AfriForum in VSA oor onteiening, plaasmoorde

Ernst Roets (Foto verskaf)

Afgevaardigdes van AfriForum het vandeesweek na die Verenigde State van Amerika (VSA) vertrek as deel van die burgerregte-organisasie se veldtog om steun in die buiteland te werf asook bewusmaking rakende grondonteiening sonder vergoeding en die prioritisering van plaasmoorde te bevorder.

Onder die afgevaardigdes is Ernst Roets, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, Marina Wiese, AfriForum se kommunikasiebestuurder en Mariandra Heunis, self ’n slagoffer van ’n plaasaanval wat ander slagoffers verteenwoordig.

“Hierdie veldtog is veral belangrik in lig van president Cyril Ramaphosa se onlangse uitlatings in die VSA wat die werklikheid van plaasmoorde en grondgrype ontken het,” sê Roets. “AfriForum se toer bestaan uit ’n reeks afsprake wat verlede jaar se bewusmakingstoer opvolg. Ons gaan onder meer navorsings- en mediainstellings, politici en ander belangstellendes in Washington en New York besoek.”

Die VSA se ooreenkoms met Suid-Afrika ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is ook ’n punt van belang. “AfriForum is ten gunste van hierdie ooreenkoms en beskou dit as voordelig vir Suid-Afrika. Die burgerregte-organisasie is dus nie in die VSA om mense aan te moedig om uit die ooreenkoms te onttrek nie, maar eerder om voorkomend op te tree om só ’n krisis te verhoed. Daarom gaan AfriForum alles in ons vermoë doen om te verseker dat Suid-Afrika die bepalings van Agoa, soos die beskerming van privaat eiendomsreg, nakom.”

Sprake van onteiening sonder vergoeding deur die Suid-Afrikaanse regering het president Donald Trump egter genoop om sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, te vra om grond- en plaasgrype, onteiening, asook die grootskaalse moord op boere te moniteer. “AfriForum is bekommerd dat indien die Suid-Afrikaanse regering voortgaan met sy plan om eiendom sonder vergoeding te onteien, dit die Agoa-ooreenkoms sal skend. Dít hou die gevaar in dat Suid-Afrika by hierdie ooreenkoms uitgesluit sal word. As die Suid-Afrikaanse regering eiendomsreg skend, is die Amerikaanse president kragtens dié land se wetgewing verplig om Suid-Afrika se voordele ingevolge Agoa op te hef. Dit sal geweldige nadelige gevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou.

“AfriForum verwag nie van die VSA om Suid-Afrika se probleme namens ons op te los nie, maar beoog wel om steun te werf en buitelandse meningsvormers te kry om in die openbaar standpunt in te neem teen ongeregtighede wat tans in Suid-Afrika plaasvind om sodoende druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas,” het Roets bygevoeg.

AfriForum sal deurlopend terugvoer gee oor die vordering van die toer. Buitelanders wat AfriForum wil steun, kan by www.friendsofafriforum.com/ aansluit.

Vir meer inligting besoek gerus www.afriforum.co.za/afriforum-jou-stem-die-buiteland/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Stebastiaan ·

Sterkte aan iedereen met die bewusmaking van ‘n korupte en swak regering wat nie eers by magte is om sy boere te beskerm nie. Hoop op ‘n positiewe uitkoms!!

Sons ·

Jy kon dit nie beter gesê het nie Sebastiaan. Sterkte en voorspoed.

Boerboel ·

Kom ons hoop daar kom iets goed. So kan dit nie aangaan nie.

willem Botha ·

Ons waardeer alles wat Afriforum vir ons doen en ten minste doen iemand iets.

Logika ·

Herhinder hulle ook asb daaraan dat Ramaphosa blatant gelieg het aan die internasionale gemeenskap by Davos toe hy gesê het die onafhanklikheid van die reserwebank is heilig en dat dit nie genasionaliseer sal word nie.

