AfriForum Jeug eis optrede vir studenteveiligheid by Medunsa

Volgens AfriForum Jeug is die 'n voorbeeld van rassistiese aanmerkings teenoor nie-swart studente wat nie staak nie. Foto: Verskaf

Volgens AfriForum Jeug is die ‘n voorbeeld van rassistiese aanmerkings teenoor nie-swart studente wat nie staak nie. Foto: Verskaf

AfriForum Jeug eis ’n ondersoek, optrede en die toepassing van ’n daadwerklike plan van die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om studenteveiligheid aan Medunsa te verseker.

AfriForum Jeug sê dit kom nadat die jeugorganisasie talle klagtes van studente ontvang het.

“Ons het die brief met ons eise aan die instellings gestuur. Onskuldige studente word tot met die dood gedreig op sosiale media, deur teksboodskappe en selfs op kampus, terwyl rassistiese aanmerkings in die rigting van nie-swart studente geslinger word, aangesien hulle nie wil saam staak nie. Die situasie by die kampus is buite beheer en onmiddellike optrede moet geskied,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Volgens Maree is studente bang om klas toe te gaan. “Daar was al groot ophef gemaak oor voorvalle by ander universiteite sedert die begin van die jaar, maar hoër onderwys en die SAMRK is tjoepstil oor die staking by Medunsa.”

AfriForum Jeug het die instellings tot Vrydag, 5 September tyd gegee om op die eise te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.