AfriForum Jeug: ‘Nazi-plakkate is onvanpas’

Foto: Facebook

AfriForum Jeug het die plakkate met Nazi-trekke wat op die Universiteit Stellenbosch (US) se Stellenbosch-kampus aangebring is, ten sterkste veroordeel.

Bernard Pieters, AfriForum Jeug se koördineerder vir Maties en die Oos- en Wes-Kaap, het gesê die grafika op die plakkate is geskoei op ou Nazi-propagandaplakkate. “Hoewel die teks self geen haatspraak bevat nie, is die agtergrond van die uitbeeldings onvanpas en herinner aan die miljoene mense wat hul lewens tydens Nazi-bewind in Duitsland verloor het. Die uitbeelding het dus ʼn ondertoon van anti-Semitisme en rassisme,” het Pieters gesê.

“Omdat die motief nog onbekend is, kan daar net gespekuleer word oor wie vir die plakkate verantwoordelik is, maar die aanbring van enige ideologiese Nazi-nostalgie word sterk deur AfriForum Jeug veroordeel. Ons is van mening dat die aangeleentheid ondersoek moet word,” het Pieters gesê.

Maroela Media het vroeër berig die US het intussen in ʼn verklaring gesê die universiteit veroordeel rassisme, rasse-meerderwaardigheid en enige pogings om die kampusgemeenskap te verdeel. “Geen geleentheid wat rasse-meerderwaardigheid bevorder sal toegelaat word om op die kampus gehou te word nie,” het Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, in die verklaring gesê.

Volgens Viljoen is die plakkate op die kampus aangebring sonder enige voorafkennis of toestemming van die universiteit. “ʼn Ondersoek is tans aan die gang en die plakkate is ook by die universiteit se eenheid vir gelykwaardigheid aangemeld,” het hy gesê.

“AfriForum Jeug veroordeel alle vorme van rassisme en diskriminasie, ongeag die ras of geslag wat hulself daaraan skuldig maak. Hoewel AfriForum Jeug die aanbring van die plakkate sterk veroordeel, veroordeel ons ook die oënskynlike dubbele standaarde wat steeds op ons universiteitskampusse en in die media heers en wat dringend aandag moet kry,” het Pieters bygevoeg.

AfriForum Jeug meen die feit dat die US en die media so vinnig hierop reageer, maar uitlatings soos “one settler, one bullet” destyds nie op soortgelyke wyse op die kampus hanteer het nie, dui op dié dubbele standaarde wat gehandhaaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jordaan ·

“Die universiteit veroordeel rassisme”? Behalwe as dit teenoor wit mense is, bv die toelatingsbeleid.

al ·

Die US is self daarvoor verantwoordelik dat die universiteit in ñ politieke nes verander het, en die kleintjies broei nog steeds uit.
Kry maar vir julle US, jul wil mos radikaal links gaan, en nie ñ gematigde en objektiewe beleid toepas nie!
Dit gaan jul nog finansieel in die voet byt.

Kaufman ·

Deur die Zuma kamp en die wat chaos wil saai. Geen wit Afrikaner groep betrokke nie.

Gideon ·

Ag julle is belaglik!!! Agriforum nou mag daar ook seker nie ‘n foto van ‘n boer in sy land vertoon word nie want dit wys mos na aldie boere wat daagliks vermoor word!!!
Daar is niks fout met daardie plakate nie, die fout lê by die mense!!

al ·

Ek sien ook niks fout met die nuwerwetse plakkate nie, maar waar kom die oues vandaan om hul te vergelyk?

Reinhardt ·

Dit is hierdie tipe onbedagsaamheid wat veroorsaak dat mense van kleur ons haar. NATUURLIK is daar iets fout met dit. Het jy al gehoor van die Tweede Wereld Oorlog? Hoekom op dees aarde sal jy sulke tipe gedrag wil bevorder?!

Fanie ·

Waar’s jou prinsipiële denke? Afrikaners moét sterk uitkom teen Nazi-plakkate, ons voorouers het self gesterf in Konsentrasiekampe!

