AfriForum Jeug verkla Beeld by persombudsman

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014 oor studente-aangeleenthede by die  NWU se Potchefstroomkapmus

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014 oor studente-aangeleenthede by die NWU se Potchefstroomkapmus

Die persombudsman het bevestig dat hy gaan ondersoek instel na ‘n klag teen die Afrikaanse dagblad Beeld rakende sy beriggewing oor die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Latiefa Mobara, van die kantoor van die persombudsman, het aan Maroela Media bevestig dat hulle die klag wat deur AfriForum Jeug ingedien is, gaan ondersoek. Mobara sê daar is reeds korrespondensie aan Beeld gestuur om op die klag te reageer.

“Dié klag kom na maande se onakkurate en sensasionele beriggewing in die koerant oor studente-aangeleenthede op die Potchefstroomkampus van die NWU,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê.

“AfriForum Jeug was sedert Februarie van voorneme om die klag te lê. Ons het egter besluit om eers te wag nadat die NWU aangekondig het dat hulle self ’n klag teen Beeld gaan lê. Die NWU het egter tot dusver nie ʼn direkte antwoord gegee oor hul pad vorentoe nie, en dus het ons, ons eie klag ingedien.”

AfriForum Jeug sê hy het in ’n skrywe aan die NWU se Institusionele Kantoor gevra of die klag wat die NWU teen Beeld gelê
het teruggetrek is of nie. “Tot dusver is geen antwoord van die NWU ontvang nie.

AfriForum Jeug ondersteun vryheid van spraak. Ons verstaan en respekteer die rol wat die media in Suid-Afrika speel, maar onverantwoordelike joernalistiek kan nie oorgesien word nie,” sê Maree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johannes ·

mooi Afriforum ek se VAT 5 iemand moet Beeld en sy nat agter die ore redakteur aan vat

HEVW ·

Ja, die massakomminikasiemedia is in die hand van die vyand van die Afrikanervolk en hul glo solank hulle die woord van hul meester spreek, is hul onaantasbaar. Oefen onophoudelik druk uit totdat hul begin besef wat in die Grondwet staan en ore kry. Dankie Afriforum.

Zuri ·

Ek hoop Beeld leer n behoorlike les. Beeld is di koerant wat die Afrikaners die meeste met n stok slaan met hulle sensasionele berriggewing. Met die stem singery presies dieselfde. Ander koerante het skaars melding gemaak. Ek het al di NWU se dogters se saluut gesien, daar is niks verkeerd, hulle hande is skaars 5 sekondes in di lug.

andrea van vuren ·

Ek stem saam met die “nat agter die ore” berig van ‘n vorige leser. Ek voel aan Beeld gaan baie lesers verloor oor eensydige liberale beriggeweing! Adriaan, dink oor
waar jy staan!!!

Lynni ·

Ons.moet Beeld slaan waar dit die seerste maak en nie hul koerant koop nie. Laat ou Adriaan op die Oscar kanaal sy opinie oor hofsaak gee. Sit mos daar en praat sy perfekte engels. Ek wonder of hy besef dis agv afrikaners dat hy werk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.