AfriForum, IRV slaags oor grond-dokumentêr

Ernst Roets tydens die bekendstelling vir dokumentêr, Disrupted Land. Foto: Ersnt Roets/Twitter.com

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het mekaar gekap rakende grondbesit in die apartheidsera in ʼn segment van ʼn dokumentêre rolprent oor grondeienaarskap in Suid-Afrika.

AfriForum het Maandag Disrupted Land op YouTube beskikbaar gestel wat volgens dié organisasie die feite in ʼn uiters emosiebelaaide gesprek oor grondeienaarskap in Suid-Afrika verskaf. Die dokumentêr, wat 77 minute duur, is sedertdien reeds meer as 17 000 keer op YouTube gekyk.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, het Woensdag sy skok en teleurstelling oor die IRV se kritiek op die film uitgespreek.

Hy meen die kritiek op “twee minute lange kommentaar” verklap die organisasie se standpunt oor spraakvryheid en bots met die IRV se beginsels van verdraagsaamheid van teenstrydige of omstrede standpunte.

Roets het bygevoeg dat ʼn mens nie Suid-Afrika se geskiedenis deur die lense van vandag kan beskou nie.

Die IRV het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die dokumentêr doen afbreuk aan die waardevolle werk wat AfriForum doen om die belange van boere te verteenwoordig en die slaggate in onteiening sonder vergoeding uit te wys.

Gareth van Onselen is ‘n ontleder verbonde aan die Instituut vir Rasseverhoudinge. Foto: IRR/Youtube.com

Gareth van Onselen, ʼn ontleder van die IRV, het in ʼn rubriek in Business Day behoorlik uitgevaar teen AfriForum. Hy het onder meer geskryf “AfriForum se beskrywing van apartheid is onwaar en immoreel”.

Van Onselen het ook sover gegaan as om te eis dat die dokumentêr heeltemal onttrek moet word. Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van IRV, het luidens berigte intussen gevra dat AfriForum net die insetsel wat apartheid as “heilsaam” skets uit die dokumentêr verwyder word.

Die IRV is veral ontsteld oor ʼn segment waarin Liza-Mari Oberholzer, ʼn Suid-Afrikaanse historikus, Hendrik Verwoerd as ʼn filosoof beskryf het, wat nie as die argitek van apartheid beskou kan word nie, omdat die stelsel al bestaan het lank voordat Verwoerd eerste minister geword het.

In die insetsel word daar verduidelik dat Verwoerd ʼn landskap soortgelyk aan Europa in Suid-Afrika wou vestig waar verskillende volke vreedsaam in hulle eie lande langs mekaar kon leef en ontwikkel. Die segment verduidelik ook dat bevolkingsgroepe vergoed is wanneer hulle van grond verwyder is en genoegsame hulpbronne verskaf is om ʼn nuwe vesting op te bou.

Die IRV het AfriForum daarvan beskuldig dat die organisasie die motiewe agter apartheid en die wreedheid van die stelsel “ontsmet” en probeer “mooipraat”. Dít terwyl dit die hartseer gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis is, wat talle mense baie pyn veroorsaak het en nooit weer herhaal mag word nie.

Voorts het die instituut gesê dr. Anthea Jeffery, ʼn ontleder aan die IRV, se bydraes vir die dokumentêr moet ook nie beskou word as die instituut se goedkeuring of ondersteuning van die film nie.

Roets, wat ʼn vervaardiger van die dokumentêr is, het op sy beurt gesê die hele doel van die film is om die debat oor grondeienaarskap plaaslik en oorsee aan te wakker. Dit moet ook die mislukking van grondhervorming tot dusver bloot lê.

“Die instituut is ongelukkig oor twee minute uit 77 minute van die dokumentêr, wat feitlik korrek is. Hendrik Verwoerd was ʼn filosoof, hy was ʼn dosent in filosofie.

“Die IRV waarsku al lank reeds dat ons die gruweldade van die ANC en die gruweldade van die apartheidstelsel onafhanklik moet uitwys sonder om onder die druk te swig dat mens die een slegs kan kritiseer as jy die ander óók voldoende kritiseer. Ek kan slegs tot die gevolgtrekking kom dat die IRV intussen van standpunt verander het.”

Hy sê die IRV was reeds voor die bekendstelling van die film daarvan bewus dat AfriForum ’n opvolg op Disrupted Land beoog, wat juis op dít sal fokus wat die IRV nou beweer deur AfriForum afgeskeep word. Die plan is met die IRV bespreek en die IRV het selfs tot die opvolginhoud bygedra.