Jax ·

Die buiteland het sy eie drama. Hulle, en ek verwys na meer as n handjievol mense, het geen belangstelling in ons sake nie. Dit is asem, tyd en geld mors. Hoe weet ek dit? Ek het baie jare daar gebly. Wat hulle van ons weet en van ons wil weet, is bitter min!

Manie van Worcester ·

Ons hoor jou dankie, was jy daar as regerings verteenwoordiger of privaat. Afriforum doen n opvolg besoek by mense wat wel belang het en n verskil kan maak soos ek dit sien.
Wees positief en hoop hulle bereik wel iets

Le jy en rol om ·

Jax jy kan maar omrol maar ons gaan nie, ons sal hulp kry. Die buiteland se probleme is nie naby so groot soos ons sn nie.

Katryn ·

@Le jy en rol om
Regtig?
Brittanje het Brexit, armoede, skuld, sosiale ongelykheid. Die res van Europa het immigrante, skuld, lae ekonomiese groei, besoedeling, klimaatverandering. Die VSA het immigrante van die suide, skuld, wapengeweld, rasisme, verouderde infrastruktuur, swak openbare onderwys en gesondheid, droogtes. China het skuld, naderende resesie, veroudere bevolking, besoedeling. Die lys gaan aan en aan.
SA is in baie opsigte gelukkig.

Boemerang ·

@Le jy om en rol
Daar is baie probleme in die buiteland wat die hele wêreld raak en selfs kan lei tot ‘n wêreld oorlog . SA se probleme is van geringe belang. Die buiteland stel nie belang in Eskom, Zuma, staatskaping en grondhervorming belang nie. Baie weet nie eers waar is SA nie. Ons is nobodies en op ons eie.

Logika ·

100% verkeerd.

Hulle het beleggings en belange in Suid-Afrika en ons buurlande. Wat hier gebeur affekteer hulle.

Trump het dit ook duidelik gemaak dat state wat teen die VSA stem by die VN gaan vasgevat word, en Suid-Afrika onder die ANC is een van die groot skuldiges in hierdie opsig.

Verder is die VSA en China in ‘n warm internasionale kompetisie gewikkel. Die VSA is gewis bekommerd oor die toenemende invloed van China in Afrika.

Kaptein ·

Het jy in die HELE buiteland gebly? Dis erg indrukwekkend.

Boesman ·

Logika, Amerikaanse beleggings in SA en sy bure is ‘n druppel in hul groot emmer. Amerikaanse maatskappye sal uit die land ontrek as dinge te warm raak. General Motors het reeds hul belange hier gestaak, sonder groot impak vir die groep of die VSA. Indien Trump besluit om SA te straf kan ons uit Agoa geskop word en dan gaan die impak hier gevoel word, veral onder die boere.

ALLIE ·

Jax jys reg…ongelukkig. 2de wereld oorlog het die jode gewag vir hulp en na 7 miljoen dood is hul eers bevry. Die Allies het geweet al die tyd wat met hulle gebeur.
Maar die jode het gewag en gewag en gewag.
Ons moet nie wag nie. Ons moet begin beplan enregmaak.
Die wat gereed is het die beste kans.

Boemerang ·

Jy is reg Allie, indien geweld uitbreek en Afrikaners is die slagoffers van uitwissing sal geen land of leier ons help nie. Nog minder die VN. Ons bly maar muishonde en moet planne maak om oorleef.

KaterinaKat ·

Wel hul probeer ten minste. Ek lees gereeld die kommentaar van Amerikaners op YT videos wat beskryf wat hier in die helhool aangaan. En daar is baie mense wat belang atel.

Dries du Toit ·

Goeie hemel ek kan nie glo daar is nog soveel lamsakke wat i.e.g. niks doen om die gemors in SA op te los nie en dan die vermetelheid het om Afriforum te kritiseer. Dit is hoekom ons is waar ons is vandag a.g.v. sulkes wat hulself slim hou

Smirre ·

Wel destemeer goed gedaan aan AF deur die bewusmaking van die Amerikaners oor die gemors wat die cANCer besig om aan te jaag met hulle beleit in SA.

