AfriForum is môre in die hof oor plaasmoordsyfers

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof om ’n bevel te kry ná sy formele versoek aan die afgedankte nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, vir die SAPD se volledige plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015.

Dit spruit uit die aansoek wat AfriForum in Mei 2015 ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gebring het.

Die aansoek is gebring nadat die regering in 2007 bekend gemaak het dat geen verdere statistieke oor plaasmoorde ingesamel sal word nie. Phiyega het egter in Maart 2015 gesê dat die SAPD nog al die jare daarmee besig is. Sy het beweer die syfers word om “operasionele redes” steeds bygehou, maar nie gepubliseer nie.

AfriForum dryf sedert 2012 ’n veldtog om korrekte statistieke rondom plaasmoorde en -aanvalle te bekom, asook om dié tot prioriteitsmisdaad verklaar te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

anna ·

dankie daarvoor en ook vir al die ander werk wat julle doen!!!

DPJ ·

Afriforum gaan asseblief so voort, waarom statitieke geheim hou? Het hulle iets om weg testeek.
Ek as lid is tros op julle.

Veritas ·

Die statistieke word met goeie rede geheim gehou. Indien die ware syfers openbaar gemaak word, kan dit die regerende party groot skade berokken. Volksmoord en menseregte-skending is hoog op die agenda van die VN en die ANC-regering wil nie hê dat daar ondersoek ingestel word van wat in Suid-Afrika aan die gang is nie. So’n ondersoek kan die simpatieke houding wat die wêreld teenoor die ANC het, drasties verander en hulle wil graag as slagoffers gesien word en nie dit wat hulle nog altyd was nie.

Kort-en-kragtig ·

Ek wonder maar net wat AfriForum gaan doen as die “ware” statistieke van plaasaanvalle bekendgemaak word. Sal hulle nog steeds daarop aandring om met die polisie en die minister van Landbou saam te werk om plaasmoorde te bekamp? Hoe sal hulle te werk gaan om dit te bekamp – deur bv. pamflette aan plakkers en onwettige immigrante uit te deel?

Elizabeth ·

Sterkte Afriforum. Ons is dankbaar vir wat julle doen ten spyte van mense eoos Kort-en-Kragtig. Sinies verby.

PJ ·

Klink of Kort -en -kragtig n oplossing het lig ons bietjie in asb

Kort-en-kragtig ·

PJ. Die oplossing is eenvoudig – aparte onafhanklike volkstate vir al die bevolkingsgroepe. Wat is jou en AfriForum se oplossing – om onbepaald te kerm en kla oor “groepsregte” wat geskend word en daaroor hof toe te gaan, maar nog steeds deel te wees van ʼn onverdeelde Suid-Afrikaanse eenheidstaat?

Nonnie Oelofse ·

Wat steek die ANC regering weg….????? Wie en wat sit agter die afskuwelike wreedaardige moorde wat op boere gepleeg word????? Afriforum, ons staan bankvas agter julle om die statistieke te kry en uit te vind hoekom word die syfers vir ons en die res van die wêreld weg gesteek!!!!

Flippie ·

Afriforum moet ophou pm net op plaasmoorde te konsentreer. Die regering gaan nou ook pla5telandse beoners wat ‘ n bestaansboedery bedryf ook insluit. Geweld hier is swart op swart en is gewone geprovokeerde isdaad.

Afriforum moet alle ongeprovokeerde swart op wit aanvalle se statistieke kry. Dan sal die hare rys.

pieter ·

Nou verstaan ek nie,as iemand n goeie plan of sommer net n plan het, my magtig mede blanke afrikaans sprekende boere kom ons ondersteun instede van altyd dwars trek.Van voortrekker tyd is ons so.Nou is die tyd om saam te staan asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.