“Ten spyte daarvan het die IRV besluit om AfriForum in die openbaar met selektiewe inligting aan te val. Die IRV se aanval op AfriForum is waarlik betreurenswaardig. Hoewel die IRV vanuit ’n ander perspektief as AfriForum praat, is die IRV veronderstel om ’n belangrike bondgenoot te wees in die geveg vir die vrye uitruil van idees – veral kontroversiële idees.”

Roets het bevestig AfriForum het geen planne om die dokumentêr te onttrek nie. Hy het ook gesê AfriForum beplan weer ʼn buitelandse besoek in April om belangegroepe bewus te maak van die regering se voortgesette pogings om grondonteiening sonder vergoeding in te stel en sal die rolprent tydens hulle besoek versprei.

  • Hierdie berig is gewysig sedert die plasing daarvan. – Red.
  • Lees ook Ernst Roets se meningstuk waarin hy reageer op die IRV se kritiek op Disrupted Land op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Gerrie ·

Dit wil voorkom of die IRV mense wil voorsê hoe hulle moet voel oor sekere dinge in ons geskiedenis.

Andreas ·

En net solank verkeerde persepsies nie aangespreek en reggestel word nie. Nou word daar soos gewoonlik gekeer. Ons moet mos die ANC terwille wees en mag nie die geesdrif waarmee hul hul boodskap uitdra demp nie.

Naas ·

Presies!….soos sommige blankes vir swartes wil wys hoe om rerig swart te wees….

Boerboel ·

IRV will julle ook nou kruip by die EFF? Roets dankie gaan aan met die DVD . Iemand wat teminste na ons regte kyk en die waarheid praat!

Jepetto ·

Gaan maak a dokumenter oon New Zeeland Australia America Canada om net te begin noem

theo ·

Jepetto ek verstaan nie mooi wat jy bedoel met die stelling?

Jacoba ·

Japetto wat het dit nou te doen met wat in Suid Afrika aangaan? Is jy verward of suig jy lug? Wat bedoel jy nou eintlik met jou stelling? Lyk my jy het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie

Kasper ·

Pragtig Afriforum, julle druk die regte knoppies, en lakeie soos die IRV raak ongelukkig. Tog om te verstaan hoekom hulle so optree, kyk net wie befonds hulle, dan sal julle verstaan.
Maroela graag wil ek weet wanneer plaas julle ‘n artikel oor die MRK se bevindinge rondom Malema se uitsprake ten opsigte van die uitmoor van wittes, wat volgens hulle nie haatspraak is nie.
Dankie

m.d.r. ·

Dr Verwoerd was NIE die argitek van apartheid nie…….! In sy boek “My beloved country” vertel die skrywer, Oud Sen Thomas Boydell hoedat hy reeds in 1912 in die parlement die stelsel voorgestel het. Ek haal sy woorde aan…:”I advocated Apartheid –as being in the best interest of the Native–when the present Prime Minister, Dr Verwoerd was still in his knickerbockers–a little boy of nine..”
Duidelik is mense soos van Onselen en ander maar swak ingelig oor die geskiedenis van ons land.
Boydell vertel later dat hy op ‘n vraag in die parlement oor die Kleurlinge gese het: “The Coloured people will come in with the Europeans”….
Dit het nie gebeur nie, en ons het vyande gemaak waar ons dit nie nodig gehad het nie…

Andreas ·

So is Afriforum daarvoor verantwoordelik dat die realiteite van ons geskiedenis nie doodgeskree word nie, maar die wêreld ingedra word en vir die nageslag behoue bly.

jaco ·

Ten spyte van al dr verwoerd se edele motiewe, staan een feit agter uit in talle boeke oor hom: hy het wit besighede verbied om ekonomies in die swart tuislande te belê. Afriforum swyg daaroor…

m.d.r. ·

Ag nonsens Jaco…!!!
Het jy nog nooit an die grensnywerhede gehoor nie ?
Ekself het meer as tien jaar Binne in Bophutatswana op ‘n myn gewerk en belasting betaal aan die Bop. Regering…!
As die destydse regering dan oneerlik as kon hulle die grense an die Tuislande maklik gemanipuleer het om die myne in RSA gebied te laat val..
Net ter inligting—Die hele Impala Platinum het binne die Bop. geval en sowat 30% van Rustenburg Platina,- die wereld se grootste platinamyn, -Binne in Bophutatswana…..!

