AfriForum hof toe oor Malema-beslissing

Julius Malema buite die konstitusionele hof in Johannesburg. Foto: ANA

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy gaan die bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) dat EFF-leier Julius Malema se uitsprake teen wit mense nie op haatspraak neerkom nie in die hof betwis.

Die organisasie sê dit is kommerwekkend dat die MRK blatante haatspraak en die aanhitsing van geweld teen ’n minderheidsgroep met sy uitsprake regverdig.

AfriForum sê Malema het in 2016 die volgende oor wit mense gesê: “… They found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of the land and we don’t owe anyone an apology for that.”

Die organisasie sê die MRK gee in sy bevinding oor Malema se uitspraak toe dat die stelling wit mense kritiseer en dat dit sommige wit mense aanstoot kan gee.

“Volgens die MRK se uitspraak is dit verder belangrik om die feitlike, sosiale en historiese konteks waarin Malema sy uitspraak gemaak het, in ag te neem, asook dat die identiteit van die groep wat deur sy uitlating geteiken word, aan ’n kwesbare groep moet behoort. Die MRK steun ook op ’n hofuitspraak wat bepaal dat kwesbare groepe toegelaat moet word om hul woede en pyn uit te druk deur middel van die gebruik van kragtige woorde.

“Hiermee insinueer die MRK dat wit mense nie ’n kwesbare groep is nie, ondanks die feit dat hierdie groep ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika is. Dit is ook kommerwekkend dat die MRK aanvoer dat individue van sekere rasgroepe toegelaat moet word om rassistiese dinge kwyt te raak, mits dit in die regte konteks gedoen word,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Roets het gesê die MRK se uitspraak is in teenstelling met ’n werksdokument van die Verenigde Nasies se Werksgroep oor Minderhede wat bepaal dat minderheidstatus nie van armoede afhanklik is nie.

AfriForum het gesê daar kan nie toegelaat word dat individue met politieke mag, soos Malema, wegkom met rassistiese uitlatings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Dan moet Vicky Momberg ook vrygelaat word dan is dit ook nie rasisties nie !!!!!!!!

Ekke ·

Mal ema kan moord ook pleeg en dan is hy nie n moordenaar nie

De Villiers ·

Jy is 100% in die kol, Anoniem. Dit geld ook vir Penny Sparrow. Een ding wat ons net moet besef is dat die ANC ń sosialistiese, kommunistiese organisasie is wat hul aksies daarvolgens uitvoer. Een daarvan is om die kapitalis en die minderheidsgroep wat die land se belastinglas dra, te verkleineer, te blameer vir alles wat verkeerd gaan en die reëls ander toe te pas op hulle. Weereens, en vir die soveelste keer, word die aanhaling in George Orwell se boek ‘Animal Farm’ wat gaan oor hoe kommunisme werk, bevestig deur hierdie optrede, naamlik: ‘All animals are equal, but some animals are more equal than other animals’. Die MRK is die ANC.

Brutus ·

MRK is nie te vertrou nie en veroorsaak self verdeeltheid met hul absurde uitsprake en bevindings hul gooi meer petrol op die vuur maar besef dit nie.

Dup ·

Ek stem saam met jou.

Laat hulle maar aangaan met hulle absurde uitsprake. Dit wys hulle is nie te vertou nie en is maar net nog ‘n hopelose onbevoegde organisasie.

Hasie ·

As die regering vir Malema en daai ou van die blf elk ‘n kaartjie koop Mars toe, sal dit nie ‘n oordeelsfout wees nie. Dan het die regering ook iets reg gedoen en dal daar baie meer vrede in SA wees.

Ja Nee ·

In SA kan net blankes rasisties wees, histories verdien ons dit mos.

Ander Gert ·

Afriforum, julle moet maar onthou dat die regbank die ideologie van die dag beskerm, nie minderhiedsregte nie.

Kasper ·

Dankie Afriforum, ten minste het julle ruggraat, die ander organisasies praat net en doen niks. Wat vir my opvallend is, is dat daar in die laaste paar weke daadwerklik die anti-wit vure gestook word op alle fronte. Behalwe vir belaglikke uitsprake van die MRK, is dit opvallend hoe die MSM die week die een “hit-piece” na die ander publiseer en leuens versprei teen Ernst en Afriforum/ Solidariteit. Beide Rapport en News24 het hulle die week daaraan skuldig gemaak. Dan praat ons ook nie eers van die hele AIG georkestreerde boikot nie. Toevallig?.. wel ek dink nie so nie.

Jaco ·

Ag asb….die hele besigheid is besig om papvrot te word…..dink diè nasie en hul instellings, die blanke mens is dom??
Die uitspraak is blatante politiek en pateties….
Bloed moet maar begin vloei en klaar kry, maar sò kan dit niè aangaan nie!!!!