Hans Richardt ·

Daar is vele buitelandse Vsa maatskappye wat onttrek het uit SA, omdat hul weier om BBBEE te doen en bang is vir onteiening. Onteiening wetgewing beoog gaan oor meer as net plaasonteienings.
Afriforum doen moeite met bewusmaking, wat nodig is, maar dan is daar bv geldmag van George Soros, wie bv betrokke was by BLM wat “fees must fall” en ander val projekte by tersiêre inrigtings.
Bv hoe dekoloniaseer mens bv wiskunde of wetenskap formules?
Wat Ramaphosa nagelaat het, is wat die motivering is vir jong wittes of gevestigde wittes in buiteland, om hul te laat bly of terugkom?
Klink vir my dit was net politieke korrektheid verbale diarrhoea.

jaco ·

ek hoop nie hulle praat net met die heritage foundation en ander klein organisasies in die bible belt nie. SLEGS n gesprek met President Trump self sal help.

Nel ·

Doet so voort Afriforum – hoop julle sending is suksevol. Lindiwe Sisulu sal seker weer bek uitspoel en sê julle ‘exaggerate’…

Nel ·

Jax jy sal verbaas wees, op 17 Maart 2019 is n konsert in Vlaandere – België, afgesluit met Die Stem van Suid-Afrika. Hulle wou hierdeur hulle solidariteit met Suid-Afrika en die ‘Boere saak’ wys. So is daar ook in Nederland optogte gehou ter ondersteuning van die blankes in SA…en moenie van Australië se reaksie op die plaasmoorde vergeet nie. Ek glo die wêreld begin stadig maar seker kennis neem van wat hier aangaan.

ANA ·

PROBEER…is die beste verweer!
PROBEER…totdat die winde, nie meer langer sal waai…
PROBEER…todat die haan sal ophou kraai..
PROBEER…KEER AGRIFORUM

jaco ·

waarom nie n afspraak direk met President Trump maak nie? allerhande belangegroepe en gewone politici sal nie veel regkry nie.

Siener van Melbourne ·

Hoe is dit dat die VSA bewus gemaak moet word van die toestand in Suid Afrika? My buurman was n Amerikaner wat by die ambasade gewerk het. Hy weet wat aangaan in Suid Afrika. Amerika weet goed wat aangaan. Hulle verkies om nie ag te slaan nie. Glo my dis nie van belang vir hulle nie. Hier in Australië is senator Fraser Anning hard besig om te baklei vir Suid Afrikaners maar Australië etiketeer hom as rasisties en ‘white supremacist ‘. Die wereld het wit Suid Afrikaners ge’label’ en dit as gevolg van jare van wan inligting deur die internasionale pers. Wit Suid Afrikaners is gedoem tot apatie.

jannie ·

Wit Suid-Afrikaners sal NOOIT gedoem wees nie….ons het n GOD….dink maar aan geloftedag…

Neilia ·

Askuus Sommer 3 mense in die VSA kostes ongelooflik hoog , net vir 1 mens om oor te vertel . Gerieflik gaan my maandelikse gelde wat plaaslik gebruik Kon word en soveel te Kon spaar deur video calling met oorsese trips. Kanseleer vandag my aftrek order.

Dries Moolman ·

Jy is geheel en al oningelig Neilia. Ernst het in ‘n onderhoud voor sy vertrek dit baie duidelik gemaak dat hulle bevoorbeeld met ekonomiese klas vlieg, om kostes te bespaar. Dink jy rerig dis ‘n joyride? Kanselleer dan maar jou ou aftrek ordertjie, maar jy gaan nog steeds lekker aan die vrugte van hulle resultate pluk, hoop jou gewete ry jou dan.