SB ·

Jaco, jy weet glad nie waarvan jy praat nie!!! Maatskappye het juis insentiewe soos belasting voordele om hulle fabrieke ens in die swart tuislande te vestig!!!

jaco ·

Die grensnywerhede was in SA, aan die kant en op die grense van die tuislande. Dit het net werk gegee vir swartes wat daar naby gebly het. Daar was ook nie grensnywerhede oral op die grense van alle tuislande nie. In latere jare onder Vorster en PW Botha is wit investering wel binne die tuislande toegelaat, maar toe was dit ‘n baie duurder onderneming as in wat dit in die 1950s en vroeë 1960’s sou gewees het.
Gaan lees net Herman Gilliomee se boek Die Laaste Afrikanerleiers. Dis ‘n openbaring van verspeelde kanse en “pie in the sky” drome oor apartheid wat nooit waar geword het nie.

jaco ·

darem net vreemd dat, selfs met al die belastingtoegewings, die tuislande steeds nie soos Johannesburg en kaapstad se nywerheidgebiede gelyk het nie. Bophuthatswana was miskien meer suksesvol, maar Venda, Gazankulu, KaNgwane ens ens was definitief nie.
Dan ook: ‘n Belegger wat in Namibië wil belê, maak nie sy fabriek op die Botwana grens oop en laat dan Namibiese werkers oor die grens kom om daar te werk nie. Hy gaan maak eerder sy fabriek oop op presies waar in Namibië hy dit wil hê. Dis goedkoper.

Eben ·

@Jaco: Ek onthou nog as kind dat dobbel in SA verbied was. ‘n Ene Sol Kerzner, jy het dalks al van hom gehoor :), het Sun City in ‘n tuisland gebou. Ek dink hy sou gesukkel het indien dit nou nie toelaatbaar was nie. Dr. Verwoerd was dalks gekant daarteen dat maatskappye belê in die tuislande maar ek sou nie weet nie en het nog nie so iets gesien of gelees nie maar dit is moontlik. Of dit “verbied” was twyfel ek. Miskien het ek hierdie stukie geskiedenis verkeerd maar dit is hoe ek dit onthou.

Herman G ·

Dis reg Jaco, hy het ook Indiers verhoed om daar besighede te stig. Die rede is egter dat hy wou die swartes aanmoeding om self entrepeneurs te word. Hy het gevoel as hy nie-swart besighede toelaat, sal hulle die markte kry en die swartes sal nooit ontwikkel nie.
Was dit reg of verkeerd? Ek dink daar is goeie argumente beide kante – maar ek dink nie Verwoerd het dit sleg bedoel nie.
Onthou ook al die tuislande het Ontwikkelings Korporasies gehad, so dit is nie asof geen industriele ontwikkeling plaas gevind het nie.

NEewat Jaco ·

Soos hulle nou WIT FIRMAS VERBIED OM MET DIE STAAT BESIGHEID TE DOEN . wat is die verskil?? Soos WIT firmas nou BEBOET word as hulle nie SWARTES aanstel nie . so hoe verskil dit nou van apartheid???

Haan ·

Andreas want youtube is – soos soveel ander hoofstroom platvorms – aandadig in die marginalisering en uiteindelik uitwissing van konserwatiewe, westerse geskiedenis.
Soos bv Google. Kyk self. Google images gou “European history” of “white women with children” en sê my wat sien jy

Andreas ·

Haan, nog ‘n vraag, waarom wil jy na white woman with children op die internet soek?

Christiaan ·

Die feite in die dokkie is goed en het meer organisasies daaraan gewerk as net IRR of AfriForum. Roets of AfriForum, wat inhoud keur, het jammerlik toegelaat dat onsmaaklike kommentaar gegee word wat nasionaal en internasionaal onaanvaarbaar is. Jy kan nie apartheid goed praat nie, of dit nou Strijdom, Malan of Verwoerd is. Dan wil julle internasionaal gaan steun werf daarmee…die wêrekd sal moeilik apartheid goed praat.(En ek is nie eers ‘n historikus of toekomskundige nie)
Laastens, die Lise-Mari is jonk en waarskeinlik meegevoer in ‘n Afrikaner omgewing soos AfriForum en was uit haar diepte gewees…toe nou maar gepraat soos Afrikaners doen om n braaivuur. Syt vergeet die wêreld gaan haar oordeel en haar loobaan as historikus is verby…jammer.

