AfriForum Jeug daag NSFAS voor die hof

AfriForum Jeug is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof waar hulle die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) voor die hof sal daag.

Dit volg na sowat 5 000 studente se studiehulp vir 2020 gekanselleer is. Meer as 100 studente, wie se finansiering onregmatig gekanselleer is, vorm deel van dié saak.

“Dit is belangrik vir ons om hierdie saak deur te voer aangesien die studente wat NSFAS- finansiële ondersteuning nodig het juis nie regshulp kan bekostig nie en NSFAS buit dit uit,” sê Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug. “Tersiêre studies bied vir talle studente die geleentheid om vir hulself ’n beter lewe te skep maar dit word van hulle ontneem.”

Maroela Media het vroeër berig NSFAS het finansiering gekanselleer vir sleutelstudierigtings. Andile Nongogo, uitvoerende hoof van NSFAS, het in ʼn omsendbrief ontfondsing vir die volgende studierigtings aangekondig:

  • BTech
  • Legacy-tweejaar-diplomas
  • Baccalaureus in die Opvoedkunde
  • Baccalaureus in die Verpleegkunde
  • Algehele finansiering vir nagraadse kwalifikasie

Alhoewel Nongogo het later verduidelik dat dié ontfondsing nie op voorgraadse studies van toepassing is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.