AfriForum-hoës in VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening

Argieffoto: AfriForum Jeug

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, het Woensdag in die VSA aangekom waar hulle Suid-Afrika se situasie rakende plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig.

AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding te vestig, het die afgelope tyd vinnig uitgebrei, sê Kriel.

Sedert ’n gesiene Australiese joernalis op besoek aan Suid-Afrika deur AfriForum geneem is om onderhoude eerstehands met plaasaanvalslagoffers te voer, het letterlik tientalle berigte oor plaasmoorde en die ANC-regering se voorgenome miskenning van eiendomsreg in die Australiese en ander hoofstroommedia verskyn.

Toonaangewende politici in Australië het kennis geneem hiervan en sterk standpunt ingeneem. Optogte teen die moorde en onteiening is onder meer in Perth en Brisbane in Australië gehou. In Maart is daar ook in Brussel ’n seminaar by die Belgiese parlement oor plaasmoorde en onteiening gehou.

Volgens Kriel neem die wêreld toenemend kennis van plaasmoorde en die ANC se planne om eiendomsreg te skend. Toonaangewende mediahuise in die VSA, Brittanje en Europa het uitgebreide aandag aan die saak geskenk – dermate dat AfriForum deur gesiene meningsvormers genooi is om die VSA en Europa te besoek.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

’n Uitnodiging is ook van ’n gerespekteerde openbare verteenwoordiger van ’n sentristiese regerende party in ’n Europese land ontvang. AfriForum het die uitnodigings aanvaar en die bewusmaking skop vandeesweek in die VSA af.

Kriel het verwys na kommentators en politici wat gal braak oor AfriForum se internasionale veldtog en meen die ou en afgesaagde strategie om die geregverdigde kommer wat onder die groot gros gematigde lede van minderheidsgemeenskappe heers valslik as “regs” af te maak, werk nie meer nie.

Kriel meen die ANC probeer mense paai met naïewe uitsprake soos dat pres. Cyril Ramaphosa nooit onteiening sonder vergoeding sal deurvoer nie en dat sy uitsprake dat hy dit wel gaan doen bloot ’n poging is om sy mag te konsolideer en die EFF te uitoorlê.

“AfriForum het dié storie al voorheen gehoor. Van die Zimbabwiese boere wat die afgelope jare in hul stryd vir geregtigheid deur AfriForum bygestaan is, het by meer as een geleentheid gesê dat hulle ook destyds Mugabe se uitsprake oor grond afgemaak het as politiekery om kiesersteun te behou. Hulle het gevolglik laaggelê en al hul hoop op ‘opbouende’ gesprekke met die Mugabe-regering geplaas. Die uiteinde is daar vir almal om te sien.”

Volgens Kriel is Suid-Afrika egter nie Zimbabwe nie. Anders as in Zimbabwe is sterk burgerlike instellings soos AfriForum gerat om internasionale druk te help genereer om die skending van eiendomsreg te help verhoed.

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Benewens internasionale steunwerwing gaan AfriForum ook argumente teen onteiening sonder vergoeding ter tafel lê tydens die sittings van die parlementêre komitee wat die wysiging van die Grondwet ondersoek. As dié argumente egter nie deur die een of ander vorm van druk gerugsteun word nie, beteken dit – in die lig van die ANC se “balance of forces”-benadering – dat daar gebedel eerder as beding word.

Al uitweg is dus internasionale druk deur buitelandse beleggers en regerings teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika.

Roets het gesê benewens gesprekke wat met ’n aantal meningsvormers, afgevaardigdes van die regering, navorsingsinstansies en ander belanghebbendes in die VSA gevoer sal word, sal daar ook eksemplare van sy boek, Kill the Boer, versprei word. Dié boek sal amptelik op 30 Junie in Pretoria bekendgestel word.

“Die doel van die besoek in die VSA is om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer en daadwerklik op te tree om ’n einde hieraan te bring.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

GES ·

AfriForum baie dankie vir julle toewyding en harde werk. Behou asb momentum. Die waarheid is besig om die leuen in te haal. Die linkse liberaliste in ons geledere is soos ʼn kanker. Hulle gaan hulleself uitfaseer.

Uncle D ·

Ai ons arme blanke boere nasie wat maar net nie wil luister nie. Waarom plaas jul jul hoop op mense. Wat sal mense waar ook al enige verskil kan maak. As jul maar net soveel vertroue in jul 3 Enige God gehaat het as in mense sou die probleme al lankal deur Hom opgelos gewees het. Al wat Hy vra is om getrou aan Hom en Hom alleen te wees. Maar dit is makliker om op mense te vertrou. Jul probleeme sal al hoe groter en groter word. Alles behoort in elke geval aan Hom. Ons kan aanspraak maak op niks. Alles wat ons het en is is net deur Sy genade en dit behoort genoeg te wees. Keer terug na jul 3 enige God en vertrou op Hom alleen.

