AfriForum Jeug boikot Jeugdag; maak monument skoon

Foto: AfriForum Jeug

Foto: AfriForum Jeug

AfriForum Jeug se nasionale bestuur het vandag aangekondig dat hulle nie vanjaar jeugdag gaan vier nie.

“Om jeugdag te boikot is vir ons juis ‘n wyse waarop ons eerder wil afstand kry van ’n regering wat jongmense onderdruk deur middel van hulle eie onvermoë om geleenthede te skep,” sê AfriForum Jeug.

“Die regering se onvermoë moet nou eerder as motivering vir jongmense dien om hand in eie boesem te steek. Jeugdag het die afgelope paar jaar eerder in ‘n spog geleentheid vir politieke partye ontaard,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug voer die volgende redes aan waarom hulle Jeugdag boikot:

• Die regeringsbeursfonds, NSFAS, wat nie genoegsame fondse beskikbaar gehad het om die duisende studente wat daarvan afhanklik was te ondersteun nie. Dit het talle betogings aan die begin van die akademiese jaar veroorsaak.
• Die onderwysdepartement het weereens nie daarin geslaag om handboeke by alle skole uit te kry nie. Net soos in die afgelope paar jaar is Limpopo die ergste hierdeur geraak.
• Matrikulante en studente kry nie almal gelyke geleenthede tot studiebeurse en toelating nie, rasseklassifikasie veroorsaak dat baie van die beste kandidate nie ’n opsie kry nie.
• Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) se top bestuur se nabye betrokkenheid by beweerde korrupsie en wanbesteding. Al hierdie befondsing was veronderstel om aan jong entrepreneurs te gaan en weereens is hierdie regeringsorganisasie een van die grootste sondaars as dit kom by korrupsie.
• Suid-Afrikaanse skole se wetenskap en wiskunde is volgens die die Wêreld-Ekonomiese Forum, die swakste uit 148 lande.
• Die werkloosheidsyfer, volgens StatsSA, het onder Suid-Afrikaanse jongmense drasties toegeneem vanaf 32,7% in 2008 tot 36,1% in 2014.

“Die derduisende rande wat jaarliks bestee word aan jeugdagvieringe kan maar eerder laat vaar word totdat daar werklik die dag iets noemenswaardig is om op trots te wees,” het Maree gesê.

AfriForum Jeug het die afgelope naweek gebruik om die Witkruismonument, wat opgerig is ter herdenking van plaasmoordslagoffers, in Potgietersrus op te knap en te restoureer. Duisende kruise is geverf, ingekap en die terrein is skoongemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Dankie aan die jongmense. Dit word waardeer. Jul harte is op die regte plekke.

Charlotte Barnard ·

Hoor hoor! Ek ondersteun julle beleid 100 % Doen so voort met die goeie werk en beginselvastheid wat baie belangrik is vir ons jeug!

anita ·

Ek kry amper MOED vir ons jeug met die aksie. Volgens die nuus het die jeugdag weereens gegaan oor die opstande jare gelede na aanleiding van die Afrikaans as taal. Steeds word daar gery op die lang ou dooie perd van Apartheid gebeurtenisse i.p.v. om die jeug saam te kry en omgewing skoon te
maak of ander projekte soos die skoo n maak van hospitale en die se tuine. Jeugdag moet wys dat die jeug iets wil doen, nou is dit net opsweepery…Agriforum jeug ! julle het korrek gehandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.