Stormjaars ·

As “aparheid” so sleg is, straf ons wat dit goed praat daarmee.

@ CHRISTIAAN ·

Maar almal praat BEE en EE en AA goed .. apartheid as sulks was juis gebou om die CHAOS wat nou in die land heers te probeer VERHOED .. NEEWAT niemand is meegevoer nie, ons weet presies wat tydens apartheid gebeur het maar vreemd dat KWOTAS en BEE nou vir julle reg is asook wrede plaasmoorde op blankes en die feit dat WITMENSE uitgesluit word by aandeleskemas . hoe is dit nie ook apartheid nie? MAAR NOU hoor ek niks van julle nie…Die ou BRAAIVUUR COMMENT is al ‘n CLICHE . niemand steur hulle aan mense soos jy nie .. en duidelik kan ons sien jy is NIE ‘n historikus nie … nie moeilik nie …

Manie ·

Verwoerd is deur die propaganda van die anc en sy kommunistiese maatjies gebrandmerk asof hy die argitek van apartheid was. Die man was tenminste nie so korrup en skelm soos die presidente na hom

Hendrik ·

Ek het die hele program deurgekyk en dink dat dit in geheel gebalanseerd en goed nagevors is. Tog wonder ek oor die wysheid daarin om, al glo ek wat hulle oor Dr Verwoerd sê, hom by die storie in te sleep. Dit maak dat baie mense wat simpatiek teenoor die inhoud sou staan, se eie vooroordeel dat Afriforum ‘n rassistiese organisasie is, nou in hulle gemoedere bevestig word. Sodoende word die boodskap, wat baie goed is, gediskrediteer. In elk geval, ek dink dit is ‘n baie goeie program en dit het my volle aandag vir die hele tyd gehad. Dis nou ‘n voorgeskrewe werk vir my gesin.

Logika ·

Hendrik

Ek stem volkome saam met jou. Dekades se propaganda kan nie ongedaan gemaak word nie en hulle isoleer hulself hierdeur van al ons bondgenote. Ek glo nie die IRR se optrede is korrek nie, bloot voorspelbaar, en so ook sal die res van die wêreld sin wees.

Ek wil egter nie vir Ernst te veel kritiseer nie, ek glo hy het dit in berekening gebring maar dat dit onvermybaar was.

Ek wil net dit duidelik stel dat Afriforum nog altyd hulle kanonne op die hoë grond opgestel het. Dit was hul sleutel tot sukses dusver. Maar ons opponente trek ons nou in die moeras in.

Ernst en kie… trap versigtig asb.

Jacoba ·

So jy en Logika voel dat hulle eerder die waarheid onder die mat moes invee en polities koorek moet wees soos julle tweetjies,.

Waarheid ·

Van Onselen het duidelik n identiteitskrisis en daarby ken hy nie geskiedenis nie.
Kry hom jammer. Hy sal op die harde manier moet leer.

Dries du Toit ·

Ek stel voor. Haal daai stukkie uit wat Cronje wil uithaal. Dit is polities dalk nie korrek nie al is dit n feit. Kyk wat se van Onselen dan. Of sy baas Cronje

aj ·

Die gruwelikhede van die ANC tydens die sg. struggle en sedertdien is enorm in vergelyking met die gruwels van Apartheid.

Die ANC se hande drup van die bloed van hulle slagoffers van bv. verkragtings en martelings in hulle terroriste kampe. necklaces, stenigings, sluipmoorde, bomme, Marikana, Andries Tatane, Esidemeni, sabotasie, brandstigting en die onlangse HOOGVERRAAD!!!

As die Apartheid apologete hier bo, objektief kyk na die VERGRYPE van die 2 regimes, en as hulle eerlik is, behoort hulle die morele hoëgrond aan Apartheid toe te ken as “The lesser of two evils!”

Dit is ‘n futiele oefening om vandag te skreeu APARTHEID (wat lankal dood en begrawe is) (en geen bedreiging inhou nie) … terwyl die ANC vergrype DAAGLIKS ophoop en vermeerder.

Beywer julle liewer vir ‘n beter VANDAG en MÔRE as om ‘n beter verlede (terugwerkend) te probeer skep.

Die ‘bestuurder wat aanhoudend in die truspieël staar, gaan die voertuig teen ‘n paal vasry. … of oor die afgrond!

HV ·

Beantwoord net die volgende.