Casper Labuschagne ·

@Uncle D – Al gehoor van die Amerikaans sêding wat lui, “Praise the Lord and pass the ammunition?” Ons is uitgerus deur ons Skepper met al die nodige vermoëns om Sy wil te laat geskied gevolglik is ons verplig om dit te gebruik. Is dit nie eerder verkeerd om bloot stil te sit en te wonder hoekom daar dan nie ‘n wonderwerk plaasvind om ons te red nie?

ChristaT ·

UncleD het jy nog nooit gehoor dat God deur mense werk hier op aarde nie. Ons is instrumente in sy hande. Ons is sy dissipels. Ons vertrou op God en God stuur ons om hard te werk so ook is Afriforum instrumente in sy hande. God bepaal ons wee.

Snotkop ·

dis baie mooi uncle maar daai geloof moet oorgaan in dade.

B-man ·

Ek dink ons besef dit. Ons frustrasie ontstaan wanneer mense wat ook so behoort te glo, ons karige besittings (wat ons uit die sweet van ons aangesigte verdien het), net wil vat – sonder om daarvoor te werk. Ons moet glo dat God ‘n plan het, maar ons moet vir ons mede-burgers kan wys dat hulle die situasie verkeerd aanpak. Naaste-liefde en vergifnis is die uitweg en is die ware ‘struggle’.

Sam ·

Uncle D, jou houding is die probleem – om daadwerklik iets te doen is beter as om op die kantlyn te sit, handjies te vou en wag dat al jou genade van bo gaan kom. Soms kom dit van binne en inspireer jou tot aksie.

Lana ·

Uncle D, ek is moeg vir dié soort kommentaar. Dink jy regtig vir een oomblik dat God nie in die eerste plek aangeroep is nie? Dink jy regtig dat God nie saam met Kriel en Roets op die sending is nie?
Ons het ook ‘n verantwoordelikheid om van ons kant nie net te sit en toekyk nie, maar op te tree volgens God se antwoord op ons vrae.
So, wanneer jy kommentaar soos hier bo lewer, sê liewer jy praat met die mense wie se verhouding met God nie reg is nie.

Leser ·

Dit is waar wat jy se Uncle D, maar die Here gebruik ook mense om Sy wil uit te voer.

ig ·

So Uncle D jy stem saam dat Gods water oor Gods akker loop terwyl jy sit en kyk hoe die jakkelse die wingerd verniel.Dit help nie ons is Heavenly Holy en Earthly Useless nie.

eugene ·

Uncle D
ek het geen twyfel aan vertroue in God nie maar wil jou net inlig dat God nie n passiewe houding wardeer nie, die geskiedenis bewys dit
jy moet pasop om te sinspeel dat vermoorde boere dan nie gelowig was nie
dankie mense van Afriforum – julle maak ons trots – sterkte ons moet optree in geloof en dade

Kleintjie ·

Uncle, moet beslis nie passief wees nie, God straf passiviteit. Kyk maar wat het met soveel Christelike nasies gebeur wat passief is en niks self omtrent hulle situasies doen nie, hulle is dood of verslaan. Daar is n tyd om Bybel te lees en tyd om terug te veg as jy aangeval word.

Gatvol ·

Uncle D
Jy is reg.
God is bo en oor alles. Hy is magtig en regverdig.
Daardie God het vir jou verstand gegee.
Wat van die mense van Zim??
Het hulle nie gebid??
Jy kannie niks vir die eksamen leer en dan bid God moet jou help…?
Ons moet self dink en doen, en met opregte bedoelings en harde werk..SAL Hy ons help.
Soos Afriforum noh doen.
Staan asseblief tog agter hierdie mense??
Liewe magtig?
Hoe kan iemand eens DINK hulle is nie reg nie??
Ons staan nooit saam nie!!??
Asseblief hou op om op julle stoepe te sit en kritiseer!!?? Staan saam!!!!!!!

Johann ·

Uncle D. Die WOORD se waak EN bid. En om aktief in geloof te WAAK voordat die bose jou oorval waar jy sit en wag, sluit in om die BOSE te ontbloot vir wie en wat hulle en hul gedagtes is. JA EKS DIE EERSTE een wat vra WAT GAAN GESE word om WATTER AKSIE te ontlont. Dis ALS behalwe ongeloof en mistaste vertroue in mense wanneer jy vertel en wys WIE en WAT die leun is… deel van ons verandwoordelike getuienis.

