding sal wees en hoop dat daar dan befondsing sal kom. n Wenk vir AfriForum. Ek glo daar is baie arm blankes wat smag na werk om brood op die tafel te kry. Adverteer hierdie aksies waar dit hierdie manse kan bereik en skep werk vir hulle!!!!!!!!!!!

André du Plessis ·

Baie dankie AfriForum ! Soos AfriForum se kennisgewingborde dit so mooi stel – iets doen is beter as niks doen en net kritiseer nie. Julle optrede verskerp die entoesiasme en samewerking van diegene wat gedoeg van die swak diens van ons plaaslike owerhede gehad het. Ons maandelikse bydraes is dan juis daarop gerig om iets te doen en nie net te kritiseer nie! Wie betaal vir die skade aan ons voertuie voortspruitend uit die slaggate?

Theo ·

Baie waar Andre, ek is net bevrees dat as jy dit begin doen, gaan hulle voortaan hul nie meer daaroor bekommer nie want Afriforum gaan dit in elkgeval doen. Dis mos die “Gee die pinkie en hulle gryp jou hele lyf” mentaliteit.

Johannes ·

Andre, beslis moet ons eerder iets doen as net kritiseer (ek is self ‘n AfriForum lid). Maar dan moet ons slim doen, nie dom nie. En hierdie is dom – nou doen ons (ten duurste!) die staat se werk. Hoe gaan sulke dade OOIT die regering tot verantwoording roep? Hulle steel verder terwyl die Boere mos die gate toemaak.

Dieselfde met ons universiteite – die staat vernietig ons kampusse, nou wil ons TEN DUURSTE ons “eie” universiteit probeer bou. Hoekom nie dieselfde fondse gebruik om AKTIEF ons huidige kampusse te beskerm nie. Hoekom nie vir ‘n slag AKTIEF tot WEERSTAND kom nie (bv. sit stakings, weiering om klasgelde te betaal, ontwrigting op kampus)?

Carel ·

Wie eet nou uit wie se hand? More word dit AfriForum se werk om slaggate te herstel. Waarom nie die owerhede dwing om dit te herstel nie? Nou het die ANC reggekry waarheen hulle nog altyd gemik het dat iemand anders so patrioties sal wees om hulle verantwoordelikhede oor te neem, en stel die skuldiges in ‘n posisie om met hulle handjies gevou te staan en toekyk en sekerlik nog kritiseer waar dit beter gedoen moes word. Ai, ek dog ek ondersteun slim mense!!

Johannes ·

Carel, PRESIES! Ek begin wonder of ek nie maar my bydrae moet stop nie. Todat AfriForum nie besef dit gaan AKTIEWE, RADIKALE OPTREDE verg om ons saak te stel nie, is ek bevrees gaan die ANC ons net verder in die grond trap.

Petisies teken en hof toe hardloop het NET MOOI NIKS gehelp om Afrikaans by US en UP te behou nie. Ons gaan die kampus tot stilstand moet dwing om gehoor te word.

Laurika ·

Ek woon in Vanderbijlpark en ek kan getuig dat die paaie danksy Afriforum BAIE beter lyk. Vanderbijlpark se paaie is so sleg, ek spot gereeld met my man en sê dat, as ek na werk tuis arriveer nie, hy my in een van die slaggate moet gaan soek. Ek skenk regtig ‘n klein bedraggie maandeliks aan Afriforum, en dit is vir my heerlik om te sien wat hulle als doen met daai geldjie. Afriforum maak dit reg, die ander is te sleg!

lynette ·

Het julle dit nog nooit gelees of het julle bietjie vergeet? Daar is al vele kere genoem dat Afriforum vir die munisipaliteite n rekening stuur vir die werk wat hulle doen. So julle ledegeld word nie vermors nie. Daar is intelligente mense wat in beheer is van Afriforum. Wees dus maar gerus.

Johannes ·

Lynette, dis goed om te hoor. Vraag is: hoeveel van daardie geld IS toe wel vanaf die munisipaliteite verhaal?

lynette ·

Het julle dit nog nooit gelees of het julle bietjie vergeet? Daar is al vele kere genoem dat Afriforum vir die munisipaliteite n rekening stuur vir die werk wat hulle doen. So julle ledegeld word nie vermors nie. Daar is intelligente mense wat in beheer is van Afriforum. Wees dus maar gerus.

Ekke ·

Afriforum!!!! Julle rock in hiri land van ons…
Jammer julle naam verskyn nog nie op die stembriefies vir 3 Aug 2016 nie, julle het my stem sonder twyfel..

Groete

Doen so Voort en dankie dat julle ‘n verskil maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.