AfriForum Jeug het ’n memorandum aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (Tuks) oorhandig, waarin die organisasie die skorsing eis van Luvuyo Menziwa, die studenteraadslid wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet.
Dit volg nadat Menziwa na bewering op Facebook ʼn lys redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat, naamlik onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.
“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.
Menziwa is aan die einde van Augustus, ná druk van die jeugorganisasie op die universiteitbestuur, van die studenteraad geskors hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad. Strafregtelike aanklagtes van intimidasie, aanhitsing van geweld en crimen injuria is ook by die polisie aanhangig gemaak en by die hof ingedien vir beslissing.
“AfriForum Jeug moes reeds op 30 Augustus ’n antwoord van die universiteitbestuur oor Menziwa se skorsing ontvang het. Ons het egter nog geen terugvoer gekry nie en is nou tot verdere stappe genoop,” het Jaco Grobbelaar, koördineerder vir AfriForum Jeug op die Tuks-kampus, Vrydag gesê.
Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Jeug op die Tuks-kampus, het op sy beurt gesê die organisasie meen dat voorvalle soos dié geweld op die kampus en onnodige twis tussen studente aanhits. “Dit is die universiteit se plig om studente te beskerm. As studente egter onveilig voel, kom die UP nie hierdie verantwoordelikheid na nie,” het hy gesê.
Maroela Media het navraag oor die aangeleentheid by die universiteit gedoen en wag vir terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Tuks…? Kriek, kriek
Was dit ‘n blanke persoon wat iets gesê het (wat glad nie so erg soos dreigende moord was nie) was die raskaart al ‘n “billboard” en het die saak al in die hof gedraai en was die skuldige (en alle blankes) weer deur die (c)anc (er) kaders uitgekryt as slegte kolonistiese rassiste. As dit ‘n nlanke was sou daar ‘ n verskoni g geïs word in die media en boetes moes betaal word ens ens. Hoekom sleep die gereg noú hul voete?
Want hulle het nie skoene aan nie…!
Hy moes laaaankal van die kampus verwyder gewees het. Wat soek hy nog daar?
Hoor my gaan niks v d saak kom nie want hy is nie wit nie.