AfriForum hou nasionale patrollie

Brakpan_Buurtwag_Noordstreek (Foto: Verskaf)

AfriForum het Vrydag ’n nasionale patrollie gehou om sigbaarheid reg oor die land te verhoog. Hierdie nasionale patrollies vind drie keer per jaar plaas.

Duisende AfriForum-lede en instansies soos private buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums, insleepdienste, polisiestasies, plaaslike ondernemings, paramedici en verkeersbeamptes het aan hierdie patrollie deelgeneem.

Altesaam 2 302 AfriForum-buurtwaglede en 1 641 ander deelnemers was by die patrollie betrokke. Altesaam 2 229 voertuie het aan die patrollie deelgeneem en sowat 122 945,3 km in totaal afgelê. ʼn Totaal van 178 voorvalle is hanteer.

Die doel van die nasionale patrollie is om gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer en om hoër sigbaarheid en samewerking tussen veiligheidsrolspelers te verbeter op ’n nasionale sowel as ʼn plaaslike vlak.

Orkney_Suidstreek (Foto: Verskaf)

“Met misdaad wat drasties toeneem en die regering wat versuim om misdaad op ’n daadwerklike manier aan te spreek, is dit belangrik dat daar goeie verhoudinge tussen veiligheidstrukture is. Die lae misdaadsyfer wat aangeteken is na afloop van die patrollie is ’n duidelike teken dat hierdie soort patrollies ’n verskil maak,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“AfriForum se buurtwagte is daar om die polisie se hande sterker te maak en al die aksies wat deur die buurtwagte gedryf word, voldoen aan voorgeskrewe riglyne en geskied binne die raamwerk van die wet.”

Coetzee sê daar kan nie net op die regering staatgemaak word om na die land se burgers se veiligheid om te sien nie.

Witrivier_Noordstreek (Foto: Verskaf)

Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, sê nasionale patrollies dra direk by tot doelgerigte aksies, samewerking, eensgesindheid asook die verhoging van moraal.

“Operasionele suksesse was aan die orde van die dag en goeie verhoudinge tussen AfriForum en die polisie, asook ander instansies, is tydens hierdie geleentheid gevestig en ontwikkel. Die statistiek spreek vanself en hierop gaan ons beslis voortbou,” sê Kuys.

Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, raai inwoners aan om by hul plaaslike veiligheidstrukture in die omgewing betrokke te raak of by AfriForum aan te sluit.

Indien jy by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke wil raak, kan jy ʼn SMS met jou naam na 45353 stuur (R1 per SMS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

AfriForum,julle verbaas ons met jul energie en vindingrykheid..elke dag ń nuwe iets. Wat dink die oposisie hiervan?

Baardman ·

Waars die DA…..o ja hulle soek “klippe” om die ANC mee te gooi.

JohanR ·

As AfriForum en Solidariteit saam snoer om ‘n politieke party te begin sal ek vir hulle stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.