Hennie ·

Hierdie is baie belangrike werk wat Afriforum doen. een van die groot redes waarom Apartheid afgeskaf was, was internasionale druk. Dit is nou weer nodig om onteiening sonder vergoeding stop te sit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hennie, dis tyd om internasionale druk te gebruik om die huidige regering te kry om apartheid in sy volle glorie terug te bring. Sit al die gehate blankes onmiddelik in al die voormalige TBVC lande……Dwing hulle om daar te bly, in hulle eie skole, met hulle eie regering, met hulle eie infrastruktuur, met hulle eie hospitale, industrieë en universiteite. Laat hulle toe om NET in SA te mag werk met ‘n dom-pas wat hulle heeltyd by hulle moet dra. Skel hulle kwyt van alle vorme van belasting aan die SA regering behalwe PAYE (as hulle hier werk). Skenk elke jaar ongeveer R100 miljoen per TBVC land om “separate development” aan te moedig…….en moenie die landbou en ander produkte wat daar vervaardig word koop of ondersteun nie.

Rynhardt ·

Uncle D,jy se die waarheid.Hul geloof is lankal nie meer in die Almagtige nie,maar myne is!Ongelukkig gaan hul nie hou van wat jy se nie,want hul moet aan iets kan vasklou!!Ek klou nie vas aan Afriforum nie!

Haan ·

“America has no permanent friends or allies, only interests” – kissinger

Ek voel hul mors hul tyd in Amerika. Ons moet fokus op ons ware vriende. Dié wat daar was vir die Boere tydens hul vorige stryde. Die eerste vryheidsoorlog, die anglo boereoorlog en die rebellie van 1914-15. Die res was ons saak nooit goedgesind nie.

Gerhard ·

Ek wonder wie dit nou sal wees? Geen land het permanente vriende nie.

Westerse individue ·

Konserwatiewe individue in westerse lande is die antwoord.

christa ·

iemand moet iets doen wat in die posisie is. Jy kan nie CR glo nie. Hy het op vryheidsdag reeds gese die sy mense kan nie vry wees as die blankes nie die grond teruggee wat hulle gevat het nie. Onthou hy bly ‘n ANC

christa ·

did verregaande dat boere aan hul werkers grond moet afstaan. Hulle bly verniet, eet verniet en kry ‘n salaris maar wil nog die boer se grond he asook ‘n begrafplaas vir hulle mense en dan kom die hele SA om die grafte te besoek en neem net oor. Did ‘n geval gee die pinkie en hulle gryp die hand

Sê maar net ·

Mense dit moet rerig sleg gaan met ons, as die buiteland al gevra word om druk toe te pas. Dit sê nie veel van ons minister as hy al die dinge hoor en sien en niks daadwerklik daaraan doen nie.

Beslis nie Zim nie ·

Verseker is ons nie soos Zim nie, ons is baie meer en sterker om onsself te verdedig. En ons het geleer uit Zim se foute, ons sal nie net vlug nie. Ons het inelkgeval nerens om te vlug nie want ons kan nie oor die grens na n ander groot sterk land stap nie, so ons is vasgekeer en het geen keuse as om te verdedig nie.

humor ·

Uncle D neem kennis van die grappie. n Boereoom en sy predikant is met sy kar en perde huisbesoek te doen. Dit was midde in die reenseisoen. Hul ry egter deur n bree droe rivierblad, en toe hul rivierop kyk sien hul die rivier is besig om volblad af te kom, Die predikant se; broer al wat ons nou kan doen is om te bid. Die oom se vinnig daars nie nou tyd om te bid nie. Nou sal ons die perde moet neuk. Ons moet nie net ons godsdiens vergeestelik nie. Op hierdie stowwerige aarde met sy probleme sal ons moet tot konkrete dade moet kom. Ons sal ons boodjie moet roei om ander kant uit te kom.

JoeV ·

Dit is so, maar baie hardseer as mens moet dink watse roei daar gedoen sal moet word om die bootjie oor te kry, riviere sal daar wees!!

Linda ·

Ons kan maar net sit en kyk wat Afriforum hier gaan vermag, al dan nie, n lekker oorsee se vakansie !!!

Kannaland ·

Linda, wat het jy gedoen om ons te helpo? Seker niks nie ne?

