AfriForum in hof oor Afrikaans by Unisa

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Die saak van AfriForum teen die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se eentalige Engelse taalbeleid neem Maandag ʼn aanvang in die Pretoriase hooggeregshof.

Hierdie beleid bepaal dat Engels die primêre onderrigtaal aan dié instelling is, wat die uitfasering van Afrikaans sal beteken.

AfriForum sal enige stappe moontlik doen ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hul moedertaal te studeer. Volgens konserwatiewe berekeninge is daar meer as 20 000 Afrikaanstalige studente wat aan Unisa studeer. Die burgerregtewaghond en sy regspan is gereed om die regstryd ter wille van dié studente aan te pak, het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tylene ·

Baie dankie dat iemand vir afrikaans baklei. Ek swat deur unisa al vir amper 3 jaar en dit is sommer belaglik. Engels kan nooit die onderrig taal word nie. So ja nou moet ons afrikaans sprekende studente suffer. Baie dankie.

Geleentheid vir Akademia ·

Akademia en ander instellings kan hierdie as n geleentheid sien.

leon ·

Dit sal wees om ‘n berg te versit maar dit bied ‘n geleentheid om ons saak te stel. Sterkte, kom ons hoop die vertrappers van die minderheid se oe gaan oop.

Eish ·

Baie sterkte vir Afriforum.
Ek dink ons weet reeds wat die uitslag gaan wees.
Tereg kan geeneen sê jul het nie probeer nie.

Deshirie ·

Ek is al van 2014 af n Afrikaanse student by Unisa. Eweskielik mag ons nie meer edc1015 in Afrikaans skryf nie. Ek het by 2 professors navraag gedoen maar is gesê dis die Universiteit se beleid en geen Afrikaans meer nie. Is dit nie my reg om my eksamen in my moedertaal te skryf nie?

Casper Labuschagne ·

Baie dankie hiervoor, Afriforum. Dit gaan nie net om die handhawing van Afrikaans nie, maar ook oor die handhawing van ‘n bekwame akademiese korps wat akademiese Afrkaans kan onderhou. Daarom is dit krities dat Afrikaans behou word as akademiese voertaal.

Lizette ·

Ek “studeer” ook deur Unisa. Ek sou nie se ek “suffer” nie. My huistaal is afrikaans maar is n “cum laude” regsstudent in engels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.