AfriForum het ʼn plan om SA se misdaadprobleem hok te slaan

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal op Saterdag 6 Mei ʼn nasionale veiligheidstrategie, genaamd Projek Nehemia, bekendstel in ʼn poging om Suid-Afrika se groeiende misdaadprobleem te bekamp.

“Met sowat 18 000 moorde wat per jaar gepleeg word, kan ons eenvoudig nie meer terugsit en toelaat dat nog ʼn landsburger ʼn syfer in hierdie skokkende statistieke word nie. Gemeenskappe is ʼn integrale deel in die bekamping van misdaad.

“Ons grootste probleem is tans dat daar talle suksesvolle veiligheidstrukture is, maar geen nasionale plan om hulle doeltreffend te laat saamwerk nie,” het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

Volgens Cameron is die bekendstelling van die nasionale strategie deel van ʼn veiligheidsberaad wat AfriForum saam met die Solidariteit Beweging by die Heartfelt Arena in Pretoria sal hou. Talle kenners sal verduidelik hoe uiters belangrik gemeenskappe se rol in misdaadbekamping is. Konferensiegangers sal ook kan sien wie is van die hoofrolspelers in die geveg teen misdaad.

“Kenners gaan ook verduidelik hoe gemeenskappe en individue in die geveg teen misdaad betrokke kan raak. Gemeenskappe moet eenvoudig begin om hulle binne die wetlike raamwerk self te beveilig. Buurt- en plaaswagte is bewese konsepte wat misdaad saam met die polisie en privaat sekuriteit kan hokslaan. Dit is al herhaaldelik bewys.”

Afgetrede genl. Roland de Vries, ʼn raadgewer vir Projek Nehemia, is een van die sprekers tydens die beraad en sal verduidelik hoe inligting doeltreffend gebruik kan word om misdaad te bekamp. “Die strategie van Projek Nehemia is inklusief en het ten doel om alle gemeenskappe met inligtingsbestuur en misdaadvoorkoming deur ʼn nasionale netwerk te help.”

Tydens die beraad sal daar ook gefokus word op:

  • Die vestiging van ’n nasionale operasionele vermoë binne die wetlike raamwerk.
  • Die vestiging van ’n nasionale veiligheidstelsel in samewerking met alle rolspelers.
  • Die skep van ’n nasionale bewustheid om gemeenskappe te mobiliseer om saam te werk in die stryd teen misdaad.
  • Die werf van nasionale en internasionale steun.

Van die ander sprekers vir die dag sluit in: Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Yusuf Abramjee, gemeenskapsaktivis, wat sal praat oor die rol van die burgerlike samelewing in die stryd teen misdaad en Mosiuoa Lekota, leier van Cope, wat sal praat oor die impak van misdaad op landelike gebiede.

Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies sal internasionale voorbeelde gee van hoe samelewings teen misdaad kan veg, terwyl Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe, sal verduidelik wat Suid-Afrika se voorland is indien niks gedoen word nie.

Verskeie misdaadvoorkomingorganisasies soos onder meer ER24, Hi-Risk Unit, Golan Krav Mag Internasionaal, Legally Armed, die Tshwane-metropolisie, Suid-Afrikaanse polisiediens, AfriForum 911 en C-Track sal ook tydens die beraad uitstallings hou.

Daar is minder as ʼn week oor om te registreer vir die beraad. Bespreek jou sitplek by hierdie geleentheid deur www.veiligheidsberaad.co.za te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa ·

Beslis ‘n beginpunt. Hoop elkeen wat ooit Maroela Media lees, gaan bywoon.

AL ·

Dis ñ baie goeie inisiatief. Dit klink belowend oor die hoë stand van vaardigheid van die gassprekers. Beslis ñ moet.

Piet Pompies ·

As iemand anders dit nie vir jou wil doen nie, dan doen jy dit self. Puik plan, sal dit ondersteun.

Corrie du Plessis ·

Waar is Afriforum terwyl die land brand? Maak sommer ‘n begin by Coligny!

Waar was jy Corrie? ·

AFRIFORUM is nie die weermag of polisiemag nie. AFRIFORUM is ‘n burgerregte organisasie en word nie deur COLIGNY se inwoners betaal om hulle te beskerm nie of dink julle AFRIFORUM is ‘n SEKURITEITSMAATSKAPPY? Hoekom hou jy nie jou REGERING verantwoordelik nie of betaal jy nie belasting nie? Jou BELASTING is veronderstel om jou VEILIG te hou en te verseker die Polisie en Weermag beskerm jou .. AFRIFORUM het nie wapens nie en het ook nie brandweerwaens nie .. hou OP om die onmoontlike van ‘n jong organisasie te verwag wat alles doen wat hulle kan om mense te HELP . nie met WAPENS te verdedig nie !!

jaco ·

Ek hoop afriforum los nou hulle duur hofsake oor miskenning van Afrikaans. Geld uitgegee op misdaadvoorkoming is veel meer sinvol. Om iemand te dwing om engels te praat lei nie tot diefstal en moord nie. En engels is darem verstaanbaar en dis n oorsponklik n wit koloniale taal waarin miljoene mense wereldwijd “onderdruk” is.

anton ·

Afriforum moet steeds veg vir ons taal!!! As jy nie trots is op jou taal nie, wat bly oor?
Ek kan soms skreeu dat die berge antwoord gee omrede ek myself nie mag/kan uitdruk in my geliefde taal Afrikaans!
Ek is n Afrikaner en bly in Suid Afrika en ek wil Afrikaans praat. Nie engels nie!!!

humor ·

Waar was Corrie….Jy het Corrie nou goed gese. Mense wat nie eesns weet waar die bel van die klok hang nie maar altyd gereed is om te kritiseer, om af te takel en n getiewe gees te skep terwyl hulle nooit hul bree vet sitvlakke uit hul gemaksones te lig nie. Corrie gee maar net n R10 tjie en Afri Forum sal dit gebruik tot jou diens.

ekke ·

Om ons self te beveilig kos finansiele uitgawes.dit is die staat se plig om die land se burgers te beveilig.em dit sal nie gebeur nie. So wat nou

Jaco Grobler ·

Nou doen ons dit self, lees en begrip, nie met die doel om die artikel af te rammel en dan leë kommentaar te lewer nie.

Anoniem ·

“Ekke” jy vra “wat nou” dan neem jy self inisiatief en jy pak die bul by die horings om jouself en jou familie te beskerm en ja jy kan gerus ook die inisiatief van Afriforum ondersteun. Dit is wat jy doen.

Nita ·

Dankie Here iemand probeer n beter plan uitdink. Almal wat se die regering en polisie moet jou beskerm omdat jy belasting betaal, is onnosel. Lyk dit of die plan sover werk? En ons wat onsself moet bewapen en beskerm, hoe het dit gewerk sover??? Die polisie slyp hulle tande om my te ontwapen. So Afriforum; Help asseblief!

SARIE VAN HEERDEN ·

As Afriforum veg vir ons taal is dit ook reg maar dit help nie ons het ‘n taal en nie meer mense om dit te praat nie. Los Afriforum met dit wat hul nou probeer doen. Hulle maak van kundige mense gebruik en ons moet hul ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.