Gerhard ·

Ek hoop regtig die mense word genoeg betaal sodat hulle hul eie oorsese vakansies kan bekostig. As hulle nie kan nie word hulle te min betaal en kort ‘n verhoging. Verder is jou kommentaar misplaas, dit wat hulle doen is uiters belangrik.

Rina Kotze ·

Ons kan net op ons Hemelse Vader vertrou, maar Hy verwag da tons ook ons kant bring!
Maar nie deur geweld nie!

Dankie Afriforum vir dit wat julle doen! Hopelik faal die “beleggings lokkings” kommitee van die regering weens druk om ons boere te beskerm!

Al ·

Mooi so Afriforum – die Here se seën rus op jul. Donald Trump is in elk geval nie tevrede met van die Afrika lande nie

Albaster ·

Baie dankie AfriForum, julle is besig om ons lewens te red.

Buitelandse hulp ·

Die buiteland is sterk en magtig en sal ons kan help, ons moet hulle net vra. Al is dit vir individue en nie noodwendig regerings nie. Daar is miljoene mense in die westerse wereld wat maandelikse bydraes aan ons saak kan maak soos ons bydraes aan AfriForum maak.

JoeV ·

Die algemene wetteloosheid is eerder wat aangespreek en bekend gemaak moet word. Daar is geen maar geen aanduiding dat die regering sy kiesers op enige wyse probeer kry om wet en orde te handhaaf nie.
In teendeel word die wet net soos in die stryd teen apartheid afgebreek deur al wat leier is. As die nie slim genoeg is om uit te werk wat die gevolg daarvan is nie moet iemand net die buurlande gaan uitwys, wat wel baie meer wetsgehoorsaam is vandag, maar is reeds deur die drif en aan die opbou.
Mens kan amper nie dink dat daar nog politikuste is wat vry rondloop nie!

Jerry ·

Doen so voort met julle goeie werk Kallie. Onthou tog net dat inisiatiewe wat geloods word die ware toedrag van sake betreffende die geskiedenis en die huidige moet weerspieel. Onthou tog ook net dat apartheid deel van ons geskiedenis is en dat apartheid inderwaarheid alle ooreenkomste en kooptransaksies wat voor apartheid plaasgevind het, na regte ongedaan gemaak het omrede apartheid alles net aan homself toegeeien het, ooreenkomste of te nie. My beskeie opinie is dat hierdie argument, na al julle moeite, deur die ANC of EFF as een van baie troefkaarte, gebruik gaan word. So, ek se weer, maak planne en loods inisiatiewe en argumente volgens die ware toedrag van sake (albei kante van die muntstuk). Net soos wat julle nie in ontkenning staan van die foute van julle opponente nie, so moet julle veral nie in ontkenning staan van julle eie foute nie en dus ook nie van die ware stand van sake nie. Sterkte met die goeie werk en hou asb matigheid voor oe met Kentucky in Kentucky.

andre louw ·

Ek het gister gekyk en geluister na die toesprake van verskillende vakbond leiers en uitsprake is gemaak soos “ons moet militant verenig of ons moet die anti-revolusioneres beveg. Voeg dan by grondonteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie; is ek dan verkeerd as ek dit vertolk as swart teen wit want elke keer blyk dit dat wit die probleem is. Dan is die benaming van reenboog nasie wat die hervormers ons gegee het, baie ver van die waarheid want in realiteit is ons kultuur en wat daarmee gepaard gaan so ver van mekaar verwyderd. Voeg by die foute van die verlede wat rasse vraagstukke betref, dan werk die huidige bedeling ongelukkig nie en is dit nie nou tyd om na ander opsies te kyk nie want vir elke een wat oggende opstaan en beplan om konflik en verwoesting te saai, is daar ten minste 1000 wat smag en bid na vrede en voorspoed maar tans behaal die enkeles meer sukses en dit lyk of dit nog vir lank so sal aangaan. Is dit ontmoontlik om wit sekere gebiede te gee sodat swart dan nie meer oor hierdie aangeleentheid bekommerd te wees. Ek dink dit is ontmoontlik omdat kortermyn voorspoed te sterk opweeg maar nou ja; mense het dit in die verlede reggekry en hierdie daaglikse gebeure wat die land vernietig mag dalk net die ontmoontlike moontlik maak

Uncle D ·

Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie niemand is so doof soos hy wat nie wil hoor nie. Lees psalm 23. Jul kan maar op jul eie probeer as dit nie met God se wil gedoen word nie sal niks slaag nie. Jul kan maar spot so is noag ook gespot tot die vloed begin het. Die res is geskiedenis. Hy sê: Ken My in alles wat jul doen. Wanneer het jul Sy raad gevra. Die probleem is Sy tyd is nie ons tyd nie. Jul wil mos alles “fast” gedoen hê. Daar is nie meer tyd om op ‘n antwoord van Hom te wag nie. So probeer maar ek kan jul waarborg daarvan sal niks kom nie want my God is geen leuenaar nie. As jul maar net koud was maar omdat jy lou is spoeg ek jou uit my mond. So spreek die Here.

