AfriForum Jeug kry hofbevel teen UP, UP-direkteur en EFF

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het vandag ʼn hofbevel in die hooggeregshof teen die Universiteit van Pretoria (UP), dr. Methete Madiba (direkteur van studentesake aan die UP) en die EFF-studenteorganisasie met koste gewen.

Dit volg nadat Madiba op 20 Junie 2016 die kantoor van AfriForum Jeug se tak op die UP onregmatig betree en ʼn plakkaat uit die kantoor verwyder het.

Volgens dié hofbevel mag die drie bogenoemde partye in die toekoms nie die AfriForum Tuks-studentekantoor onregmatig betree nie en geen materiaal uit die kantoor verwyder nie. Verder is Madiba gemaan om die gesteelde plakkaat binne sewe dae aan AfriForum Jeug terug te besorg.

Volgens Henrico Barnard, AfriForum Jeug se woordvoerder vir die Tuks-kampus, was Madiba oneerlik in haar verklarings en was AfriForum Tuks geregtig daarop om die plakkaat in die kantoor te hou.

“Die EFF-studente-organisasie het Madiba onder druk geplaas om die plakkaat uit die kantoor van AfriForum Jeug Tuks te verwyder. Dié hofbevel is ʼn klinkklare bewys dat dit nie vrugte afwerp wanneer die UP swig onder die druk van die EFF nie,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug se koördineerder vir die Tuks-kampus.

“Vanuit die hofstukke wat deur Madiba ingedien is, het dit ook aan die lig gekom dat die EFF-studenteorganisasie tydens ʼn vorige geleentheid drie petrolbomme op die UP-kampus gegooi het. Dit is kommerwekkend dat die UP-bestuur ander pad kyk wanneer petrolbomme op kampus gegooi word, maar ʼn bohaai opskop oor ʼn plakkaat in ʼn kantoor,” het Grobbelaar bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik Havenga ·

So swig almal voor die EFF wat sooo in die minderheid is, swak, goed so Afriforum geluk

Cobus ·

Puik Afriforum, glo my dit word waardeer. Sterkte met al julle projekte

PMB ·

Die EFF en hul trawante moet trunk toe vir die gooi van petrol bomme. Wat word van die land? Goed so Afriforum Jeug ek hoop die boewe se boete is sommer baie hoog.

GES ·

Baie geluk Afriforum. Ons is dankbaar en trots op wat julle vermag het. Leer die mense wat hulle skuldig maak aan boewery maniere asb.

Leeukop ·

Wag tot na die verkiesing, nou gaan hulle te hard wil baklei.

magda ·

Dankie Afriforum en Afriforum Jeug vir standaarde deur julle gestel. Ondersteun julle ten sterkste.

Koos ·

Mooi so as jy nie sterk is nie (getalle het nie) wees slim en gee hulle so pak

Grassie ·

Looi hulle Afriforum Jeug. Ek hou van mense wat dinge doen in plaas daarvan om net op internet te sit en kla. Ek dink julle jonger geslag Afrikaners het meer woema in julle are as ons ouer garde wat toegelaat het dat ons land verval tot wat dit vandag is.

Theuns ·

Die ouens is so dom.Hulle kry elke keer bloedneus maar hulle verstaan nie. Hulle besef nie dat jy later net n koolkop word van al die houe op jou kop nie. Kyk maar wat het gebeur met die man wat verkondig het ” I’m the greatest”. Dankie AfriForum!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.