Blue Butterfly ·

@Neilia – moet ASB nie jou aftrekorder kanselleer nie. Glo my as ek sê Video Calling het definitief nie dieselfde impak as om persoonlik in gesprek te tree met belanghebbendes nie. Ja die kostes is duur maar is dit werklik duur in vergelyking met dit wat ons as blankes kan verloor indien dit nie vir Afriforum was nie? Ek is doodseker dat die 3 mense nie in Amerika is op ‘n “spending spree” met ons geld nie maar wel ons belange op die hart dra.

@Neilia ·

Dik jy nou jou R120 gaan afriforum keer???? As jy skrik….skrik net wakker!

CallieL ·

Die wat net wil sit en kyk. Julle is die groot oorsaak. Die politiek korrektes. Hou aan Afriforum, ill rather dei tryin than stting luck a coward and just roll over

Miggie Pelser ·

Dankie AfriForum dat julle iets daaromtrent gaan doen, ons is vol vertroue alles sal goed afloop, sterkte vir julle.

Diefie ·

Dankie Afriforum vir dit wat jul vir ons doen. Ek glo dit sal suksesvol wees en wanneer ons volk saam glo en bid sal ons hierdie dinge oorkom.

Marius ·

Hulle sal ook nooit op die maan land nie en toe…. moenie altyd tou opgou! Dankie AF

Foxi ·

N hengse stryd lê op hande vir die wit Suid Afrikaners. Of ons dit nou wil glo ofte nie, Siener van Rensburg se voorspellings is in die kol. Ek het my bedenke gehad oor siener se voorspellings, maar die kaarte is op die tafel wat aan die kom is.

TN ·

Dit sal eers beter met ons begin gaan wanneer ons ophou om twak te glo en self daadwerklik oplossings soek en vind .

KaterinaKat ·

Ek hoop Afriforum se volgende stap is na die VN, met inderdaad foto’s en videos van wat hier aangaan, veral oor die plaasmoorde. Hulle moet begin smeek dat ons blankes vlugteling status in Europa kry. Dis waar ons voorsate vandaan gekom het. Nou laat die Europese regerings al die Midde Oosterse en Noord Afrikane instroom in hul hordes. Maar Ons, Europese afstammelinge het nie reg op vlugteling status nie? Ons wat geen keuse gehad het nie, maar hier in die hel vasgekeer is. En nog almal in n Rwanda styl genocide uitgemoor gaan word. Miljoene mans, vroue, kinders gaan geslag word. Dis siek dat Europa ons nog nie vlugtelingstatus aangebied het nie. Ons bloed, miljoene der miljoene liters bloed gaan direk op hulle hande wees.

@Foxi ·

weet jy ek het nooit geweet wat die storie met “die siener” was nie, almal het altyd gepraat daarvan en ek het maar saamgepraat asof ek weet die ou het dinge vooruit voorspel. Ek het toe gaan lees daaroor….. en wragtig glo ek alles want alles is besig om te gebeur

??? ·

Nou waar kry ‘n mens Siener se geskrifte? Het dit nog nie met ‘n oog gesien nie.

Kabous ·

@KaterinaKat
Jy het ‘n punt beet. Daar kan stappe geneem word om blankes elders te help vestig in terme van humanitêre vlugteling status. Nie noodwendig in een land nie. Diè wat hier wil bly, is welkom om dit te doen.

Pieter du plessis ·

Ek hoop hulle kan die amerikaners oortuig om druk op hierdie piesang republiek te sit .

Hans Richardt ·

Ramaphosa het strategiese toespraak gemaak vir jong wittes om te bly in SA en die ander wat reeds oorsee is, om terug te keer.
Tog is regstel aksie in Grondwet, onteiening ‘n werklikheid en BBBEE besig om wit sakemanne as beleggers uit SA te hou volgens WEF.
Ramaphosa het propagandistiese toespraak gemaak en politieke korrekte media het oploop gesit met dit, wittes welkom in SA, maar geswyg oor wetlike diskriminasie in SA opgrond van velkleur.
Selfs “apartheid se skuld” is nou propaganda, want die propaganda word nou op hoorsê gebaseer, apartheid was reeds in 1984 afgeskaf. Bv Chris Hani se wit buurvrou het Blitspatrollie gebel na sy moord, voor April 1994, maw gemengde woonbuurte het bestaan.