Hoekom het apartheid ontstaan?
Hoekom was apartheid nie omgekeer nie?
Hoekom is Afrika deur die Europeers ontdek en ontwikkel en nie andersom nie. Hierdie geld ook vir ander dele op die aardbol.
Wie het vir die afrika nasies hulle tale in die geskrewe en gelese formaat ontwikkel?
Waar het AL die tegnologie soos ons dit vandag ken ontstaan?
Ag n mens kan hiermee aangaan en aangaan.

Ek sal jou se ·

Ek sal jou sê hoekom het apartheid onstaan. Dit het sy oorsprong uit die era van die Trekkers wat noodgedwonge onafhanlikheid kom soek het in die binneland en Natal. In die vroee jare in die 1700s en 1800s is die wit Trekkers oor dekades aangeval en vermoor deur swart volke. Toe Piet Retief ‘n transaksie met Dingaan oor grond aangaan, toe word hy en sy party vermoor. Swart op wit haat en moord het in daardie tyd ontstaan. In die vroee 1900s toe die Britse Ryk ook die wit Trekkers gedomineer het in die Vrystaatse en Transvaalse Republieke, en Jan Smuts en Louis Botha soos skoothondjies van die Britse regering opgetree het, het wit nasionalisme begin posvat en selfbeskerming begin. Afsonderlike ontwikkeling is ‘n natuurlike verskynsel want soort soek soort, ‘n trop rooibokke meng nie met ‘n trop spingbokke nie. Die filosofie daarvan is heeltemal natuurlik, die metodes was dalk nie geskik nie. Wat doen Frans Cronje en sy gabbas vir die beskerming van die wit minderheid? Hulle moet die feite in die oë kyk en ophou mooi broodjies bak

Gert ·

Politieke korrektheid is ‘n onding wat met hand en tand beveg moet word. Mens kan nie die waarheid verswyg of verdraai omdat dit vir die meerderheid offensief is nie. Om realisties te kan praat oor grond, moet die ware feite geopper word.
Ek is baie bekommerd oor die nuwe haatspraakwetgewing, dit gaan definitief so geplooi word dat dit onwettig raak om onpopulêre feite te noem.

Frank ·

Skitterend Afriforum!!
Maak net “South Africa” deel van die titel.

Adam ·

Dir is tragies dat mense sos Van Onselen en Cronje of nie ons geskiedenis ken nie of hopeloos te polties korrek is. Ons kan nie die geskiedenis verander of weg-lieg nie. Verwoerd was nie die argitek van apartheid nie en dit sal so bly ongeag wat jou eie opinie oor apartheid was. Net so sal die geskiedenis nie kan ontken dat ‘n korrupte Zuma op ‘n tyd ons President was nie. Eie politieke oortuiging kan niks verander aan wat in die verlede gebeur het nie.

Hendrik ·

Ek ondersteun jou voorstel. Al glo ons dit wat oor Dr Verwoerd gesê word, lei dit die aandag van die hoofboodskap af. Haal dit uit, dit maak nie dat ons dit nie meer glo nie, maar dit draai baie mense teen die saak wat teen onteiening sonder vergoeding gemaak word. Die paar woorde wat oor Dr Verwoerd gesê word, gaan nie daardie groep mense se mening oor hom verander nie. Ons moet slim wees, nie hardkoppig nie.

Andreas ·

Ek het ‘n idee dat Ernst Roets het vooraf presies geweet waarvoor hy hom met daardie 2 minute oor Verwoerd inlaat. Hy is verseker nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie, en wat mens hom krediet moet gee, is dat hy nie bang is om die waarheid soos dit is weer te gee nie.

Andreas ·

En natuurlik sou hy daarvan bewus wees dat mense hom en Afriforum sal probeer verguis en die wêreld wysmaak dat hulle ondersteuners van apartheid is.

Hanna Hoekom ·

Apartheid en vrede! Ons is met verskillende kulture en fisiese eienskappe
geskep. Ons was nooit veronderstel om te vermeng nie. Een kultuur is nie beter as n ander nie, maar hulle is beslis verskillend! Hoekom mag ek nie kies met wie ek wil assosieer nie? Nou gaan ek seker weer as n rassis uitgekryt word…

LHS ·

My naam is Koki leier van een van die vredeliewende rondtrekkende San groepe hier suid van die ewenaar in Afrika. Dit is die jaar 300 n.C. Van ons jagters het vandag baie groot geskrik. Hulle het n hele groot groep mense wat amper soos ons lyk , net groter en donkerder van kleur raakgeloop wat besig was om suidwaarts af te trek. Saam met hulle was diere so groot soos die eland, hulle het gepraat van beeste, ons ken dit nie.
My seun Khoi het hulle gevra wat soek hulle, toe sê hulle landbougrond en ystererts, baie grond want agter hulle is nog baie ander wat ook nog kom, Toe Khoi vir hulle sê hierdie is hulle jagvelde en dat hulle moet omdraai toe val daardie mense hulle aan, 5 van ons jagters is gedood. Ons ander het maar gevlug weg van hulle af…………..