Sosialiste soos Hitler en Stalin was verantwoordelik vir die grootste gruweldade in die geskiedenis. Dis oa hoekom die ou NP-leiers soos Dr Malan en Verwoerd so sterk teen die Nazi’s was!

Albie ·

Is dit verkeerd om “regs” te wees. Duidelik in die oë van liberale linkses, want HUL alleen is reg.

Dereck Le Roux ·

Dis so eienaardig dat mense facisme veroordeel maar is vind niks fout met kommunisme nie.

·

Eerder mal voor ek ñ Nazi is. Jy mag doen en sê, maar wat is die doel as jy na die EFF se vlak daal? Hierdie goed is geplaas om blankes te laat sleg lyk.

Flippie ·

Ag asseblief Afriforum, hou tog op om almal in julle boksie te laat in pas. Met hierdie tipe houding gaan julle julle steun onder ons mense, soos ek, verloor.

Ek neem nou aan hulle kry groot finansieële steun van groot besigheid. Nou is ons ouens (lede) wat julle met klein maar baie donasies en ledegeld aan die gang gesit het en aan die gang gehou het, nie meer belangrik nie.

As die rassisme kru en werklik asnstootlik is, ja, spreek jou uit daarteen. Maar om jou uit te spreek teen die plakate asof dit ‘n aardsonde is, sit jou in dieselfde hoek as die liberaliste wat Afrikaner haat, ongeag.

Daar is op die asrde niks fout met; “Trots wit” nie. Of het Afriforum ‘n prbleem hiermee? Sê net ek sal graag will weet.

Peter van der Schyff ·

Daar is ‘n massiewe verskil tussen regs wees en om anti-semitisme goed te praat. En ek is nie naby regs nie. DINK, mense, DINK! Ons land brand, verdomp!

Piet Badenhorst ·

Sover my kennis strek is geen Nazi simbool gebruik op kampus. Jul maak jul eie afleidings
Is julle bang vir enige Afrikaner Sosialisme herlewing. Siestog.

Sw ·

Wat ek weer vra, waar kom die outydse weergawe wat Nazi vlag wys, vandaan? Dis te gerieflik en lyk vir my meer soos ñ smeerveldtog. Wie is die 3 wat geïdentifiseer is wat beskuldig word?

Reinhardt ·

Ja, Piet. Ek is. Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek wil nog eendag kinders in die land grootmaak. Niks fout met nasietrots vir Afrikaners nie, maar om fasisme te bevorder… ag nee man.

Kaufman ·

Afriforum moet die insident sommer self by J00dse bewegings aanmeld. Afrikaners en J00dse mense moet begin meer saamstaan.

Boerseun ·

Afriforum Jeug: Julle skel nou na die plakkate (wat waarskynlik deur anti-Afrikaner agente aangebring is) asook oor die sogenaamde miljoene wat onder Nazisme sou gesterf het. Maar, julle dien vandag ‘n kommunistiese regering in Suid-Afrika wat wereldwyd vir die dood van honderde miljoene verantwoordelik is! Is die ANC-regime met sy kommunistiese ministers meer aanvaarbaar vir julle as twee satiriese-papiertjies teen die mure op Skelmbos? Hoekom prober julle so hard om polities-korrek te wees? Julle dans ook maar na die pype van die Boerehaters!

Leon ·

PRESIES! Die Kommuniste was en is BAIE erger as wat die Nazi’s kon droom om te wees. Maar op US is dit aanvaarbaar.

Totaal onvanpas ·

Wie ookal die plakkate opgesit het het baie goed geweet wat hulle doen. Dis nie asof ons nie genoeg nonsens het in die land dan moet diesulke snog kwaad bly stook. Dis simpel outydse foto’s dus waarom ander dit gebruik behalwe om moeilikheid te maak? En dit nou reggekry het ook. BAIE bly Afriforum Jeug veroordeel dit!

Apie ·

As die plakate wel deur wit studente aangebring is, is dit n bewys van hoe keelvol hulle is vir die dubelle standaarde en beleid van die US.