Corrien ·

Die VSA was nooit ‘n betrouwbare partner nie. Hulle is self van die grootste grondrowers in die wereld.

alida ·

Hopenlik versprei hulle die afskuwelike fotos van al die moorde in SA ook. CR het mos gelieg en gesê dit bestaan nie. Wys hulle die harde werklikheid.

Sulet ·

Ag nee nie al weer nie. Wat kan Trump tog daaraan doen? Hy kan net sanksies inbring teen ons (wat almal gaan benadeel) totdat regering ingee (which is highly unlikely).

Stephan de S ·

Dankie tog dat almal nie so negatief is soos sommige deelnemers. Die besoek aan VSA is net EEN poging ten midde van talle ander. Of glo sommiges dat niks gedoen moet word,totdat n wonderwerk plaasvind? Dan sal hul in elk geval ook die wonderwerk nie glo nie. As niks sal werk nie,waarom nog lewe? Tydens apartheid het al die bevrydingsbewegings buitelandse bewusmakingsveldtogte gehad. En dit het dividende gelewer.

Bees ·

Dankie Afriforum vir julle volharding. Julle is net drie persone wat voorbrand vir ons maak. Ek sien geen ander instansies wat so hard baklei vir ons minderheidsgroep, die Afrikaners nie. Iemand het genoem in die kommentare dat net een persoon genoeg was om te gaan, en oor ledegeld wat verkwis is om drie te stuur. As die regering oorsee gaan, dan vat hulle die hele kaboedel saam, wat met ons belastinggeld betaal word. Hierdie probleme waarmee ons sit is deels die oorsaak van oorsee se inmenging, so hulle moet ons ondersteun. Kan nie verstaan dat daar mense is wat dink die huidige betogings, korrupsie, geweld, anargie, moorde, agteruitgang van staatsinstellings, morele verval, toestroming van onwettige kriminele immigrante, onbeheerde bevolkingsaanwas ens, is beter as die vorige bedeling nie. Dit sou sin gemaak het, as daar kon voortgebou word op die vooruitgang wat daar was, maar nou is alles afgebreek en tot stof getrap.

Jacques ·

Ek sak my kop in skaamte as ek party van die kommentare hierbo lees . Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan , want ons kan nie saam staan nie . Die regering weet dit en hulle neem absoluut voordeel daarvan . Sake sal nie verbeter in SA voordat ons nie heeltemal op ons Hemelse Vader vertrou nie . Tenminste probeer Ernst hulle iets goeds doen vir die land .

Stoffel ·

Roets en vriende loop op dun ys. Hulle gaan nog vir hoogverraad aangekla word.

Dries du Toit ·

Deur wie ?? Die vyand ?? Wie is die vyand Stoffel. Die Afrikaner het n lang lys van verraaiers wat vir hoogverraad aangekla kan word.

Leon ·

Die Afrikaners se lys is van geen belang. Die ANC is nou in beheer en sal redes kry om almal wat teen hulle werk in die hof by te kom. Kans is goed dat ‘n Afrikaner staatsaanklaer en Afrikaner regter die saak sal aanhoor. Net soos met die Boeremag verhoor sal geen genade betoon word nie. Afrikaners op hierdie forum sal blou moord skreeu, maar dan weer voortgaan met hulle daaglikse dosis klagtes.

Adam ·

Voor die 90’s was Afrikaners baie uitgesproke oor die feit dat SA soewerein ie en dat die buiteland hul neuse uit ons sake moet hou. Nou loof groot getalle Afrikaners ‘n liggewig wat in die buiteland om hulp gaan soek. Inkonsekwent se Moses!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.