Johan ·

MRK is net nog n nuttelose komminsie wat die belastingbetaler geld.kos…….gaan direk hof toe ek ondersteun Afriform…daar moet maar vir eens en veraltyd maar n beslissing gemaak word hieroor…….

Hanna ·

En waar is die DA se kommentaar oor die uitspraak Baie stil nè ?

Se maar net ·

Natuurlik, hule soek swart steun, nie wit steun nie, hoekom sal hulle kla oor haat teen wit mense.

Thinus ·

Die DA is net nog ‘n lee sak aartappels wat geen waarde byvoeg nie. Wil polities korrek wees. Gaan vlieg…

Koos de Meyer. ·

Mrk belaglik. Die hele besigheid is siek. Dit gaan nog neer rasse aanhits.

Pieter ·

Die MRK het sopas homself toegevoeg op die lys van niksseggende organisasies. Ek voel al klaar soos ‘n tweede klas burger en die MRK bevestig dit net met sulke uitsprake.

Attie ·

MRK net weer bewys dat hulle hul rassistiese meesters gewillig sal wees. Enige kommentaar of uitsprake deur hulle moet met minagting hanteer word.

Jannie ·

Dan kan ons daai gehate K-woord voortaan vrylik gebruik…….dis mos nie haatspraak nie…net ‘n uitdrukking!!!

Thinus ·

Kyk wie is beheer van die patetiese MRK dan weet hoekom sulke uitsprake gemaak word. Hulle is ‘n rassistiese ANC/EFF/BLF puppet met dubbele standaarde wat stink aan rassisme. Hulle dien net een ras. Ontbind die hele vrot spul. MRK se gat…

lanie ·

Ons is so siek vir Malema en sy dinge. Raak ontslae van hom.

Jerry ·

Die uitspraak bevestig dat die MRK optree as instrument van die staat binne die NDR struktuur. Die MRK is verbind tot die revolusionere ideologiee vandaar die toepassing van dubbele standaarde. Die MRK en staat in sy geheel beskerm die EFF ideologie asof dit die staat sin is en dit maak sin want die revolusioneres en radikales staan sonder uitsondering aan dieselfde kant van die draad. Alle sogenaamde demokratiese instellings is eintlik revolusionere kommunistiese instellings wat tot stand gebring is om revolusionere ideologiee te handhaaf en om teenrevolusionere ideologiee te onderdruk en vandaar die MRK bevindings ten gunste van die EFF se Marxist Pan Africanist ideologiese haatspraak. N hofsaak en die hofuitspraak sal bevestig of die regbank nog steeds onafhanklik staan van die staat en revolusionere ideologiee. Indien nie, sal die teenrevolusionere groeperings daadwerklike teenrevolusionere optredes van stapel moet stuur teen alle sogenaamde demokratiese instellings wat hulself, soos die MRK en dan dalk ook die howe, as kommunistiese revolusionere instellings ontbloot het. Daar waar die demokrasie se masker afval en ontbloot word as n klug, daar moet dit aangeval en verslaan word met die doel om die ware demokrasie te herstel. Die aanslag teen die Afrikaner wat dien as regverdiging vir die onreg van apartheid is eintlik n aanslag teen die ware demokrasie en teen die teenrevolusioneres ten einde demokratiese beginsels te onderdruk en om revolusionere ideologiee te vestig asof dit kwansuis as demokratiese beginsels geld.

Gert ·

Hierdie uitsprake van Malema is deel van ‘n groter plan om die swart bevolking voor te berei vir ‘n wit volksmoord. Definitief is die ANC en die MRK in op hierdie plan, want hulle praat dit goed.

Willie ·

Ek is sprakeloos! Dis n klap in ons gesigte, en die vrou wat gepraat het, lei sy aan waansin? Nou gaan jul sien hoe haak Malema/Delema en die BLF uit… hulle is mos nou die nuwe unsung hero’s?

Sam Brookes ·

Ek aanvaar dus dat hulle (bloot spekulatief gestel) geen probleem sal hê as blankes as minderheidsgroep en daarom ook kwesbare groep wat hul pyn en realiteit as bedreigde groep, die uitspraak sou maak: “They are slaughtering us as animals (plaasmoorde). We are not calling for the assasination of Julius Malema, at least not for now.” Blote spekulasie … ek wil hierdeur glad nie ‘n sluipmoord op hom propageer nie, maar wonder net of die Grondwethof sulke woorde as haatspraak sou klassifiseer. Indien wel kan hulle as niks minder as ‘n rassistiese instelling beskryf word nie.

Willie ·

n Sluipmoord maar nie nou nie? Klink glad nie verdagt nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.