Peter ·

Sal Nazi’s nooit goedpraat .Maar stem saam met Apie. Wanneer ‘n minderheid verneder ,vekrag en vermoor word raak mense desperaat.

Kaufman ·

US kan nie nog n rasseblaps soos persgesiginsident maak nie, so kom nou uit met die waarheid: dit is nie deur regse afrikaners opgesit nie. Erken dit. Maak die videomateriaal bekend.

JC ·

Is daar enige Afrikaners wat nie regs is nie? Wat is fout daarmee om regsgesind te wees?

John ·

?… iewers is ‘n slang met twee koppe op die US-kampus losgelaat… Verdagmakery is ‘n sterk moontlikheid.

Zumie ·

Skuus, ek wil net weet of hier nog vryheid van spraak hier rond is……
Dit is die linkses se kenmerk om hulle polities korrekte idees op almal af te druk .
Laat die res van ons ons nie aan hierdie polites korrekte oorgevoeligheid steur nie…
Dit is die dood in die pot vir vryheid van denke en spraak

Libbie ·

Liberale en polities korrekte waardes is slegs manipulasietegnieke van die globale ultra rykes om die wereld in hulle guns te manipuleer. Hulle soek oop wereld sonder reels, een kultuur en taal, geen geloof. Dit is optimaal vir groot besighede se winsvlakke.

Reinhardt ·

Ek stem dat vryheid van spraak belangrik is, maar om n ou Nazi plakaat te gebruik… hoe erg moet jy jou morele waardes verdraai om dit goed te keur?? Vir ingeval julle gewonder het, ons sou ook gefaal het onder Nazisme, meeste van ons het nie blou oe en blonde hare nie.

JC ·

Presies ou, presies! Dit se ek al vir jare. Ons ouens is besig om wakker te skrik! Dankie!

JC ·

Presies zumie, presies! Dit se ek al vir jare. Ons ouens is besig om wakker te skrik! Baie dankie!

Louis ·

Ek sal nie verbaas wees as dit weer die werk van die fees must fall of n soortgelyke groep is om weer spanning aan te wakker nie

Disselboom ·

As wie ook al die plakkate opgesit het dit gedoen het om reaksie te ontlok, is dit ‘n dawerende sukses – ook hier op Maroela Media. Die kommentare weerspieël die identiteitskrisis van Afrikanerwees, en die teleurstelling dat wat as Afrikanerorganisasies gesien word deur baie mense, dan tog maar net in die politieke korrektheid saamspeel en eerder ‘n rol speel om alle weerstand en frustrasie heeltyd binne ‘n voorgeskrewe kanaal te hou.

Jopie Fourie ·

Afriforum Jeug se^ eenvoudig net dit was nie hulle nie

Pietman ·

Die “sensitiwiteit” vir simbole is belaglik. Ja 40 miljoen mense het gesterf in die 2de wêreldoorlog maar 100 miljoen mense het omgekom agv kommunisme. Tog word Nazi simbole verbied maar kommunisme mag simbole nog gebruik. Hoe werk dit? Daar is selfs ‘n SA kommunistiese party! Amper die helfte van Afrikaner bevolking is uitgewis onder die union jack , maar die vlag wapper nog. Hoekom is net sekere mense “sensitief”? Altyd 2 stelle reëls, wat gaan aan?

Hanna ·

Ek is bly dat ek polities verkeerd is trots daarop. Polities korrek se dae is al lankal getel – en waar het dit ons gebring? Met ‘n plaasaanval of moord elke dag. Dit is mense soos ons wat uiteindelik die wa deur die drif gaan kry wanneer die libs weghardloop.

Zumie ·

Ai die ou hogere skooltjie van Skelmbos kan tog so opgewerk raak oor alles – en hier is nie eers een pers gesiggie op enige van die plakkate nie…..

JC ·

Wat!! Nie eers een nie! Hoe kan dit wees? hehe.
Die wereld is siek julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.