Gelowig EN slim ·

Die valse profeet is geplant om goedheid te verdryf en die misdadigers se missie te beskerm. Die Bybel moet nie geinterpreteer word om dit wat verkeerd is onder die mat in te vee nie. Staan op, tyd om ons lewens te red deur om na alle volke te gaan en die waarheid te vertel.

Gatvol ·

Dankie Afriforum!!
Mag God Sy Engele opdrag gee om saam julle te wees!
Dankie.
Dankie!!

White Rhino ·

God het ons die verstand gegee om te veg vir ons bestaan. Gos is saam met ons met ons eerlike bedoelings en waar ons veg vir wat reg is. Wie het die klippies in David se hand gesit? Hy het Goliat oorwin omdat God hom die verstand gegee het om te dink.
Dankie Afri – dat julle julle verstand gebruik en nie net handjies gevou sit nie.

JC ·

Mooi, dankie julle.
Ek weet nie wat ons volk sonder julle sou doen nie.
#boereliefde

Vlugtelingstatus ·

Doen asseblief ook vir ons voorbereidingswerk om daarheen te vlug wanneer ons hier uitgedryf gaan word. Ons tyd hier raak min en ons moet voorbereid wees om te vlug.

Afrikaanse Knaap ·

Praat net die waarheid manne. Se dit soos dit is.

Nouja ondersteun Capexit ·

Stem. Net die waarheid is goed genoeg asb. Nie die waarheid met ‘n stertjie daaraan of ‘n bietjie oorgretigheid nie. Onthou asb om nie die blanke selfbejammerings kaart te speel nie. Almal se eiendom is in die gedrang. Nie net kommersiële plaasgrond nie. Eiendom sluit meer in as net grond. Dit sluit ook in Intellektuele Eiendom in en dit is iets waaroor die VSA & die EU nie van gaan hou as hul dit uitvind nie. Dit is wanneer hulle gaan uitvind dat dit nie net oor ‘n paar omgekrapte Afrika boere gaan nie, maar dat hulle ook potensieel iets het om te verloor.

Albaster ·

Poot, jy is tien teen een nie eers n lid nie want as jy n aktiewe lid is sou jy weet wat hulle alles vermag met beperkte geld. Hulle is beslis nou o die regte pad met internasionale bewusmaking.

rollie ·

Wat doen Afriforum om die groot probleem van rassisme onder die meerderheid van sy eie lede aan te spreek?

Kleintjie ·

Hierdie is die beste belegging in ons toekoms, hou asseblief so aan, en laat die hele wereld uitvind.

Thys Muller ·

God se werksaamheid, sluit nie die mens se selfwerksaamheid uit nie!

Albaster ·

Presies. Ek kan mense wat agter dominee se rug wegkruip en niks doen om self hul gesin of gemeenskap n beter plek te maak nie nie hanteer nie.

Jerry ·

Jy is reg Thys en so ook Uncle D. Sonder God is ons tot niks instaat nie, dus behoort die selfwerksaamheid en inisiatiewe hulself as nutteloos te bewys indien God nie geken is in die beplanning en uitvoering daarvan nie. Jou gesondheid om selfwerksaam te wees kom van jou skepper se genade af, dit kom nie van jouself af nie. Sonder jou Skepper se genade is jy niks en blind en doof en sal jy jou straf nie nader sien kom nie en dit ook nie hoor nie, totdat dit te laat is. Die enigste inisiatief wat geneem moet word is om te bid sodat jou Skepper jou verstand kan oopmaak om te doen wat gedoen moet word omrede dit geregverdig is in jou Skepper se oe en nie in jou en jou pelle se oe nie.

Westerse individue ·

Konserwatiewe individue in westerse lande is die antwoord.

Die Stem ·

Elke poging om ons minderheidsgroep te help, word waardeer.
Dis hartseer dat ons ons kinders moet leer om bang te wees en altyd paraat te wees.
Dankie.

FM ·

Afriforum is op die regte pad. Ek is n lid van Afriforum en doen n beroep op almal om lid te word. Hulle het geld nodig om ons saak te dryf. ASSEBLIEF almal, sluit aan groot asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.