Karin ·

Ai tog, hoe slaan die wit mense mekaar terwyl die land brand. Beweeg tog aan en kom vorendag met nuwe planne.

Siener van Melbourne ·

Die IRV moet wakker word. Die vryheids stryd was kamstig gerig daarop om die ‘ongesonde bestel van apartheid’ te eindig en te vervang met hul eie ideologiese sosialistiese kommunistiese bestel. Nou sien ons hoe ‘ongesond’ die ANC se sosialistiese en kommunistiese beleid is. Eintlik is die krimineel. Ek sien ook die nodigheid om albei in oenskou te neem sonder om ieder een to ignoreer of apart te beskou. As jy jou huis oorverf, vergelyk jy dit tog met die vorige toestand, hoe anders?!

Anoniem ·

@aj, ek stem heelhartig saam met jou kommentaar. Dit wat die ANC vandag aan die mense van Suid-Afrika doen is meer verwoestend en vernietigend as wat Apartheid ooit was. Maar wat kan ‘n mens nou doen as mense nie dit wat in die verlede gebeur wil agterlaat en bo dit wil uitstyg nie. Hoeveel mense het gesterf sedert 1994 toe die ANC aan bewind gekom het?

Pietman ·

Jy bedoel na die ANC in 1990 ontbind het. Tussen 1990 en 1994 , 14 000 politieke moorde.

Sinies ·

Wie finansier IRV?
.
Soek jou antwoord oor hul ommeswaai daar.

Charles ·

Mooi Afriforum, Baie dankie!

Dr. Verwoerd is my held, en was ‘n besonderse, geniale mens.

LOVE VERWOERD ·

VREEMD DIE ANC EN EFF EN BLF KAN STEEDS leuens oor apartheid en oor ander kamstige gronddiefstal en gemors publiseer en vertel en programme maak maar NIEMAND WIL DIE WAARHEID HOOR NIE … GO AFRIFORUM .. vertel hulle die waarheid . hierdie bleeding heart liberals moet GAAN SIT .. Hulle straf nooit die BLF en EFF EN ANC vir hulle opgemaakte snert nie HOU AAN OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG.

waco ·

pragtig afriforum hou so aan moet julle nie steur aan mense wat te bang is vir die waarheid nie. DR Verwoerd was heeltemal reg met sy beleid en dit sou vrede tussen al die bevolkings groepe gebring het. miskien moet iemand die volksmoord wat die swartes onder mekaar gepleeg het ondersoek en aan die lig bring.

Andre C ·

Wel n gedaan Afriforum. IRV is net n hulpbron van die regering.Publiseer internasionaal op soveel platvorms moontlik.

WAAR KAN EK N HARDE KOPIE KOOP ?

Ben Prinsloo ·

Laaste opregte staatshoof wat Suid Afrika gehad het, Hendrik French Verwoerd. Na hom het die verraad in Suid Afrika begin teen die witman en tot nou toe nog nie opgehou nie.

JAN ·

‘N Briljante US student van 1966-68 het aan my geskryf dat hy oortuig was dat ‘ God die skepper van hemel en aarde….. !!!! vir Tsafendas gestuur het om Verwoerd te vermoor ” Belowe.
Briljante Afrikaner seuns is gewerf en indoktrineer en omgekoop deur Rupert veral..
en natuurlik die [LW] Engelse Bokryers. Minstens een so ‘n kosbare seun skryf steeds hier op MM goeters wat nie sin maak nie.
Makulu state capture . ABO light. Gryp die kinders ….

Daarom dat Rhodes se beeld gewaai het. The biggest scoundrels in history.
Dis die waarheid wat my totaal geskok het. en alles verklaar. Gods genade het ek ontsnap uit daai geldmag greep.

Moederatorretjie kan maar diskreet wees hieroor soos Hendrik skryf. Hoewel nooit vergeet nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.