AfriForum Jeug eis skorsing van ‘bazoeka’-student

Die memorandum word oorhandig. Foto: Verskaf

Die memorandum word oorhandig. Foto: Verskaf

AfriForum Jeug het ’n memorandum aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (Tuks) oorhandig, waarin die organisasie die skorsing eis van Luvuyo Menziwa, die studenteraadslid wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet.

Dit volg nadat Menziwa na bewering op Facebook ʼn lys redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat, naamlik onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

Menziwa is aan die einde van Augustus, ná druk van die jeugorganisasie op die universiteitbestuur, van die studenteraad geskors hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad. Strafregtelike aanklagtes van intimidasie, aanhitsing van geweld en crimen injuria is ook by die polisie aanhangig gemaak en by die hof ingedien vir beslissing.

“AfriForum Jeug moes reeds op 30 Augustus ’n antwoord van die universiteitbestuur oor Menziwa se skorsing ontvang het. Ons het egter nog geen terugvoer gekry nie en is nou tot verdere stappe genoop,” het Jaco Grobbelaar, koördineerder vir AfriForum Jeug op die Tuks-kampus, Vrydag gesê.

Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Jeug op die Tuks-kampus, het op sy beurt gesê die organisasie meen dat voorvalle soos dié geweld op die kampus en onnodige twis tussen studente aanhits. “Dit is die universiteit se plig om studente te beskerm. As studente egter onveilig voel, kom die UP nie hierdie verantwoordelikheid na nie,” het hy gesê.

Maroela Media het navraag oor die aangeleentheid by die universiteit gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Corrie ·

Was dit ‘n blanke persoon wat iets gesê het (wat glad nie so erg soos dreigende moord was nie) was die raskaart al ‘n “billboard” en het die saak al in die hof gedraai en was die skuldige (en alle blankes) weer deur die (c)anc (er) kaders uitgekryt as slegte kolonistiese rassiste. As dit ‘n nlanke was sou daar ‘ n verskoni g geïs word in die media en boetes moes betaal word ens ens. Hoekom sleep die gereg noú hul voete?

Pieter ·

Dis maar nog ‘n voorbeeld van dubbele standaarde soos ons by Kovsies en Maties ook sien. Sal nie verbaas wees as Afriforum Jeug van rassisme beskuldig word gewoon omdat hul ‘n klag ingedien het. Die unversiteitsbestuur moes dadelik opgetree het, maar sleep voete. Ek weet nie of ‘n klag by die Menseregtekommissie ingedien is nie, maar dit sal ook nie help nie. Mens raak maar skepties oor die instellings van wie mens meer verwag.

Alida ·

Hy moes laaaankal van die kampus verwyder gewees het. Wat soek hy nog daar?

Pieter ·

Hoor my gaan niks v d saak kom nie want hy is nie wit nie.

Niel ·

Dubbel standaarde, Penny Sparrow, die kleuterskool geval ens. Wittes ry aan die pen, word uitgekryt as rassiste maar hy is seker ‘n held onder swart studente by Tuks

Frederik ·

Net een vraag. Hoekom vra die media nie wat het geword van die moord ondersoek nie.? Die tyd, identiteit en ondersoek kontak is bekend aan UP. Begin daar vra vir antwoorde. Al hierdie wegsteek stilte word beheer. Begin daar krap.

Lance ·

Nou se sommige dat swartes nie kan rasiste wees nie ….waaaar kom hulle aan dit ….dit is aan beide kante van die spektrum. Maar ons belasting geld is goed genoeg ne !

Jan maak n plan ·

Alvorens, kom ons noem dit die sogenaaamde swart rassite, nie die Penney Sparrow behandeling kry nie, sal hulle beslis nie ophou met hulle rassistiese uitsprake nie. Maar of dit ooit sal gebeur dink ek eerder ons staan n groter kans dat die prez n goeie en eerbare prez sal word en alles wat verkeerd gedoen en gesteel is belei en alles dan regmaak en reg sit.

Edward ·

Hierdie tipe stellings is die doodskreet van die anc. Hulle het na 22 jaar niks om te wys vir die biljoene in belasting geld wat ontvang is van die wit kapitaliste nie.

Poot ·

Nou vir wat sal die siel n koël vaste baadjie aanhê as hy die memorandum oorhandig? Dalk verwag hy iets.

John ·

Hoekom hou ons aan met dink die ANC is ‘n politieke party selfs as die swartmagvuis gelig word? Ons moet dit herken vir wat dit is. Die ANC vra nie asseblief tog vir ‘n demokratiese opposisie nie. Dis die bietjie ander wat die brullende naderende donderweer probeer keer met ‘n paar koerante onder die deur. Bring my speelgoed word gewoonlik luidkeels onder die stortkop uitgebulder. Die student het net sy liedjie buite die stort loop sing vir ons om die gevaartone duideliker te hoor.

Poplap ·

Dra die kind ‘n bulletproof vest?
Dis belaglik dat Bazooka Bob daarmee kan wegkom om sulke goed te sê. Kla hom aan by die Equity Court en eis dan soveel moontlik. Whats good for thw goose is good for the gander!

Mike de Beer ·

Die president sing liedjies van witmense doodmaak met sy masjiengeweer. Hierdie ou wil doodmaak met sy bazoeka of AK 47… wat is die verskil?

Jakkalas ·

Waag net nie jou gesig ‘n ander kleur verf vir partytjies nie maar jy mag wittes dreig met die dood. Dis lelaglik. Waar het dinge verkeerd gegaan? Hoe het die samelewing hieby uitgekom???? Malligheid dis wat dit is……..

Frederik ·

Jakalas, jy is reg. Ek het dit spesifiek geskryf……. Dosent, moord, UP, stilswye, media, krap. As hierdie deurglip, woorde spreek vanself.

Albert Marais ·

Die drommel wil beweer dat daar n verskil is tussen “wit mense” en “wittes”Waarvan praat hy?? Dink hy nou vir een oomblik dat hy daarmee kan weg kom? Afriforum knyp hom vas, ons staam agter julle

Nel ·

Ja hy moet beslis as voorbeeld dien en geskors word.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het nie verniet gewaarsku dat volksmoorde soos bv die van die Jode en die Tutsi’s ook begin het by haatspraak, diskriminasie en marginalisasie nie.

booooooo ·

Skors en gee hom R150 000 boete wat vir die 1 geld moet vir die ander ook geld . Dan is dit mos demokrasie wat almal wou gehad het .

foxi ·

Verlos hom van sy bitterheid! Gooi hom uit! Hy probeer om naam te maak, maar die hart en verstand skiet tekort van respek!

hans ·

Hoekom het die Rektor nie die memorandum in ontvangs geneem nie. Wat is die ”status/rang/titel’ van die persoon wie die memorandum in ontvangs geneem het oordeel die UP bestuur neem nie die aangeleentheid ernstig op nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.